Daddy’s Girl

2010-03-06 22:50

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mapstieks meisie, maar jy’t my laat naels kou!

Margie Orford se derde boek, waarin die raakvat-joernalis dr. Clare Hart verskyn, sny byna te na aan die been.

Die storie, soos die titel skimp, fokus op die verdwyning van jong meisies, meestal in die bende-geteisterde Kaapse Vlakte. Enige iemand wat gereeld na die sewe-uur-nuus kyk, het genoeg opgegaarde beelde van vermiste- kleinmeisiejie-skoolfoto’s, om Daddy’s Girlte sien as fiksie wat die werklikheid weerspieël.

Wanneer klein Yasmin buite haar dansklas verdwyn, word haar pa die hoofverdagte in die ontvoering. Kaptein Riedwaan Faizal – wat die leser reeds in Orford se vorige boek, Blood Rose(2007), ontmoet het – vervul dus sowel die rol van die angstige pa van Yasmin, asook lid van die legendariese Kaapse Bende-eenheid. Sy rol as vervolger verander egter na vervolgde wanneer die hoof van die polisie hom wil aanhou vir ondervraging. Met die hulp van een of twee kollegas blyk hy die boeie vry te spring en besef hy gou sy enigste hulp is die joernalis Clare Hart, wat aan ’n TV-reeks oor vermiste meisies gewerk het.

Orford stel die verskeie karakters vroeg aan die leser bekend en gou weet jy nie wie om te vertrou nie. Ou vriende bly nie noodwendig beste vriende in die geveg nie. Tyd word amper sy eie karakter, soos die ure afgetel word om Yasmin lewendig op te spoor.

Orford bou ’n eenvoudige, dog doeltreffende verhoog en laat dan haar hoofkarakters toe om die gehoor saam te sleep deur donker parkeerterreine met halwe leidrade. Sy gebruik die taal van geweld soos iemand wat lank in die land is en weef dit mooi deur die bekende Kaapse strate en gebiede om jou onrustig te laat lees. Dit is juis die feit dat ons in ’n land van misdaad en grusaamhede bly wat Daddy’s Girl soms ongemaklik maak. Korrupsie in die polisie, sinnelose moord, bende-gevegte – dis soos ’n episode van Special Assignment sonder die tema-musiek. Dié wat ons glo ons sal beskerm, steek ons dalk in die rug.

Aanhangers van die Clare Hart-reeks gaan beslis nie teleurgesteld wees nie, sy bly die sensuele, intelligente joernalis met net genoeg ‘Hart’ om mens te wees. Margie Orford is nie verniet een van Suid-Afrika se voorste speurskrywers nie. Sy skryf ontsnappingsromans, maar dit wat maklik lees, verteer nie noodwendig vinnig in die gemoed nie.

Daddy’s Girl

Margie Orford

Uitgewer: Jonathan Ball Publishers

Prys: R175

Resensent: Verushka Louw

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.