Drome maak sin van lewe

2014-01-04 22:50

Annelie Ferreira

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die moeilikste deel van skryf is om haarself toe te laat om eers vrot te skryf, sê Annelie Ferreira in gesprek met Riette Rust.

Sy skryf al “storietjies” vandat sy baie klein was, vertel Annelie Ferreira, bekroonde kinder- en jeugverhaalskrywer.

Op 30 Julie het haar roman Maar Tintin in Tibet by Tafelberg verskyn en onlangs het ­Human & Rousseau haar jeug­roman Dit vat guts uitgegee.

Sy woon deesdae in Bristol, Engeland, en kuier so drie maal per jaar in Durbanville in die Kaap.

Ferreira het as kind besef sy het talent toe die redakteur van ’n destydse tienertydskrif, Tina, haar gelukgewens het met haar kompetisie-inskrywing, ’n storie oor haar eerste dag op hoërskool. Die redakteur het voorspel sy sou ’n “skryfster” word.

Nou skryf sy heeltyds en haar jeugverhaal Tot siens, koning Arthur (Tafelberg) is in 2011 met die goue prys in Sanlam se kompetisie vir jeuglektuur bekroon.

Ferreira het bekend geword as ’n skrywer van nie-fiksie. In werke soos Die dag toe ons God gevang het en Eva ontmoet Einstein ondersoek sy tradisionele godsdiensbeskouings, ’n tema wat ook in haar twee jongste romans neerslag vind.

Haar belangstelling in godsdienssake kom uit haar grootwordjare. “Toe was baie dinge in ons samelewing weggesteek. Jy het nie vrae oor politiek of godsdiens gevra of gesê hoe jy voel nie.

“Baie dinge het nie vir my sin gemaak nie. Ek wou ook nie my lewe volgens ander se sieninge leef nie. Ek is nie op ’n kruisvaart hieroor nie, maar deur my skryfwerk wou ek die grense losser maak.”

Ferreira meen ’n skrywer dra meer oor deur fiksie as nie-fiksie. “Want jy betrek ander fasette van jouself en spreek ander fasette van die leser se lewe aan.” Sy glo die uitdrukking: “What is truer than truth? The story.”

Aanvanklik was die skryf van fiksie ’n skrikwekkende gedagte.

“Maar dit raak makliker en lekkerder, jy moet net eers so 10 000 uur se oefening insit.”

Sy het Dit vat guts eintlik al sewe jaar gelede begin skryf en die halfvoltooide manuskrip eers aan lesers gegee. Kobus Geldenhuys, die Human & Rousseau-keurder wat self ook skryf en vertaal, het haar baie geleer.

Ferreira se destydse werk as taalpraktisyn by Sanlam se taaldiens en as teksredakteur by Human & Rousseau het haar die taalreëls geleer.

“Dit gee jou selfvertroue as skrywer.”

Dit vat guts handel oor die tiener Mia wat probeer sin maak uit haar pa se kanker. Maar dis nie ’n neerdrukkende storie nie. Inteendeel. Dit wemel van volronde karakters aan wie se lippe die leser hang. Die humor laat jou dikwels hardop lag.

“Ek wou kyk of ek ’n storie kon skryf wat hartseer én positief is. Een wat oor komplekse goed handel, maar ook maklik verstaanbaar is.”

Haar stories kom uit haar onbewuste, sê Ferreira.

“Ek werk dikwels met my drome en lê dit vanuit ’n Jun­giaanse perspektief uit. Dis nuttig in die lewe en in my skryfwerk. My drome sit dinge aanmekaar wat ek nie bewustelik kan doen nie.”

Wat in haar lewe gebeur, dien eweneens as inspirasie. Toe sy oorsee gaan woon het omdat haar man, Joubert, daar as aktuaris gaan werk het, het dié verandering tot die skryf van Maar Tintin in Tibet gelei. Aanvanklik wou die storie met twee vroue op verskillende kontinente nie vlot nie, vertel sy.

“Maar toe pop Tintin in my kop.”

Dis uit die perspektief van ’n manlike student, Lukas Kruger, en handel onder meer oor sy verhouding met sy rigiede pa wie se huwelik en politieke en geloofsoortuigings uitgedaag word.

Ferreira skryf suksesvol in die eerste persoon, al waarsku literatore dat dit met groot omsigtigheid moet geskied. “Dit werk vir my, want ek kan my karakters baie lewendig maak.”

Soos met die Tintin-titel (uit die lirieke van Gert Vlok Nel), span Ferreira dikwels interteks­tualiteit in. En volwassenes én jonger lesers geniet dié roman.

“Die moeilikste deel is om myself toestemming te gee om aanvanklik swak te skryf.”

Daarna herskryf sy ’n roman maklik 20 keer. Die gegewe en karakters word nie vooraf in besonderhede uitgedink nie. “Daar is meer in ’n mens se kop wat jou kan help as wat jy besef. Ek vertrou net die proses.”

As “buitelander” het sy ’n nuwe perspektief op ons land en sy mense. “Ek maak op ’n ander manier sin van dinge.”

Die deel van haar wat Afrikaans en Suid-Afrikaans is, tree sterker na vore.

Dié dat sy steeds in Afrikaans skryf.

Oorsee verlang sy erg na haar dogters, Louise (25) en Karin (22), maar hulle help nie met die loslit-tienertaal in haar jeugboeke nie. “Daarvoor praat hulle te suiwer.”
Sy luister eerder hoe ander jongmense praat en lees die tienerbylae Jip.

Dis nie altyd maklik om met ’n skrywer saam te leef nie, sê Ferreira.

“Want wat huistake betref, is ek maar ongeorganiseerd en laat ek baie aan my man oor. Ek is ook sensitief, emosioneel en ’n groot introvert. Ek hou van mense, maar hulle maak my later moeg.”

Haar grootste pluimpie kom van haar skoonma (94). “Hou jy jou nog besig met skryf?” het sy destyds gevra. So asof dit ’n tydverdryfie is.

Maar toe haar skoonma kort voor haar dood Tot siens, koning Arthur lees, het sy gesê: “Annelie, jy moet skryf. Jy is ’n skrywer.”

Rust se Die AA tot OE van seks is ’n topverkoper.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C High level clouds. Cool. Pta: 2-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: -2-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 8-22°C Sunny. Mild. PE: 13-17°C a few showers. More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Technician

Johannesburg
The Prestige Personnel Agency
R10 000 - R15 000 Per Month

Civil Draughtsperson

Johannesburg
JLink Selections
R220 000 - R240 000 Per Year

Receptionist/Admin Oficer for Private College

Randburg
LNH Recruiters
R11 000 - R13 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!