Bosman self het stories eerder oorvertel as vertaal

2013-02-17 00:05

n Bekkersdal-marathon en ander voorkamerstories deur Herman Charles Bosman, vertaal deur François Griebenow. Uitgewer: Suiderkruis Boeke. Prys: R170

Al het Herman Charles Bosman meestal in Engels (in ’n Afrikaanse idioom) geskryf, was sy huistaal Afrikaans. Sy unieke “Afrikaans-Engelse” prosa het hom ’n aanhang onder lesers in albei tale besorg.

Dit was nie algemeen bekend dat Bosman in Afrikaans óók gewerk het nie, totdat Verborge skatte in 2001 by Human & Rousseau verskyn het. Sommige van dié verhale is nooit gepubliseer nie of het net in tydskrifte verskyn. In Die withaak se skadu en ander Schalk Lourens-stories (in 2011 uitgegee deur Suiderkruis Boeke) “praat” Bosman weer Afrikaans. Hier is meer as die helfte van Bosman se bekende Schalk Lourens-verhale deur Francois Griebenow vertaal.

Nou het Griebenow weer so gemaak met ’n Bekkersdal-marathon en ander voorkamerstories.

Dié vertellings verteenwoordig, naas die Schalk Lourens-stories, Bosman se bekendste werk. Oupa Bekker, Johnny Koen en Gysbert van Tonder wat gereeld in Jurie Steyn se poskantoor/voorkamer byeenkom om koffie te slurp en staaltjies en kwinkslae uit te ruil, het volksbesit geword.

Die gehalte van die stories is bo verdenking. Bosman het geweet waarvan hy praat toe hy sy voorkamerstories bestempel het as die beste werk wat hy gelewer het. Dit sê baie dat die vertellings (wat eers as ’n reeks in The Forum verskyn het) sedert 1971 nog nooit uit druk was nie.

Al wat oorbly, is om na die gehalte van die vertaling te kyk. En te besin of dit hoegenaamd sinvol was om hierdie verhale in vertaalde vorm uit te gee. Daar kan lesers wees vir wie dié bundel ’n eerste kennismaking met Bosman is en diegene wat waarskynlik bewus is van sy kortverhale, maar nie aanklank vind by sy “Afrikaanse Engels” nie.

Maar daar is beslis ’n groot groep Afrikaanse lesers wat lief geraak het vir Bosman se stories in hul oorspronklike vorm en vir wie dié vertalings dalk vreemd en selfs onvanpas kan voorkom. Iets, al is dit die fynste nuanses, gaan verlore tydens vertaling. Dit geld ook Engelse stories met ’n Afrikaanse “gevoel”. En wie wil ’n vertaling lees as jy toegang het tot die oorspronklike werk?

Vir my – en dis ’n persoonlike gevoel wat dalk nie wyd weerklank sal vind nie – werk hierdie vertalings nie. Die probleem is dat Griebenow verbatim vertaal het. Afrikaans en Engels is elk ’n eie taal; wat in Engels werk, werk nie altyd in Afrikaans nie en andersom.

Die groot rede is waarskynlik dat hierdie stories aanvanklik in die verlede tyd vertel is (soos gebruiklik met Engelse fiksie) en dat die verlede tyd vir die Afrikaanse weergawes behou is. Die verhale boet in aan onmiddellikheid, hulle lees stram en kom nooit werklik op dreef nie.

Bosman self het eerder van sy Engelse stories in Afrikaans oorvertel, pleks van vertaal.

Iets moet ook gesê word oor Fred Mouton se illustrasies. Mouton is so Afrikaans soos spoorweglorries en perskebrandewyn. Sy illustrasies is dalk ’n manier om te sê dat die stories eintlik maar altyd vir die Afrikaanse oor (en oog) bedoel was en eindelik “tuisgekom” het. Of my standpunt geldig is, moet die lesers maar self besluit.

J.B. Roux is ’n vryskutjoernalis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.