Committed: A Skeptic Makes Peace With Marriage

2010-03-06 22:50

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die langverwagte opvolg van 2006 se wegholtreffer Eat, Pray, Love hervat die storie ná die sprokieseinde, en blyk om net so ’n blitsverkoper te wees. Gilbert en haar Brasiliaans gebore beminde, Felipe, is steeds dolgelukkig saam, met geen planne om te trou nie (albei het traumatiese egskeidings agter die rug en het nul begeerte om dit ooit te herhaal.) Maar dan fnuik die Amerikaanse regering hul planne om rustig saam te woon en skop Felipe onseremonieel uit die land. Die enigste manier waarop Gilbert hom wettig terug kan kry, is deur met hom te trou – die een ding wat hulle mekaar belowe het, hulle nooit sal doen nie. Terwyl hulle wag vir Felipe se visum (’n proses van amper ’n jaar) verwyl hulle hul tyd in Suidoos-Asië, waar Gilbert agter die kap van die huweliksbyl probeer kom.

Committed lees net so heerlik soos Eat, Pray, Love– Gilbert het nou maar eenvoudig daardie skaars skrywerstem wat maak dat haar storie jou insuig. Maar hierdie is geen genotsugtige vreetsafari soos haar vorige memoires nie – sy delf diep in die geskiedenis en haar eie stamboom om te probeer verstaan hoekom die huwelik die één instelling is wat aanhou voortbestaan en, aangesien sy nou móét trou om saam met haar geliefde te wees, hoe sy kan vrede maak met die konsep. As die huwelik dan so ’n argaïese tronk is vir vroue, soos sy glo en die wêreldgeskiedenis tot ’n groot mate staaf, hoekom hou mense aan om dit te doen? Haar sosiaal-historiese navorsing is geweldig interessant en gooi verskeie mites omver, soos dat die huwelik ’n heilige Christen-konsep is – in der waarheid het die eerste kerkvaders die huwelik probeer verbied in ’n poging om hul volge­linge ’n suiwer, selibate lewe te laat lei.

Veral interessant is Gilbert se familiestories, van haar ouma Maude met die gesplete lip se onwaarskynlike huwelik, tot die soms onthutsende geheime agter haar ouers se 40 jaar van samesyn. In Viëtnam praat sy met Hmong-vroue en vind uit dat hul idee van die huwelik lynreg met die Westerse een verskil. In Laos eet sy gekookte brulpadda en aanskou die eerlike liefde tussen haar toergids en sy bloedjong, swanger vrou. In Kambodja kom sy haar moses teë en leer meer oor haarself as van die huwelik. Met haar kenmerkende self-spot en humorsin maak Gilbert ’n reis, wat swaar kon trek aan vervelige feite, ’n plesier – met Felipe se kommentaar as ’n welkome, droë teenpool vir haar soms uitputtende energie en entoesiasme. Jy gaan sukkel om ’n lekkerder toergids deur Asië en die doolhof van geskiedenis en persoonlike verhoudings te kry.

Committed: A Skeptic Makes Peace With Marriage

Elizabeth Gilbert

Uitgewer: Bloomsbury / Jonathan Ball

Prys: R190

Resensent: Christine van Deemter

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.