Aangenaam outyds

2012-12-22 23:54

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Nederlandse skrywer, Tommy Wieringa, se vierde roman is outyds op 'n aangename manier. Dit speel af in Lomark, wat op die oog af 'n uiters vervelige dorpie is waar tyd gaan stilstaan het. Dit is 'n konserwatiewe plek na-aan die Duitse grens waar "inkommers" met agterdog en vyandigheid bejeën word en waar eeue-oue families die sosiale hiërargie bepaal – nogal soos ons eie plattelandse dorpe.

Dis hier waar ons 'n groepie seuns leer ken op hul pad om jongmans te word en wat sal agterkom dat die lewe in wese 'n tragedie is.

Tematies kan Joe Speedboot beslou word as 'n 21ste eeuse opvolger van Titaantjies, Nescio se gerekende roman van 1915 wat basies beweer dat, in weerwil van al ons groot planne en mooi ideale, die meeste van ons bestem is tot 'n ietwat alledaagse bestaan met 'n goeie skoot tragedie onderweg.

Soos Titaantjes is Joe Speedboot 'n roman oor die grootwordjare, hierdie keer vertel uit die ongewone hoek van die gedeeltelik verlamde Fransje Hermans wat op dertien omgery is deur 'n grassnyer. Hy was in 'n koma vir 220 dae en moes met die bykom agterkom dat hy nooit weer sal kan praat nie en dat hy vir die res van sy lewe in 'n rolstoel sal wees.

Maar met sy verstand is niks verkeerd nie en dis deur sy oplettende en ondersoekende oë – en sarkastiese pen – wat ons die dorpie Lomark en sy mengelmoes van inwoners te siene kry.

Fransje se eentonige bestaan kry nuwe lewe toe 'n wilde en oneerbiedige outjie wat homself Joe Speedboot noem, Lomark soos 'n meteoor tref. Sy onvoorspelbaarheid, sy lewenslus en sy opgenomendheid met meganika en verbranding neem die dorpie behoorlik op horings.

Hieruit volg 'n reeks avonture vir die groep vriende, bestaande uit Joe, Christof Maandag en Engel Eleveld – met Fransje wat van buite af waarneem. Wat almal saambind is die begeerte om uit die kettings van Lomark los te kom. Wat hulle verder saambind is dat hulle almal verlief is op Picolien-Jane Eilander (PJ), 'n onweerstaanbare Suid-Afrikaanse skoonheid, 'n regte femme fatale wie se gesin besluit het om die laagtepunt van apartheid te verruil vir die verveling van Lomark.

Die avonture wat hulle saambind sluit in om 'n klein vliegtuigie te bou, die vriendskap met die toenemend melankolies "swart" Egiptiese Mahfouz (wat Joe se stiefpa geword het ná sy eie pa se dood kort na hulle in Lomark aangekom het), armdruk-kompetisies in twyfelagtige dorpe in Duitsland en Pole en Joe se solo-deelname aan die Parys-Dakar ren. Daar is verdwyning en dood, seks en verraad, vreugde en donkerheid.

Dat Joe Speedboot so goed verkoop het in Nederland is geen verrassing nie. Die verhaal is boeiend; die styl warm en subtiel. Die Afrikaanse vertaling deur Zandra Bezuidenhout is hoogstaande; nêrens voel die taal – kleurvol en kompleks soos dit is – geforseerd nie.

Joe Speedboot is vol klein juweeltjies soos "Ek voel my betrap, my gedagtes voel soms so tasbaar soos kolwyntjies wat enige tyd uit die oond kan kom" en "Sy draai om en waai floutjies, die meisie wat jou laat dink dat sy liggies na perskes ruik."

Maar ná al die basuingeskel wat Joe Speedboot in Nederland verwelkom het, moet ek erken dat ek aanvanklik teleurgesteld was. In een of ander stadium begin mens wonder hoeveel poetse en insidente 'n boek kan hê en steeds geloofbaar kan wees.

My ander klagte is dat die verhaal eers halfpad koers kry, wanneer Joe Fransje oortuig dat sy ongelooflike sterk "goeie" linkerarm vir hulle baie geld kan inbring in internasionale armdruk-kompetisies. Dit is waar die narratief eers behoorlik op dreef kom en Wieringa dit regkry om baie van die moontlike konflikte te laat vlamvat.

Die uitstekende beskrywings van die armdruk-kompetisies word opgevolg deur bittere en onverwagte kinkels wat jou die boek nie kan laat neersit nie.

'n Bykomende interessantheid vir Afrikaanse lesers is die beslissende rol wat die Durbaniet PJ – in gelyke mate beeldskoon én koelbloedig – speel in die ontvouende tragedie.

•  Fred de Vries is die skrywer van Rigtingbedonnerd Op die Spoor van die Afrikaner Post-'94 en is verbonde aan die Wits Instituut vir Maatskaplike en Ekonomie-navorsing.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 7-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.