Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Beste leser

2010-03-06 22:50

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ná die akteur River Phoenix se dood op 23 aan ’n oordosis buite Johnny Depp se Viper Room-nagklub in Los Angeles, het sy vriend, die akteur en skrywer Ethan Hawke, gesê dis jammer River het nie meer klassieke boeke gelees nie: “Because then he would’ve known his weirdness is not unique.”

Ek stem heelhartig saam. My neef is self heeltemal te vroeg aan ’n oordosis oorlede en soos Hawke wens ek ook hy het meer gelees, want as jy en die regte boek op die regte oomblik ontmoet, kan jy nie anders as om te besef dat jy nie werklik alleen met jou onstuimige gemoed en vertwyfeling is nie.

Vir my was J.D. Salinger se The Catcher in the Ryeso ’n boek. My ma het dit vir my gegee net voor die standerd 8-eindeksamen. Ek was 16, nes Holden Caulfield in die boek, en ek was ook moeilik. En juis daarom het ek gedog dit gaan een van daardie “jeugboeke” wees wat om ’n uitgediende sedeprekie gebou is. Die enigste rede hoekom ek dit hoegenaamd begin lees het, was om met my ma te stry daaroor. Maar Holden Caulfield het my lewe binnegeval soos die Beatles en die Rolling Stones Amerika in die ’60’s.

Om jonk en deurmekaar te wees, sê Nick Hornby in The Complete Polysyllabic Spree, is ’n tema so wyd dat g’n skrywer dit sy eie kan noem nie. En tog, meen Hornby, voel ’n mens Salinger besit die kopiereg daarop.

Maar Holden Caulfield spreek nie net tot jeugdiges nie – hy praat vir elkeen wat al gebrand het om in die middel van die nag uit sy/haar lewe weg te hardloop; vir almal wat g’n idee het wie hulle is of waar hulle ooit gaan inpas nie; vir elkeen wat die vrede wantrou en liewer gif sal skink as om te verander in een van die wêreld se “phony bastards”.

In hierdie uitgawe bring ons hulde aan Salinger, wat toe wel nooit ingepas of aangepas het nie en op 27 Januarie vanjaar as eksentrieke kluisenaar oorlede is (sien bl.3 en bl. 16). Ons besing ook ’n rits ander boeke wat dalk net jou of iemand na aan jou se lewe kan red, of ten minste deeglik kan verhelder.

Moenie die volgende misloop nie:

-Kerneels Breytenbach se skreeusnaakse V&A met Tannie Evita Bezuidenhout oor dié se nuwe kosboek (bl. 4)

-Elmari Rautenbach se gesprek met Maya Fowler oor haar opwindend debuutroman (bl. 5)

- Eben Venter kuier in Sydney by die bekroonde skrywer David Malouf (bl. 8-9)

- Hester Carstens se onderhoud met die gewilde Barbara Kingsolver (bl. 10) oor haar jongste roman

- Desmond Painter se gesprek met Fanie Olivier oor sy eerste digbundel in 21 jaar (bl. 13)

Geniet dit

Danie

- Rapport

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Intermediate to Senior J2EE Developers needed

Gauteng - Johannesburg
E-Merge IT Recruitment
R350,000-550,000 Per Annum Cost To Company

.Net Developer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

VOD PLATFORM SPECIALIST: DSTV ONLINE

Gauteng
MultiChoice Africa

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2007
R 85,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr Phase II
2007
R 79,900.00

PEUGEOT

207 GTi 1.6 3-dr
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...