Brief van die Boeke-redakteur

2011-11-05 13:18

Vandeesmaand reis ons weer woordlangs, eers saam met Karel Schoeman na Nederland in sy jongste boek, Riviereiland.

Jaap Goedegebuure vertel hoe einste dié boek hom dinge in sy vaderland laat raaksien het wat gewoonlik sommer so sienderoë by hom verbygaan. Maar is Schoeman se Nederland die Nederland van ’n Goedegebuure? Lees meer op bl. 3.

En wie beter as Dana Snyman as reisgenoot op ’n soort walkabout deur die geliefde land op soek na wie jy is?

Sy nuwe boek, Hiervandaan, is nié bloot ’n romantiese verlange na die verlede nie, sê hy op bl. 4. Want die verlede was nie beter as nou nie, maar soms is dit nodig om terug te kyk.

En saam met Michael Ondaatje loop ons die pad na sy weerlose jare as jong seun. En teen die einde van die boek, meen Herman Lategan (bl. 5), sal jy voel jy het iets ver verby die grense van jou eie lewe ervaar.

Op bl. 10 is ons plots in China, ’n China waaraan selfs China nie graag herinner wil word nie. Marius Visser vertel hier van ’n boek wat geen uitgewer in dié land wou uitgee nie.

As die roman die rockster onder literêre genres is, wat dan van die kortverhaal? Gaan lees gerus meer hieroor op bl. 6 en bl. 7.

Op die agterblad gee die liewe Reta Smit leiding oor hoe ’n mens praat oor die wenner van sê nou maar die Nobelprys. Natuurlik weet ons almal wie Tomas Tranströmer is en kén ons sy werk.

Vonkfiksie, vonfiksie... kan ons vir ons Kersuitgawe seblieftog ook vroliker kortkortverhale kry? Stories van hoop, blye tydings, vreugde, wonderwerke – dis immers Kerstyd.

Laat ons dan ook boeke skenk, soos die uitgewer Struik wat ter viering van sy 50ste verjaardag lesers die kans bied om ’n pak van 50 boeke te wen. Klik op http://www.randomstruik.co.za/struik-50th.php om deel te neem.

Ons praat volgende maand weer.

Anastasia

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.