Die een wat mense ongemaklik maak

2010-02-06 15:04

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die brandrissies in die Clementina van der Walt-keramiekbak in die kombuis, die espresso gemaak op die gasstoof en aangegee in wit porseleinkoppies, ’n inheemse tuin wat ook olyfbome het (een oes agter die rug) en op ’n dubbelbed met ’n Afrika-oortreksel twee ronde welsynkatte, Spikkels en Striep, vertel jou láng paragrawe van Welma Odendaal se storie – dit wat jy nié in haar curriculum vitae sal lees nie.

Maar daar’s nog repe verhaal. En dít weer lê en luier nie soos die katte in die huis met die uitsig oor Long Beach tussen Kommetjie en Noordhoek nie. Dié moet jy uit haar aai, sy’s nie een vir aanhef oor haarself as hoofletter-skrywer nie. Ironies wel en reguit soos ’n lem – met twee kuiltjies wanneer sy lag en dit doen sy dikwels.

Welma was net 23 toe sy ’n debuutbundel kortverhale, Getuie vir die naaktes (Perskor, 1974), publiseer wat letterkundiges soos meerkatte regop geruk het. Nou is sy in haar laat-vyftigs – en sy was van toe sonder stilhou besig met skryf in al sy vorme – maar as jy sê jy’t pas Welma Odendaal se nuutste, Landskap met diere, gelees, sal mense waarskynlik vra Welma Wie?

Die telegram wat daardie dag by Bus 177 in Alice in die Oos-Kaap afgelewer is, was van Bartho Smit, destyds hoof van Perskor: “Proewe gereed jy kan dadelik kom.” Sy het toe gewoon saam met haar man, Egbert Gerryts, hoofbibliotekaris aan die Universiteit van Fort Hare, op die plaas Woodstock. Dit was die jaar van die groot vloede in die Oos-Kaap.

Ook op grond van die sukses van die bundel het sy ’n jaar later as verslaggewer en fotograaf ingeval by Hoofstad. Jeanne Goosen, toe nog joernalis, was reeds daar en het haar as fotograaf saamgesleep op stories, maar die een wat haar mentor was, was Rykie van Reenen, toe by Rapport. In dié tyd begin sy die literêre tydskrif, Donga, saam met onder andere Rosa Keet, met haar as redakteur van dié veelbesproke en dikwels verbodelittle mag. Saam met die latere Staffrider was dit van die vernaamste literêre protestydskrifte van die apartheidsera. Donga is drie keer agtereenvolgens deur die staatsmasjinerie van die rakke gehaal en dus noodgedwonge (só drakonies was die publikasiewet) finaal in 1978 gesluit.

Intussen het sy geskuif na die SAUK en het haar tweede bundel, Keerkring (1977), verskyn. Sy het as subredakteur by Springbok-radio gewerk toe sy een wintersaand, Julie 1977, as deel van elke dag se subredakteur-sleur, ’n Sapa-teleks ontvang. Die Publikasieraad het weekliks ’n rits publikasies die mond gesnoer. “Ek het altyd vinnig gelees om te sien of Donga (weer) verbied is.”

Maar dié keer was dit nie Donga nie, maar Keerking. Want dit was die soort boek, met die soort verhale, wat die apartheidsbestel wou doodsmoor. Daarin was onder meer “Vryheidsvegter”, een van die eerste Grensverhale in die land. Vóór Alexander Strachan of Koos Prinsloo. Die SAUK (só ’n juffer is immers nie een van “ons” nie) het haar afgedank oor haar “politieke bedrywighede’’ en Perskor moes die boek verpulp. En hoewel die verbod in 1985 opgehef is, is dit nooit weer herdruk nie. Dis goed om te hoor Human & Rousseau publiseer vroeg volgende jaar ’n keur van haar vier kortverhaalbundels.

