Bittereinders onder loep

2012-07-07 12:42

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Boerekryger deur Albert Blake. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R195

Kan dit in 2012 in Suid-Afrika, midde-in soveel geweld, nog skokkend wees om te lees van iemand wat sy kind se onthoofde lyk teen hom vasdruk? Waarskynlik nie.

Albert Blake maak dit egter van meet af aan duidelik dat hy skryf oor die Anglo-Boereoorlog met inagneming van die betrokkenes se dryfvere en die omstandighede waarin hulle hul bevind.

Blake se vorige boek, Boereverraaier, het soveel belangstelling ontlok dat dit verskeie herdrukke beleef het. Hoofstukke 7 en 8 het gelei tot die fliek Verraaiers (Bosbok Ses Films), wat volgende jaar vertoon word.

Boerekryger (sy jongste werk) en Boereverraaier kan beskou word as ’n tweeluik. In Boereverraaier word verskeie gevalle bespreek van burgers wat hensoppers en joiners geword het en tereggestel is. Eersgenoemde het gewoon ophou veg en laasgenoemde het aktief aan die vyand se kant geveg. In Boerekryger ondersoek Blake die ander uiterste, die bittereinders, aan die hand van Henning Viljoen se lotgevalle tydens die oorlog.

Henning se oorlogsdagboek dien as die gronddokument en word aangevul deur sy broer en ander se dagboeke en briewe. Die teks word aangevul deur foto’s; onder meer ’n skoongesig Henning en sy gesin en een van Henning se ouer broer Marthinus met sy hare skouerlengte – in daardie tyd ’n ongewone gesig. Die twee broers het ooreengekom om nie hul hare te sny voordat die oorlog beëindig is nie.

Uit die feit dat Henning dagboek gehou het, lei mens af hy was ’n noukeurige en sensitiewe persoon.

Dagboek hou spreek meermale daarvan dat ’n mens met sorg leef en betekenis gee aan sy lewe. Hoewel hy ’n bittereinder was, het hy nie onverskillig gestaan teenoor tereggesteldes se lot nie.

Een van die ontstellendste inskrywings is dié oor die teregstelling van drie swart mans wat ingestem het om as gidse vir die Engelse op te tree. Al drie was Henning se speelmaats en hy is as lid van die vuurpeloton verskoon.

Of die toneel nie gruwelik genoeg was nie, het een, genoem na Henning se broer Marthinus, nie dadelik gesterf nie, maar uit die graf gesmeek vir die genadeskoot.
Daarna het Henning die lyke in die graf help neerlê. “Meer kon ek nie vir die vroeë speelmaats van my jeug doen nie.”

Daardie aand skryf hy: “Die twee treurigste dae in my lewe is verby en miskien ook vir baie ander.”

Blake is geensins ’n apologeet vir hierdie of ander oorloë nie. “Soos alle oorloë is die Anglo-Boereoorlog ’n klad op die mensdom se naam.

“Soos alle oorloë behoort die Anglo-Boereoorlog nooit plaas te gevind het nie.”

Hy ondersoek objektief die bittereinders se motivering en maak die gevolgtrekking dat hulle besluite moes neem op grond van ervaring, waarvan hulle min gehad het omdat hulle nooit tevore in so ’n groot oorlog betrokke was nie. Hul oorwinning teen die Britte in die vorige eeu het hulle waarskynlik laat glo hulle sal ook nou as oorwinnaars uit die stryd tree. Origens is die oorlog wettig deur hul regering verklaar en hulle wou hul grondgebied beskerm. Vir hulle was dit ’n geloofsaak.

’n Ander faktor is die verbittering wat gespruit het uit die verskroeide-aarde-beleid.

“Dat ons nog kan voortgaan met die bloedige oorlog,” skryf Henning op 10 Januarie 1902, “[is] slegs weens Goddelike steun. Sal Engeland nooit tot die oortuiging kan kom dat dit ná al hierdie opofferinge onmoontlik is om aan opgee te dink nie?” Hy sou die einde daarvan egter nie beleef nie. Op 6 Maart 1902, net sowat twee maande voor die vredesluiting, word hy ten aanskoue van sy pa deur ’n bom getref en onthoof. Kort voor sy dood het hy ’n Sankey-lied loop en sing waarvan die lirieke daarop neerkom dat hy op pad is huis toe.

Wat ’n jammerte dat die uitgewer nie hoofstuk 17 se foutiewe notanommers gekontroleer het nie.

Diegene wat belang stel in die bewoording van hierdie lied sal dit vind in ds. J.M. Louw se gedig wat op bl. 235 verskyn.

Dat geskiedenis met bepaalde emosies gelees word en dat emosie in fiksie oor die oorlog skeppend meewerk, is onvermydelik, selfs noodsaaklik, en Blake is kennelik bewus daarvan.

Sy objektiewe benadering is die soort geskiedskrywing waaruit kultuurbewuste Suid-Afrikaners hulle kan vergewis van feite oor hul verlede, met die wins van ’n professionele historikus se perspektief daarop. Tog skryf hy so onderhoudend en toeganklik dat dit ’n aangename leeservaring is. As ’n toegewing aan die minder gespesialiseerde leser is aanhalings uit die dagboeke in hedendaagse Afrikaans herskryf, wat dit natuurlik minder waardevol maak vir taalkundige navorsing. Waarskynlik gedagtig hieraan verskyn daar ’n paar juwele in die vorm van regstreekse aanhalings op bl. 233–234, waaronder: “so vaak en moeg soos ’n skilpad”; “so nukkerig soos tien broeis henne”; en, seker nogal benoud: “die kommandant was lelik die moer in” en “so kwaad soos ’n skaap”.

Sulke geskiedskrywing kan trouens ’n eeu later vir nasate van albei kante in ’n oorlog betekenis hê.

Pretoria News het byvoorbeeld op 25 Junie so oor Boerekryger geskryf: “The author has thought long and hard about the issues involved, and written a lucid and reasoned contribution to the documentation of important aspects of the Anglo-Boer War.”

Blake is ’n prokureur en het twee meestersgrade in geskiedenis behaal. ’n Mens hoop hy bring nog baie tyd in argiewe deur.

Jeanette Ferreira is ’n skrywer en vryskutredakteur.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
169 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.