Die boek waaraan China nie wil raak

2011-11-05 13:18

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Chan Koonchung is in Shanghai gebore, en het in Hongkong en Taiwan grootgeword, maar woon tans in Beijing. Hy het al tydskrifte, TV-kanale en internetfirmas gestig en talle boeke en essays geskryf.

In die 1990’s het hy Hongkong permanent verruil vir Beijing om nader aan die hart van die opwinding van die Chinese ontwaking te wees.

Sy boek The Fat Years het met sy publikasie in Hongkong ’n stroom belangstelling onder intellektuele en jong afvalliges veroorsaak. Die boek versprei goed op die vasteland, al word dit nie daar uitgegee nie.

The Fat Years is spekulatiewe fiksie wat slegs twee jaar die toekoms in afspeel.

In 2013 kondig die Chinese regering amptelik die aanvang van die “Goue Era van Chinese Meesterskap” aan. Die wêreld beleef ’n ekonomiese krisis. Markte in die Weste is in chaos, maar China ontkom wonderbaarlik aan die apokaliptiese insinking.

Dinge gaan goed in die Middel Koninkryk: Die mense loop oor van vreugde en broederskap. Die strate is vol trotse burgers wat hulle verheug in hul ryke tradisie, intellek en welvaart.

’n Skrywer, Lao Chen, ontmoet toevallig ’n paar ou kennisse en tot sy verbasing let hy op dat dié twee nie China se Goue Era met dieselfde geesdrif as hy benader nie.

Eers loop hy Fang Caodi raak, ’n wêreldwyse hippie wat vir Chen ’n bietjie onsamehangend voorkom. Dan ontmoet hy ’n ou liefde, Xiao Xi. Sy is ook uit pas met die vreugde van die res van die bevolking.

Hulle probeer die skrywer oortuig iets skort in die nuwe, utopiese wonderland; iets wat niemand anders juis vermis nie. ’n Hele maand, 28 dae, het verdwyn uit almal se geheue.

Niemand onthou die maand van wrede onderdrukking wat China se Goue Era voorafgegaan het nie, behalwe Fang Caodi en Xi.

Lao Chen word teen sy beterwete in betrek by hul veldtog om die waarheid bloot te lê oor hoekom die mense so emeties gelukkig is.

Dié soeke neem hulle deur ’n panteon van nuwe Chinese argetipes: Die supernasionalistiese angry young man-stereotipe wat hoop op Chinese oorheersing ten koste van die res van die wêreld; die plaaslike regeringsbeampte wat hom roem op die manier waarop hy die endemiese korrupsie van China manipuleer; die sewe-sakke-ambisie-vir-ontbyt-vrou wat huise regoor Europa het, maar die meeste behae daarin vind om in China soos ’n godin behandel te word; die rigtinglose tiener; die Christen-leier wat ’n lae profiel probeer handhaaf; en ander karakters wat die ou cliché vervang van die Chinese bloubaadjie-gepeupel van die Koue Oorlog.

Die mees geslepe karakter is die politburo-apparatsjik wat uiteindelik die sleutel verskaf tot die nuwe siel van die ontwakende China – verbasend goed opgesom, onwetend, deur Jan F.E. Cilliers in “Die Vlakte”:

Ek slaap in die rus van die eeue gesus…

Leviatansgeslagte, geweldig van kragte.

Hobbes se Leviathan, Voltaire se Candide, Huxley se Brave New World, en natuurlik Orwell se 1984 besiel trouens die interteks van hierdie boek.

Dis nie die soort riller waaraan ons gewoond is nie. Die aksie is lomp en oordink. Die karakters voel mekaar uit – outentiek Chinees – met hul subtiele, indirekte kommunikasie. Die ontknoping wyk af van Westerse verwagtinge.

Chinese lesers beskryf die boek as uitmergelend spannend. Die intrige lê vir hulle in die tartende lewensgetrouheid daarvan.

Die houdings en verhoudings in die boek, die maatskaplike teenstrydighede, die atmosfeer van vrees, die ingeboude korrupsie en die ondertoon van materialistiese verval?… Al hierdie dinge lê naby aan die werklikheid van moderne, blinknuwe China.

Van die lesers op die Chinese vasteland het die distopiese aard van die boek verkeerd verstaan en dit ervaar as patriotiese verheerliking.

Daar is een aspek van hierdie nabye-toekoms-China wat werklik fantasie is, soos die vertaler Michael S. Duke in sy noukeurige na-woord sê. Dis die moontlikheid van samewerking tussen China en Japan. Die wonde van die Tweede Wêreldoorlog lê nog te diep. Die ander makro-politiese en -ekonomiese bespiegelings strook met die régte ontwakende China.

As dit ’n slang was, het dit jou gepik: Die werklike geheueverlies van die Chinese publiek is die slagting op Tiananmen-plein in 1989. Die publiek in China het tot nog toe geen inligting daaroor nie.

Selfs deelnemers aan die destydse protes se herinneringe raak verwronge. Hulle sê deesdae dat hulle van beter moes weet, of misbruik is deur studenteleiers, of dat hulle onrealisties en naïef was, dat die ekonomiese opbloei van China nie sonder die onderdrukking tydens en ná 1989 sou gebeur het nie.

Die Chinese Kommunistiese Party is by uitstek die wêreld se doeltreffendste nanny state.

Hulle regeer in vrees, want hulle weet om 1,3?miljard mense gelukkig te hou, is soos om die weerlig te vang met ’n ysterhandskoen.

Daar is tradisioneel twee dinge wat China verenig hou: welvaart en eksterne vyande. Met Amerika wat taan en Japan ’n tandlose tannie met ’n nat broek moet China hard stook aan die ekonomie.

Die mantra in China – wat op die internet bespot word – is premier Wen Jiabao se “harmonieuse samelewing”. Die politburo-lid stel dit só in die boek: “…in a moderately well-off society the people fear chaos more than they fear dictatorship…”

Gee hulle stabiliteit, dus, en die mense stem dankbaar in om beheers te word. Maar om stabiliteit te verseker moet jy hulle vet voer en aanhou paai met beloftes van vooruitgang. In ruil vir 10% van hul vryheid kry Chinese 100% outokratiese stabiliteit.

Klein Xi vra: “Between a good hell and a fake paradise – which one would you choose?”

Hul soeke bring hulle eindelik by die waarheid en dan moet hulle hierdie vraag konfronteer. Nie een van hulle kan teruggaan na hul lewens en terugskakel in die matriks nie. Die boek eindig – vir ons verwagting van ’n spanningsverhaal – plat, maar onomwonde: Die waarheid oorskadu harmonie, stabiliteit en welvaart. Die karakters verwerp die leuen.

The Fat Years is oortuigend geskryf, fassinerend vir enigiemand wat die vaagste belangstelling het in China of die wêreldekonomie en -politiek. Moenie dieselfde soort spanning verwag as by ’n Westerse “thriller” nie, maar die karakters is goed geskryf en die storie is vernuftig aanmekaargevleg.

Selfs die ongeoefende oog sal die verband kan sien tussen die vet jare in China en die fat cats in Suid-Afrika, wat goed weet wat geld alles kan koop… Selfs geheueverlies.

Marius Visser is ’n redaksielid van Media24.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.