Donker van SA se psige ware riller

2012-01-21 10:53

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Donker Plekke deur François Bloemhof (samesteller). Uitgewer: Lapa. Prys: R165

Baie van my boekvriende hou niks van kortverhale nie – te veel beginne; te veel slotte.

Dis soos om in spitsverkeer te bestuur, meen van hulle.

Ek gee toe dat die kortverhale – en laat mens dit maar sê, gedigte – in bloemlesings soms nie lekker vloei nie. Maar dit is beslis nie waar van die versameling verhale in Donker plekke; met François Bloemhof as samesteller en redakteur nie.

Bloemhof se samestelling en aaneenskakeling van die spannings- en misdaadstories kom kompleet met al die hoogtepunte, tussenposes of draaie en die duiselende duikslae van ’n 24-fase-tuimeltreinrit.

Donker plekke begin met “Afnaweek” en “Rietfonteyn”, twee taamlik uiteenlopende, dog grusame ryloopstories deur Alex Muller en Piet Steyn onderskeidelik.

Dit eindig met Wegkruipertjie, ’n psigo-riller uit die pen van Bloemhof so vol spanning wat bladsy ná bladsy oplaai, dat ek dit nie kon verhelp om te kul deur eers na die slot te blaai voordat ek die storie van voor begin lees het nie.

Miskien sal jy by die lees van dié versameling uitvind jy is gemaak uit stoffasie sterker as myne?

Stories oor moorddadige huweliksmaats lê ingeryg in dié versameling en vyf van Suid-Afrika se mees vooraanstaande Afrikaanse skrywers lyk of hulle meeding om die allerheerlikste vergeldingstories op te dis.

Dit word afgewissel deur ’n paar verhale oor spoke en monsters vir ’n knertsie of twee oordrewe, skrikaanjaende verbeeldingsvlugte. Quintus van der Merwe se “Die man met die groot ego” in die middel van die boek verhoog die verspotheid en word nog komiekliker wanneer die ironie van die titel jou tref.

Tussendeur is daar stories wat dieper delf in misdadigheid; stories wat meer is as ­blote vermaak.

In “Vuurdoop” laat Odette Schoeman ’n nuwelingpolisieman sy ysingwekkende storie vertel wat in die troebel vroeë 1990’s in die township Katlehong afspeel. Dié spanning word verlig in Deon Meyer se dig geweefde, nugtere storie wat vertel word deur ’n man wat “Die perfekte moord” op sy vrou beplan. En dan pluk Bloemhof die leser terug na die afgryslike werklikheid in sy “Skemer staan vir huis toe gaan”, ’n verhaal oor die reeksmoorde op jong seuns.

Jy sal effens verligting en ontvlugting vind in die elegante, James Bond-agtige stories vol finesse en onwaarskynlike stoutmoedigheid en in onvergeetlike verhale soos Herman Wasserman se “Afspraak”, ’n hartverskeurende storie uit die mond van ’n getraumatiseerde tienerseun wat toegesluit sit in ’n rehabilitasiesentrum.

Harry Kalmer se “Die nag van die Jägermeisters” is ’n ontnugterende blik op die moontlike gevolge as jy nou in Suid-Afrika betrap word dat jy onder die invloed van drank bestuur.

En dan kry jy ’n vaardige spel tussen karakters in nog ’n hedendaagse Suid-Afrikaanse stuk deur Meyer. Sy “In die bloed”, wat afspeel in ons polisie, paar twee uiters uiteenlopende persoonlikhede om ’n moordraaisel op te los.

Naskrif: As jy die versameling Donker veld: Afsprake op spanningsterrein gelees het wat in 2003 verskyn het en nou uit druk is, sal jy die 11 verhale in daardie boek in Donker plekke vind. En die lekkerste lekker is jy kry hulle saam met tientalle nuwe stories deur skrywers in die toenemend suksesvolle Suid-Afrikaanse misdaad- en spanningsgenre.

Moira Richards is ’n vryskut­skrywer van George.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.