In daardie stadium (nou is sy by The Star) word sy aangeraai om vir ’n tyd land-uit te gaan. “Essop Patel het vir my ’n goedkoop kaartjie gekry, hy’t ’n travel agency gehad, en vir my R500 geleen.” In die sewe jaar op ’n kibboets in die suide van Israel was dit nie lank nie of sy’t bevriend geraak met mense van Shalom Achshav (Peace Now).

Met haar terugkeer na Suid-Afrika, is sy as die eerste vrou ooit in die nagkantoor van die Engelse oggendkoerant in die Kaap, die Cape Times, aangestel. “In daai tyd was die Cape Times ‘a paper of record’.”

En wat rekord betref, Welma was as hoofsub berug vir haar skerp tong. Sy’t verslaggewers laat bloed sweet en ook selde toegegee aan haar seniors se nukke en grille. Sy haat swape en stuur jou terug om jou storie te gaan oorskryf tot hoeveel maal toe. “Ek weet dat ek nie goed met mense oor die weg kom nie.”

Trouens, sy haal een van haar leerlinge aan wat vir haar “baie kwaad geraak het’’, maar haar nou bedank (ek het dié se briefie gesien) omdat sy wel iewers gekom het met alles wat Welma haar geleer het.

Oor die twyfelagtige standaard van die Suid-Afrikaanse koerantjoernalistiek in die algeeen, sê sy: “Dit breek my hart. Nee, eintlik maak dit my meer die moer in, die gebrek aan goeie ondersoekende joernalistiek.”

Ná die Cape Times, in voortslepende, uitmergelende tye het sy waterskeidende werk gelewer by onder meer die Wes-Kaapse struggle-koerant, South, die tydskrif Die Suid-Afrikaan en sy’t die Namaquanuus-projek op die been gehelp. Sy’t gewerk by die publikasies van deurslaggewende nie-regeringsorganisasies, want, onthou, vrye spraak was Ikabod en die hoofstroom-media het gedans na PW en ander se pype. Só het sy joernalistieke maatplate, by wyse van spreke, gelaat by onder meer die Institute for Democracy in Africa (Idasa), Desmond Tutu se aartsbiskopkantoor tot en met Kodesa se nuustydskrif, Negotiation News.

Sy was saam met die groep Afrikaanse skrywers, die Breytens, die Brinks en die Krogs, wat die ANC in 1989 by die Victoria-waterval ontmoet het, en was ’n jaar later, toe banneling-skrywers die eerste keer begin terugkeer, ’n spreker op New Nation se internasionale skrywerskonferensie in Johannesburg. Haar derde kortverhaalbundel, Verlate plekke (Chameleon Press, 1991), het intussen verskyn.

“Ek het nog altyd gevoel dit was my plig om te skryf oor wat om my aangaan, en ek voel steeds so. Dis wat ek wil doen en kan dit nie help nie.”

’n Lang en indrukwekkende joernalistieke loopbaan dus – en dan vra mense hoekom sy so min (boeke) gepubliseer het.

Die Keerkring-verbod het ’n aandeel, ongetwyfeld, maar Welma het ook ’n tweeling, Anya en Arian, grootgemaak. Die dag van die onderhoud is juis hul 36ste verjaardag. Anya is betrokke by ’n “groen” gemeenskapsprojek buite Nieu-Bethesda waar hul oorlede pa, Egbert, vir jare gewoon het.

“En Ari is iewers op ’n skip. Antarktika of Ecuador.” (Later kom ’n regstellende e-pos: “Hy’s eintlik in Colombia!’’)

Welma het nog nooit ’n literêre prys gewen nie. Die media-onderhoude is ook maar skraps. En beslis was sy nog nooit in enige vrouetydskrif nie. “Mense hou nie van my nie. Ek maak hulle ongemaklik.”

Gelukkig vir die Afrikaanse leserskorps, want haar sterk stem kan met niemand anders s’n verwar word nie.

’n Stem wat, op daardie dag wanneer Afrikaanse skrywers verantwoording moet doen, duidelik sal klink bó die gesellige gezoem.

Om die boek te bestel, kliek hier
 

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.