Beste leser

2012-06-30 10:35

Op die voorblad van Rapport Boeke is ’n kunswerk met die naam Voetsoolvlakdemokrasie: menseregte deur Evette Weyers, internasionaal bekende beeldhouer wat nou ook ’n boek geskryf het.

Kuns, sê dié kunstenaar op bl. 3, behoort ons te herinner aan ons gedeelde menslikheid en ideale; ook en veral die ideale soos dit in ons (bedreigde?) Grondwet verskans is.

Op bl. 4 maak jy kennis met Speurhond Willem en Anna Atoom se “ma”. Anna Atoom, sê die 12-jarige Zak Retief, is nogal cool vir ’n meisie.

Weet jy wat die tandmuis se naam is? En waar hy bly? Alles oor dié muis word op bl. 5 onthul.

Gaan lees op bl. 6 en bl. 7 die werk wat drie voorste Afrikaanse skrywers gepubliseer het toe hulle in matriek was – 1972 was ’n jaar vol belofte.

Seks is inderdaad uit die kas in die beskrywing van ’n paar erotiese tonele in Mêrie Scheepers se Dryfhout en opdrifsels, skryf Cas van Rensburg op bl. 8. Maar daar is meer aan dié boek as seks, en aan die skrywer, wat alte graag “boer-boer speel”.

Op bl. 9 is Auma Obama aan die woord oor haar halfbroer, pres. Barack Obama, en oor hul pa, Afrika, vroueregte en haar boek, And Then Life Happens.

Amanda de Lange, joernalis, het twee boeke deur twee verskillende skrywers gelees waarin ’n joernalis die hoofkarakter is. Lees op bl. 10 of sy haar in dié karakters kon herken.

Fifty Shades of Grey deur E.L. James – sommige noem dié eerste boek in ’n trilogie ’n erotiese roman, ander pure pornografie – is ’n wegholsukses. Sowat 200 000 eksemplare van dié boek is in een week verkoop. Ook in Suid-Afrika is dit op die topverkoperlyste. Hoe nou gemaak met romanses? Kyk op bl. 12.

Rosemaré Moolman van Bellville, Deon Cloete van Oudtshoorn en Betsie Terblanche van Sasolburg moet gerus die pos dophou. Julle is die wenners van die uitgewer Penguin se Vadersdag-geskenkboeke.

Loraine Bosch van Despatch, jou vrolike koevert met plakkertjies het ’n vaal dag in Johannesburg vol kleurspatsels en pers Barney-drukkies gemaak.

’n Pakkie boeke om dankie te sê vir dié prettigheid is ook na jou toe op pad.

Gegroet!
Anastasia


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.