'Ek skryf die boeke wat ek sal wil lees'

2011-11-05 13:18

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rudi Nel: Is jou karakter, Bennie Griessel, dalk geskoei op iemand wat werklik bestaan of het hy gestalte gekry tydens al jou navorsing oor misdaad en die gepaardgaande ondersoekbeamptes?

DM: Om karakters te skep is een van die lekkerste dele van die skryfproses en om hulle op regte te mense te skoei, sal dié pret vir my bederf.

Bennie was nooit bedoel om ’n protagonis te wees nie – ek het hom destyds in Feniks geskep om ’n bietjie lig en humor in die ietwat donker boek te bring. Maar hy het botweg geweier om ’n newekarakter te bly: Bennie het telkens dinge op die bladsy laat gebeur die oomblik wat hy in ’n toneel ingestap het. Ek het teen die einde van Feniks geweet hy gaan die een of ander tyd sy eie boek moet kry.

Antoinette Nel: Ek wil graag weet of jou persoonlike lewe jou werk enigsins beïnvloed en, indien wel, presies hoe?

DM: Ek vermoed dit is onafwendbaar dat mens se eie ervarings, sienings en omstandighede jou werk aanvanklik beïnvloed – dit is tog waaruit jy in die kreatiewe proses put, en dalk juis waarom elke skrywer se boeke uniek is.

Hoe? Daar is ’n duisend maniere, meestal klein en onsigbaar (ook vir die skrywer), soos byvoorbeeld kos-, restaurant- en musiekkeuses. Die belangrikste is dalk dat ek die soort boeke probeer skryf wat ek as leser sal geniet, dus my eie storie-voorkeure.

As dit kom by die wêreldbeskouing van karakters is ek ’n sterk ondersteuner van Mikhail Bahktin se heteroglossia-teorie. Ek het die konsep én die groot woord by die fenomenale Marlene van Niekerk geleer. Dit is bloot die idee dat daar altyd verskeie uiteenlopende stemme in ’n roman is wat met mekaar in gesprek is, veral in die sin dat skrywer en karakter op ’n manier in gesprek is met mekaar.

Met ander woorde, ek deel nie noodwendig Lemmer of Griessel se sentiment nie, maar ek kan die probleemstelling van ons hedendaagse samelewing voor hulle lê – en hoor wat hul reaksie is.

Ek probeer dus om karakters te skep wat in soveel opsigte moontlik van my verskil wat agtergrond, lewens- en wêreldbeskouing, psigologiese profiel, ensovoorts betref. Dit is noodwendig, want as die karakters soos die skrywer is, sal hulle almal dieselfde dink en optree – en die leser gou verveel.

Robert Young
: Is Stephen Leather (The long shot) jou tweelingbroer? Lees die boek en jy sal jouself herken en dalk my vraag verstaan.

DM: Weet nie, maar ek sal my ma gaan uitvra ...

Hannes Cilliè: Deon, noudat jy internasionaal bekend is en wêreldwyd gelees word, het dit jou karakterisering en storielyn enigsins verander sodat jou storie vir die breër leser meer aanvaarbaar is?

DM: As ek reg onthou, was Proteus die eerste boek wat ek begin skryf het met redelike sekerheid dat dit in verskeie ander tale en lande uitgegee gaan word. Ek het binne die eerste 50 bladsye besef ek sal nie altwee gode gelyk kan dien nie. Om die waarheid te sê, net om die Afrikaanse skryfgode gelukkig te hou is al moeilik genoeg.

Juis daarom het ek besluit om te hou by ’n beleid van ‘ek is die enigste leser wat ek regtig ken’, en ek probeer dus stories skryf wat vir my lekker sou wees om te lees (en natuurlik my Afrikaanse redakteur dr. Etienne Bloemhof se stempel van goedkeuring kry). En dan hoop ek my en Etienne se smaak sal by ander ook byval vind. (Storie is, glo ek, ’n internasionale taal. Wat in een land en taal werk, behoort globaal ook byval te vind.)

Eers ná vertaling en deeglike beraadslaging met my agent Isobel Dixon en my slim Britse en Amerikaanse redakteurs sal ek soms bywerk om die verskillende gehore tegemoet te kom – want die Britte, Franse en Duitsers weet byvoorbeeld veel meer van wat in ons liewe land aangaan as, sê nou maar, die Amerikaners en die Roemene.
So sal ’n boek soms drie weergawes hê: Die Afrikaanse, die Britse (ook vir die meeste ander Europese markte) en die Amerikaanse vir die (ahem) meer oningeligte lande ...

Lynette Veldman:
By die lees van jou briljante misdaadboeke wonder ek altyd oor die volgende: Stel jy eers ’n “raamwerk” of konsep van karakters, hul doen en late, aksies, situasies, plekke en ontknopings op en vertel dan die stories rondom hierdie stelsel om een groot “totaal” te skep, of vloei die storie sommer vlot uit jou kop en pen? Hoe op aarde bring jy alles so verbasend bymekaar? En, as ek mag?… waar kom al jou kennis van die polisie en alles daaromtrent vandaan? (Wat van die Lotz-moord… kan jy nie daar intree nie?)

DM: Baie dankie, Lynette, ek sit hier voor die rekenaar en bloos.

Ek weet nie of ek daartoe in staat is om die beplanning van ’n boek te verduidelik nie, veral omdat dit nie ’n?doelbewuste of resepmatige proses is nie. Maar omdat meer as een van die lesersvrae daaroor handel, gaan ek my bes doen:

 ’n Storie begin gewoonlik met ’n vae idee. Met 13 Uur was die oorspronklike idee iets soos “dit sal interessant en lekker wees om ’n roman te skryf wat binne ’n beperkte aantal ure plaasvind”. 7 Dae het sy oorsprong gehad in onder meer die interessante inligting oor swart ekonomiese bemagtigingstransaksies waarvan die vlymskerp beleggingskenner Theo Winter my vertel het. Hierdie kernidees word die katalisator van ’n speelproses (of is dit ’n speelse proses?) waarin ek karakters en potensiële gebeure oordink wat by die konsep sal pas.

Ek beplan nooit op papier nie, ook nie in enige detail nie. Wanneer ek begin skryf, het ek bloot ’n breë konsep (of twee, drie) van wat moontlik kan gebeur – en ek is tevrede dat dié konsep(te) sal kan werk wat struktuur betref.

Vir my lê die genot van skryf juis daarin dat ek karakters binne ’n bepaalde gegewe sal plaas en vir hulle die ruimte gee om self, volgens hul persoonlikhede, oplossings te vind. Dit beteken nie hulle neem alle beheer van die skryfproses oor nie, dit is ’n soort vennootskap tussen skrywer en karakters waarin ek die verantwoordelikheid het om die verloop voortdurend te beoordeel – en in te gryp waar nodig.

Die belangrikste punt wat ek wil maak, is dat ek net die breë trekke van die storie ‘beplan’.

Die res gebeur as ’n organiese proses wanneer die karakters met mekaar, hul omgewing, my navorsing en die breë storie-idee interaksie het.

Kennis van die polisie is blote navorsing, en natuurlik die ruimhartige deel van insig en inligting van mense soos kapt. Elmarie Myburgh, kriminele gedragsontleder van die SAPD se ondersoekgerigte sielkunde-afdeling, en kol. Renier du Preez van die direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoeke, om maar net twee te noem.

En die tragiese Lotz-saak? Ek sal vir Bennie moet vra of hy kans sien ...

* Bestel die boek hier.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R500000

BI Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R15000 - R20000

Junior BI Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R144000 - R240000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.