Anansi die spinnekop, leermeester van ouds

2010-05-01 14:10

Die Jamaikaanse storieverteller Amina Blackwood-Meeks Foto: Michael Hammond

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

mmalan@rapport.co.za

“Howdedo,” groet ’n ryk, welluidende stem agter my op ons ontmoetingsplek in Kaapstad.

Dis Vrydagmiddag – storietyd in Roelandstraat se The Book Lounge.

’n Stroompie ma’s én pa’s met kleuters aan die hand is al by my verby, trap-af na die storievierkant in die kelderverdieping van die boekparadys.

Ek swaai om. Die Jamaikaanse storieverteller Amina Blackwood-Meeks se handdruk is hartlik.

Amper-doktor in storievertel, sy. Einde vanjaar verwerf sy hopelik haar doktorsgraad oor lewenswaardes in verhale. Ontwikkeling, en die gebruik van verhale om waardes te bou, lê haar na aan die hart.

Sy is hier om stories te vertel, navorsing te doen en ek om haar uit te vra oor waardestelsels in en deur storievertelling.

Die Karibiese baasstorieverteller is aan die woord.

“The” word “de”, “this” word “dis”, “here” word “ya” en “sit down” “siddung” soos die Jamaikaans in haar Engels inglip.

Stories kom van haar kleintyd af, soos ons almal s’n, sê sy.

“Ek is grootgemaak op stories. My ouers was plattelanders, hulle het ’n anekdote vir alles gehad. Stories en vergelykings was hul manier om beginsels en lewenslesse oor te dra.”

Sy het nooit kon dink dat dié waarhede van haar ’n professionele storieverteller sou maak nie.

“Ek was altyd ’n natuurlike verteller. Om dit as ’n beroep te beoefen, het later in my lewe gekom?.?.?.”

Sê sy: Stories vertel is ’n manier van ervarings deel. Dit wat met jou gebeur, dit wat jy kan laat gebeur.

“Maar stories vertel soos hoe jy dit as kind geken het, is ’n kuns wat verplaas is deur allerhande kunsmatighede. Die moderne tegnologie het mondelinge oordrag vervang.

“Toe ek ’n kind was, het die mense in my onmiddellike omgewing van geen ander manier geweet as die verbale oordrag van fiksie om waarhede te verkondig nie. Daar was nie dinge soos selfone en Facebook nie.

“Hoe tragies is dit nie dat mense hulle nou roem op ’n klomp elektroniese vriende, maar daar is geen warmte, aanraking, persoonlike interaksie, gedagtewisseling nie. Net gesigte op die koue skerm van ’n rekenaar.”

Dis daardie natuurlike storieoordra wat aan?’t verdwyn is.

“Daarom dat ’n paar van ons dit in ’n kunsvorm omgeskep het. Anders sou dit uitsterf.”

Haar stories put sy uit haar gemeenskap. “Omdat ek almal se kind was. In Kingston, waar ek grootgeword het, was ons kinders nie net ons pa’s en ma’s se kinders nie. Elke kind was almal se kind.

“Jy word deur ’n gemeenskap gevorm en versorg en getug. Ons kinders het veilig gevoel in dié psigologiese plek wat ons ‘die gemeenskap’ (community) genoem het. Dis in daardie omstandighede dat ‘samesyn’ so ’n groot rol in my lewe begin speel het.”

Stories leer die mens om verdraagsaam te wees, om mekaar te respekteer, om die wêreld om ons te verstaan, sê sy.

“En ons vergeet dat hierdie wêreld nie by óns begin het en óns standpunt verteenwoordig nie. Stories laat ons terugstaan, terwyl ons identifiseer. Dit vertel ons ook dat ons hierdie wêreld nie reg behandel nie?.?.?. Hierdie ou, ou wêreld wat eintlik nog maar ’n tiener is?.?.?. Hy het nog baie om te leer. Dat dinge ontwikkel het, maar steeds bly ontwikkel.”

Vir Blackwood-Meeks het die wêreld ritmes en rituele, wat alles ’n diepe betekenis het.

“Soos die Onse Vader-gebed. Dis ritme en ritueel. Inhoud en vorm en ’n lewensingesteldheid. Dit verduidelik vir ons die geloof waaruit dié gebed sy oorsprong het.

“Kinders is wonderlik. Hul gedagtes is onbesmet. Hulle leer en hulle onthou, en wat ons doen en sê, en hoe ons dit doen en sê, laat blywende indrukke. Ons vergeet ons was ook kinders.”

Stories dra wysheid oor, ’n wysheid wat jou later jare help met hoe om kennis, inligting toe te pas.

En kinders, sê sy, is juis ontvanklik, dra nie vooropgestelde idees in hul harte nie en is opreg, oop, ontvanklik?.?.?.

So anders as die grootmense vir wie sy tog te graag stories vertel.

Maar “volwassenes wil ’n reis uit die werklikheid” ervaar. Hulle wil déél word van ’n ander werklikheid.

Want grootmense leef al hoe meer geïsoleer. Hulle soek samesyn, wil nader aan ander kom.

Maar hul persoonlike omstandighede, werk, verpligtinge, pogings om te oorleef dryf hulle uit mekaar, maak hulle eensaam, en dan deel hulle niks meer met mekaar nie.

“My verhale bring hulle in verbinding met mekaar, en met waarheid en wysheid, dit wat werklik saak maak.”

Maar hier in The Book Lounge is dit vir eers storietyd vir kinders en Blackwood-Meeks raak één met haar gehoor.

Haar stories, verduidelik sy aan die gesiggies, begin nie sommer by “Eendag was daar” of “Lank, lank gelede” nie.

“Nee, jy roep eers die gees van die storie, en, julle moet weet... die storiegees het ’n lang, lang tyd gereis.

“Jy moet hom roep... ‘crick’,” sê sy.

En die kinders antwoord: “Crack...”

Die storiegees het oorgeneem. Die stories kan begin...

Oor tier en leeu, aap en slang... van hoe ’n klein, swart spinnekoppie van Ghana, genaamd Anansi – die god van skerpsinnigheid en wysheid en waarheid (wit and wisdom and truth) – die “bewaarder” (keeper) van stories geword het.

En die nasionale held is in volkstories vol simboliek en satire.

Haar reis na Suid-Afrika, deel van Anansi se oorspronklike vasteland, is weliswaar vir akademiese navorsing, maar haar storievertellery duur voort. Dis my lewe, sê sy.

En nooit sal haar stories eindig op nét “The end” nie.

“Wire bend, story end,” leer sy haar gehoor in goeie Jamaikaans.

En die kleingoed sê haar na, en nog ’n slag.

Tot volgende keer, sê sy.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 160i 5-dr
2003
R 69,990.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.