Dié Nineve ’n nes

2011-10-15 12:44

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nineveh deur Henrietta Rose-Innes. Uitgewer: Umuzi. Prys: R180. Resensent: Margot Pakendorf.

Henrietta Rose-Innes se Nineveh is nié die Bybelse verhaal oor Jona en die walvis nie. Nee, dié Nineveh is ’n praglandgoed aan die Kaapse kus wat deur ’n plaag insekte (soos in die Ou Testament) gestroop word.

Die argitektuur herinner wel aan die gelyknamige historiese hoofstad van Assirië wat in 612 v.C. ten gronde gegaan het, kompleet met ’n palmboomlaning, standbeelde en ziggoeratvormige praalgeboue.

Soos die historiese Ninevé is ook Rose-Innes s’n (in die ou vertaling) “’n plek van verwoesting, ’n lêplek van wilde diere”. Die aanhaling uit Sefanja 2:14 en 15 en die lang, poëtiese klaaglied van Ningal oor die verwoesting van Ur is die kern van die roman.

Die sentrale karakter is Katya Grubbs van PPR, oftewel Painless Pest Relocations, wat plaagbeheer op ’n menslike wyse toepas deur insekte en knaagdiere te vang en elders vry te laat. Sy moet die kewerplaag op Nineveh bestry. In die proses probeer sy haar moeilike geskiedenis met haar pa verwerk.

Rose-Innes skryf soos ’n virtuoos; elke woord is so noukeurig geplaas soos in ’n gedig. Die leefwêreld van boemelaars, armblankes in huise wat begin ineenstort, superrykes in Constantia, plakkers in hul hutte wat dele van Nineveh se geboue stuk-stuk verkoop, die wag­te wat die landgoed moet bewaak en die krioelende ongediertes onder die geboue kom aan die bod – “the deeps be­neath the city, alive with a million worms, with buried things”.

Die roman handel ook oor verborge, ondergrondse dinge: Katya se liefde-haat-verhouding met haar pa en haar vergelding, die ontwikkelaar se onderduimsheid.

Eintlik is byna almal oneerlik en oneties.

Die roman is deels ’n besinning oor die verganklikheid van dit waarop die mens sy lewe grond en ’n vermaning dat die in-between places en dit wat onsigbaar, ondergronds is ook begryp moet word. En dat die mens deel van die natuur is. Terselfdertyd bevat dit ook kostelike tonele en grillige beskrywings van wurms, kewers, paddas en ander glibberige dierasies.

Katya geniet die weelde van die woonstelletjie in Nineveh en wil daar bly eerder as in haar woonstel in Kaapstad wat elke dag nuwe, dieper krake kry.

Maar sy kom tot ander insigte as sy agterkom hoe swak die skynbaar vaste fondamente is, hoe oppervlakkig die praal is en hoe maklik ’n mens die nuwe kompleks met ’n ondergrondse tonnel kan binnedring: “This place is not as impermeable as she had thought. There are channels, trade routes out and in.”

Die mensgeboude en die natuur word deurgaans gekontrasteer, en met die lees kom die besef dat mense ook maar omgewings binnedring en oorneem, woonplekke skep wat net tydelik herbergsaam is en ander benadeel daardeur, net soos die ongediertes.

Uiteindelik keer die landgoed se hoë mure nie meer die krioelende gediertes en haweloses nie: “As the substance of Nineveh unravels, the swamp winds it up like yarn into a ball. Knitting new patterns, weaving Nineveh into the shacks and the city beyond.”

Dié boek is ’n lekkerlees- aweregse blik op Suid-Afrika se verskillende leefwêrelde wat intrinsiek so verstrik is.

Margot Pakendorf is ’n vryskutskrywer.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bloem: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 22-27°C Morning clouds. Mild. PE: 18-23°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Ward PA

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000 - R6000

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Analyst

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Cruze 1.6 LS
2011
R 199,900.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY02
2004
R 99,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.6 Trendline 5-dr
2011
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.