‘Alles op aarde gaan oor die liefde’

2012-02-04 14:10

Sarah du Pisanie en haar man, Johan.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sarah du Pisanie (72) het verlede jaar gedink sy gaan ophou skryf. Sy hét immers al 44 liefdesverhale op haar kerfstok. Nou besef dié skrywer dis dalk net ’n verposing, “want ek staan al weer by die kos en dan brand dit onder my oë, of ek loop al om die kombuistafel sonder dat ek weet wat ek doen”.

Haar man, Johan, met wie sy al 53 jaar getroud is, het haar nou die dag “amptelik” gevra of sy weer besig is om oor ’n boek te broei, want sy het vergeet om die kombuiskraan toe te draai...

“Maar ek sal kyk hoe dit vorentoe gaan,” sê sy.

Du Pisanie, wat eers op 40 begin skryf het, is bekend om verhale soos Die rooi duiwel van Rotskloof en Fontein in die dorsland. Sowat 30 van haar stories is sedert 2000 in 10 omnibusse deur Tafelberg Uitgewers uitgegee. Die hele oplaag is gou uitverkoop en sedert 2010 word die omnibusse stuk-stuk herdruk. No. 4 het in Desember verlede jaar verskyn.

Haar werk is “intelligent” en “humoristies”, het Anneri van der Merwe, destyds van Tafelberg Uitgewers, gesê.

Die verhale speel dikwels teen die agtergrond van die ou Suidwes-Afrika af, die land waar Du Pisanie grootgeword het.

Deesdae woon die Du Pisanies op Olifantshoek in die Kalahari, daar tussen Upington en Kathu.

Haar telefoonstem klink soos dié van ’n 40-jarige.

Du Pisanie het in 1980 begin skryf nadat haar jongste kind, Elna, in 1974 aan kanker dood is.

Eers het sy net dagboek gehou as terapie.

“Ek het ook begin tydskrifverhale skryf. Ongelukkig is hulle afgekeur.” Toe doen ’n Sarie-verhaleredakteur, sy het sy naam vergeet, moeite om vir haar te sê wat sy verkeerd doen.

“Ek het toe besef ’n kortverhaal is ’n greep uit die lewe en dat ek te langdradig is.”

Só is Du Pisanie se eerste boek, Jakkalswater, gebore. Sy reken haar twee gewildste boeke is Liefste Koos, “oor dit al so baie herdruk is”, en Vir twee koppies meel.

Du Pisanie se lesers “is tussen 10 en 80”. Dit sluit ’n hele paar mans in. “Ek vermoed dis omdat die ou Suidwes-geskiedenis in my boeke voorkom,” sê sy. Sy kry baie pluimpies van haar manlike lesers, soos van ’n weermagkolonel wat in 1985 gesê het hy “was mal oor” Fontein in die Dorsland.

In die liefdesverhaal is uitgestelde begeerte belangriker as die soen, meen Du Pisanie.

“Mens werk die begeerte op – daardie onsekerheid en verlange. Daardie ding van hou hy regtig van my? Jy dink terug aan hoërskool. Die intensiteit van alles, as hy byvoorbeeld net aan jou hand vat...”

In haar verhale “waai geen klere nie”, daar is net ’n soen en daarom gee baie lesers die boeke “met ’n geruste hart” vir hul kinders.

“Jongmense moet darem iets hê om oor te wonder,” meen die skrywer.

“Hulle word deesdae te veel met seks op televisie gebombardeer. En dít terwyl hulle nog verlief wil wees en net hande wil vashou.”

Du Pisanie kry ook baie pluimpies van haar jong lesers. Twee gr. 10’s was glo smoorverlief op Armand, die held in Prinses vir Somi. “Een het vertel dat sy snags met die boek onder haar kussing geslaap het, asof dit ’n liefdesbrief was.”

Die held in Du Pisanie se verhale is manlik en sonder fieterjasies, vertel sy.

“Hy is gewoonlik nie vreeslik romanties nie, eerder ’n bietjie kortaf en het nie tyd vir bog nie. Maar diep binne-in is daar ’n sagte, mooi mens wat die heldin moet ontdek... Dalk het ek so ’n man.”

Die heldin moet weet wat sy wil hê. Sy moet ook ’n doel en ’n ideaal in die lewe hê, meen Du Pisanie.

“Ek hou van ’n vroulike vrou en was nog nooit een vir tomboys of vroue wat met mekaar meeding nie. My heldin is vroulik, maar laat nie toe dat iemand met ’n ego haar rondgooi nie.”

Haar heldin sal ook nie ’n iPod of iPad hê of apps aflaai nie, “want ek en die moderne tyd is nie vriende nie”.

En tog gebruik die skrywer sedert 2000 ’n rekenaar en sy dink die internet is “fantasties”, selfs vir bankdienste.

Daarby beantwoord sy self Lapa se Romanzalesers se vrae op ’n blog. (Kyk by romanzalesers.wordpress.com)

Mense dink ongelukkig steeds dis maklik om ’n liefdesverhaal te skryf, sê Du Pisanie. “Maar jy moet ’n spesifieke konsep volg.” En dis nie maklik nie.

Die hoofkarakters hou eers nie baie van mekaar nie; geleidelik knoop hulle ’n vriendskap aan, en dan eers kom die soen, sê sy.

Du Pisanie meen nuwe skrywers se grootste probleem is dat hulle die hele storie in 10 of 15 bladsye wil vertel. Haar raad aan hulle is: “Lees, lees, lees. Kyk hoe dit gedoen word.”

Die skrywer sê sy het nooit self baie kêrels gehad uit wie sy kon put vir stories nie. Dis alles verbeelding. Johan het haar jonk, “uit haar ponytails”, getrou. Du Pisanie was maar 19. Daarna het sy rekeningkunde tot op derdejaarsvlak deur Unisa geloop en eers toe haar kinders skool toe is ’n half-dag- boekhouer geword. Op 61 het sy ’n kunsdiploma deur Intec-kollege behaal.

Sy en haar man “gee mekaar ruimte, maar net genoeg”, sê sy.

“Ons hou daarvan om bymekaar te wees. Ek is steeds verlief op Johan, maar dit mag hy nie hoor nie.”

Plek vir die liefdesverhaal sal daar altyd wees, glo die skrywer. Want “mense is moeg vir vuilheid en korrupsie. Hulle wil ontvlug en is uitgehonger vir liefde.”

En, voeg sy by: “’n Liefdesverhaalskrywer is ’n liefdesverspreider. Terwyl jy skryf, dink jy oor die liefde. Alles op aarde gaan immers oor die liefde. Want die liefde is God.”

Dit is glad nie lekker dat liefdesverhaalskrywers dikwels nie as regte skrywers geag word nie, sê Du Pisanie.
“Maar met ons mooi stories oor liefde verskaf ons vreugde in derduisende mense se lewe. En dít bêre hulle diep in hul harte.”
Riette Rust se debuut-kortverhaalbundel, ’n Lyf onthou, verskyn in Maart op die Woordfees. Sy is ook die skrywer van Lang bene & lipstiek – Gebruik jou seksualiteit en behaal sukses.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R500000

BI Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R15000 - R20000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 160i 5-dr
2003
R 69,990.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.