Beste leser

2012-02-04 14:09

Abraham H. (Braam) de Vries het seker geen bekendstelling nodig nie.

Hy, het John Kannemeyer op ’n keer gesê, “lewer sy eie besondere bydrae tot Sestig en is die eerste beoefenaar in Afrikaans van ’n tipe kortverhaal wat nie altyd op die eerste sig sy betekenis ondubbelsinnig uitsê nie.
“Ook stilisties toon sy werk ’n suiwerheid en verfyning wat deur min van sy generasiegenote oortref woord.”

In dié uitgawe bring Hans Ester hulde aan Braam de Vries, die skrywer en mens, wat 9 Februarie verjaar.

Dis Februarie, en sommige mense vier dit as die maand van liefde. In dié maand vra Ilse Salzwedel ’n paar skrywers van romantiese fiksie: Hoe lyk jul perfekte man? Lees op bl. 6 meer hieroor.

Bl. 7 is op versoek van lesers wat telefonies en per e-pos gevra het: Skryf asseblief ’n slag oor Sarah du Pisanie. Nou ja, menere, hier is sy. En sy sê: “Alles op aarde gaan oor die liefde.”

Wat ’n jammerte, skryf Loftus Marais op bl.?4, dat Alice Oswald nie ’n groter aanhang buite Brittanje het nie. Dié veelbekroonde digter, meen hy, is verfrissend toeganklik, haar ritmes bedwelmend.

Soos krummels op ’n straatkafee se tafeldoeke kan Johann de Lange se Weerlig van die ongeloof die duiwe van jou gedagtes besig hou, meen Hans Pienaar (bl. 5). En op dieselfde bladsy bepleit Joan Hambidge groter respek vir die digter Charl J.F. Cilliers.

Geen meer gepaste tyd as nou om te werk aan ’n beter wêreld, ’n beter gemeenskap en beter mens wees nie. Sommige (bl. 8) meen evolusie kan help om van die wêreld ’n beter plek te maak, terwyl Andeline Pretorius-Williams (bl. 9) empatie met ander vir dié doel predik.

Maar dalk leer ons meer oor mens- wees en mensheid uit sprokies? Lees op bl. 9 wat Cas van Rensburg hieroor te sê het.

Kan sy asseblief boeke in ’n reeks vir meisies met haar sakgeld afbetaal? skryf ’n 16-jarige meisiekind verlede jaar aan ’n uitgewer.

Natuurlik nie, antwoord die uitgewer, ons skenk dit en sommer nog ’n paar boeke aan jou. Leesgierigheid... Ontmoet Bonnievale se eie Boekwurm op bl. 10.

En dan praat ons weer op 4 Maart.

Anastasia

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 160i 5-dr
2003
R 69,990.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.