Debuut verg meer as een lees

2010-04-17 15:02

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vier briewe vir Jan Ellisdeur Steve Hofmeyr. Uitgewer: Zebra Press. Prys: R120.

Noem die naam Steve Hofmeyr en jy het menings, positief en negatief, oor die sanger en verhoogkunstenaar wat Neil Diamond beter sing as Neil Diamond self.

Die mense van my asem was ’n topverkoper in 2008. Steve blog en spoeg. Hy baklei en stry. Hy word kwaad vir die media, maar hy kan ook nie sonder die media bestaan nie. Al is daar ’n storm in ’n teekoppie.

Hy is waarskynlik die beste voorbeeld dat ’n media-konstruksie ’n lewe van sy eie kan kry. Steve moet sing. Wanneer hy hom oor aktuele sake uitlaat, is hy dikwels uit sy diepte en stoei hy bo sy gewig. Sy onlangse uitsprake by die begrafnis van Eugène Terre’Blanche het eweneens fronse ontlok, nes sy opmerkings oor swart mense.

Vier briewe vir Jan Ellisis sy debuut-novelle. Die verhaal begin met die weggee van die geheim, soos in Nabokof se Laughter in the Darkwaar die leser reeds met die eerste twee paragrawe die rampspoedige einde van Albinus beleef.

Maar daar is “profit and plea-sure in the telling”, skryf Nabokof, en dit is hoekom die leser dan lees oor die hoekoms en waaroms van die hoofkarakter se ellende. (Ek gebruik net die tegniek van Nabokof as ’n voorbeeld en intimeer nie dat hierdie skrywers in dieselfde liga is nie.)

Vier briewe vir Jan Ellis word vertel in die taal van die eenvoudige spreker (“Ek was my ma se enigste kind, maar sy het my geslat vir die ander vier wat sy wou gehad het”, bl. 15). Die probleem met so ’n skryfwyse is dat dit dikwels ’n leesversperring word en dat die leser die nabootsing van so ’n verteller se stem as hinderlik en vals ervaar.

Gaan kyk maar net na Marlene van Niekerk se flou-makou-gedigte op die Versindaba se webruimte geskryf in ’n Adam Small-styl.

Die gegewe in Hofmeyr se novelle van die posman wat veertig jaar later vier briewe moet aflewer, krap sake deurmekaar. Die vierde brief is hartverskeurend in die ontboeseming en die soeke na die “verlêkind” en “closure”.

Ook die derde brief gaan om vergifnis (“vergifnis sonder gif is mos maar vernis”, bl. 97), oftewel die bitter gif van “regrets”. Die derde brief gaan om nood en word gerig aan die “Vereerde Meneer Councillor Kees Wolfaard”.

Al drie briewe word ikonies voorgestel in eenvoudige handskrifte, terwyl die eerste brief in tikskrif is, onderteken deur die triomfantelike “Councillor Jake Fryer”.

Tussendeur word daar vertel. En die leser moet invul en uitvee. En dan, in die laaste brief, weet die leser met sekerheid hoekom Klein Jan van Groot Jan soveel pyn ervaar het.

Die novelle is pakkend geskryf en besonder mooi uitgegee, met onder meer afskrifte van ’n resep, ’n Psalm, ’n staatsdokument en ’n langspeelplaat, wat die verhaal ’n bepaalde historiese aanslag gee.

Dit is ’n teks wat besonder vernuftig omgaan met die leser se fantasie en lewer kommentaar op die politieke ongeregtighede van die verlede en hoe identiteit gekonstrueer word.

Is jy ’n psigopaat omdat ander jou verdink? Word jy die rol wat mense aan jou toeken? En hoe bewys jy uiteindelik jou skuld of onskuld in ’n samelewing wat al reeds besluit het jy is “skuldig”?

Net vir laasgenoemde aspek is die teks al die moeite werd om te lees.

Vir die Steve Hofmeyr-bewonderaarsklub sal die boek soos manna uit die hemel wees en waarskynlik alle boekverkope-rekords oortref.

Ernstige literatore hoef nie diep te sug nie. Die boek het beslis meriete. Ek het die teks drie keer gelees en elke keer op ander nuanses en versweë implikasies afgekom.

Dit is ’n teks wat meer as een lees behoef. En die weggee van geheime op die agterblad is net ’n truuk. Die geheim lê opgesluit in die laaste brief. Die brief van Maddy M. Louw, wat sy ontvang van die posman wat die brief aflewer. Te laat. En vir straf moes hy briewe aflewer…

Steve Hofmeyr se prosa is sterker as sy digkuns.

Dis inderdaad ’n boek van patos. Van hartseer en verdriet wat die persoonlike ellende laat saampraat met die politiek van hierdie land.

Wit versus swart. Normaal en buite die orde.

Naskrif as ’n belangrike wetenswaardigheid: “Die Jan Ellis na wie die hoofkarakter vernoem is, word beskou as een van die grootste Springbokke van alle tye. Sy flankmaat was Piet Greyling. Hy het 38 toetse vir die Springbokke gespeel. Hy is ’n rooikop met sproete en ’n nagereg is na hom vernoem.

“Daar is ook die akteur Jan Ellis. Maar hierdie teks speel in op die rugbylegende.” (bl. 92)

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.