DEON MEYER: 'n nasionale boekebate

2009-12-08 14:52

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As jy soek vir Kerspresente, moet jy nie by die nuwe Deon Meyer verbyhou nie. Waar hy in die verlede veral met sy romans naam gemaak het, het ons hier ’n aantal kortverhale en een lang-kortverhaal, “Stiltetyd”.

Elke verhaal in Karoonag en ander verhale word gevolg deur ’n nawoord, wat ’n verskeidenheid vorms aanneem, maar meestal meer vertel van die inligting oor die skryf van die betrokke verhaal. Op hierdie manier word ’n persoonlike verhouding tussen skrywer en leser geskep, byna asof die skrywer gesellig met die leser verkeer. Kostelik is veral die nawoord by “Stiltetyd”, waar ’n denkbeeldige onderhoud gevoer word met Pearly, een van die verhaalkarakters, eienares van die restaurant Kaapse Kos, wat die leser inlig oor Maleise eetgoed soos fancies, sabanang, boeber en kabobs.

Die stories sluit aan by aktuele nuusgebeure soos kapings en afpersings of die seksuele misbruik van jong mense deur gewetenlose volwassenes, maar word telkens in ’n ander ruimte geplaas – dit wissel van Loxton tot Milaan, van die hedendaagse Kaap tot Botrivier in 1947. Afrikaanse mense maak selfs kontak met karakters van Georgië of Irak. Die deeglike navorsing wat baie van die verhale voorafgegaan het, is klaarblyklik. Só het ek my verbaas oor die uitgebreide kennis van die vervaardiging van skoene in “Die skoen in Maria”, en van Maleise geregte in “Stiltetyd”.

Meyer weet goed hoe om die spanning in sy stories te skep en te behou. Die eerste paragraaf betrek die leser onmiddellik by die gebeure en aksie, geweld en seks is volop en boeiende raaisels word geleidelik ontrafel, met allerlei verrassings.

Hierdie spanningselemente, kenmerkend van die misdaadverhaal, is egter net die lokaas waarmee die leser na die kern gelei word: die tipies menslike situasies wat in die stories voorkom. So is daar byvoorbeeld die verlange om by die gemeenskap ingesluit te word in “Karoonag”; en die skoonheidswaardering wat ’n obsessie word in “Verslag oor ’n verdwyning”.

Die tema van ’n karakter wat sy/haar lewenslus deur ’n traumatiese gebeurtenis verloor en hierna deur ’n genesingsproses gaan, kom herhaaldelik voor. Hulle hervind ’n ideaal om voor te lewe, versterk deur die ondersteunende liefde van ’n lewensmaat, en so word hierdie hand vol stories verhale van heling en hoop.

Die konflik tussen goed en kwaad is steeds teenwoordig, maar dit is nooit ’n simplistiese teenstelling van helde en skurke nie. Meestal het die hoofkarakter nie net te make met ’n gevaarlike misdadiger nie, maar ook met ’n worsteling teen ondermynende kragte in homself. In “Die perfekte moord” stry Griessel teen sy verslawing aan drank, en en in “Die Nostradamus-dokument” moet die speurder Dekker van sy blinde narcissisme verlos word. In “Die skoen in Maria” is die speurder en moordenaar parallelle van mekaar eerder as teenoorgesteldes – albei ervaar die gevolge van liefdesverraad.

In sommige verhale lê die klem veral op uiterlike spanning, soos in “Karoonag”, maar my gunstelinge is eerder dié waar die karakterisering meer aandag kry, soos “Die perfekte moord” en “Die verdwyning van Leendert le Roux”. In laasgenoemde verhaal is Paul Els ’n heerlike karakter – die onkonvensionele speurder wat meer van rekenaars weet as van aksie, wat misdadigers met ’n spuitnaald takel in plaas van met ’n rewolwer, ’n alleenloper wat tog sy staal wys en onverwags liefde vind.

“Stiltetyd”, ’n voorbeeld van wetenskapsfiksie, het my soms in die war gehad. (Terloops, weet die skrywer of die uitgewer dat dié titel ook die titel van ’n roman van Marita van der Vyver is?) ’n Verhaal waarin die mees dramatiese dinge gebeur wanneer die tyd stilstaan, kon my nie heeltemal oortuig nie, want alle handeling veronderstel tydsverloop. Die verhaalkarakter met die magiese vermoë om tyd te laat stilstaan, is soms nie in staat om tydens “stiltetyd” ’n deur oop te sluit nie, terwyl dit ’n ander keer geen probleem is nie (bl. 194, 208). Die hysers werk nie gedurende “stiltetyd” nie, maar die ligte wel (bl. 213). Hierdie onoortuigende fasette is egter heeltemal ondergeskik aan die vele plesiere van die boek.

Meyer noem Marlene van Niekerk in een van sy nawoorde “’n nasionale skat” (bl. 108) – terwyl hy self besig is om in ’n nasionale bate te ontwikkel.

Chris van der Merwe is verbonde aan die departement Afrikaans en Neerlandistiek aan die Universiteit van Kaapstad.


Rachelle vra 5 vinnige vrae aan Deon

Rachelle Greeff: Watter drie goed moet jy nog doen voordat jy jou harp en jou vlerkies kry?

Deon Meyer: Van Alaska na Tierra de Fuego ry met ’n motorfiets, met Anita (my vrou) as passasier, natuurlik. Adobe After Effects bemeester. ’n Jaar in Parys (nie die een aan die Vaalrivier nie) gaan woon.

RG: Watter een boek wens jy alle mense moet kan lees?

DM: Die een wat elke mens aan lees verslaaf sal maak …

RG: Is dit hoegenaamd moontlik dat roem en rykdom nie ’n man se kop laat draai nie?

DM: Ek weet nie. Jy sal iemand moet vra wat ryk en/of beroemd is.

RG: En van koppe gepraat. Hoekom nou die nuwe voorkoms van ernstige, sleek skrywer? Waar’s die oopgesig-seun-van-langsaan?

DM: Lekker gelag oor dié een. Om in my genre as “ernstig” en in my middeljare as “sleek” beskryf te word, is ’n groot (en onverdiende) lekkerte. En dit net omdat ek my hare ’n rukkie laat groei het as deel van ’n eksperiment vir Jakkalsdans, die fliek wat aanstaande Februarie in teaters gaan wees.

RG: Ons resensent kla dat jy ’n titel van Marita van der Vyver hergebruik het. Stel die volk tog gerus.

DM: Ek stel graag hiermee die volk gerus dat skrywer en uitgewer bewus was van Marita se wonderlike roman met die titel Stiltetyd. Daarom het ons die bundel Karoonag genoem. Ons is ook daarvan bewus dat ’n misdaad-kortverhaal nie sommer verwar sal word met ’n ernstige roman deur een van Afrikaans se voorste romansiers nie, en dat daar nie kopiereg op boek- of kortverhaaltitels is nie.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.