Elk ewe genotvol op eie manier

2012-08-19 00:15

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jeugkarakters wat papierbeen uit die boekbladsye klouter en die werklikheid instap. Dít is wat gebeur wanneer jy Nanette van Rooyen se Ek was hier, wenner van die jongste Lapa-jeugromanwedstryd, en die naaswenners, Betower deur Fanie Viljoen en Permanente ink van Carina Diedericks-Hugo, lees.

Ek begin by Ek was hier. Frankie van Luffelen is versot op kunsflieks en haar skaatsplank. Haar ma, Elena (of “Ma Suspisie” soos Frankie haar noem), is ’n juweel-ontwerper wat in die hippie-era gebore is. Sy het “die hele planeet en al sy inwoners lief”. Ben, Frankie se Vlaamssprekende pa, is ’n sjef wat soggens op sy Boy-scooter werk toe ry met sy helm wat soos ’n vingerhoed op sy bos hare pryk.

Dan is daar die misterieuse Milan, die nuwe ou in gr. 10. Milan hou van old school-musiek en kyk flieks soos The Motorcycle Diaries en In the Valley of Elah.

Milan is mal oor straatkuns. En oor Frankie. Snags laat hy vir Frankie allerlei graffiti-boodskappe en leidrade in Groenpunt. Eers wonder Frankie oor die geheimsinnige swart karton-rot met die rooi stert wat oor haar vensterbank kronkel. Dan begin sy lees aan ’n boek wat in haar tuin gelaat is, Banksy: Wall and Piece. Geleidelik word Frankie aan ’n nuwe wêreld blootgestel waaraan sy later begin deelneem: ’n wêreld van guerrillakunstenaars, stencils en spuitverf, en saadbomme. ’n Wêreld waar graffiti stil-stil op vuil mure skree.

Só word Groenpunt die papier waarop Milan en Frankie hul liefdesverhaal skryf.

Die titel Ek was hier sinspeel op die eksistensiële behoefte van die mens (en veral die tiener), asook die (graffiti-)kunstenaar om ’n nalatenskap te hê. Dit figureer ook prominent in die verhaal wanneer Milan in die hospitaal beland en Frankie ’n kaartjie met die woorde “Ek was hier” by hom laat. Ek was hier is ’n fyn genuanseerde, beeldryke, alternatiewe liefdesverhaal wat die hedendaagse tiener sal bekoor. En as ’n mens dié jeugboek neersit, weet jy: Nanette van Rooyen was hier.

In Fanie Viljoen se Betower sê Nadia vir haar klasmaats: “Ek dra ’n geheim in my rond.” Die woorde is ’n belydenis, maar dit bly in haar kop, waar dit die minste kan seermaak.

Ná ’n voorval by haar vorige skool word Nadia deur haar ma na haar ouma in Magoebaskloof gestuur. Hier ontmoet sy vir Poenk. Poenk woon in Magoebaskloof se bos en kry sy kos in wit polistireenbakkies by die skoolkombuis.

Poenk, wie se vaal hemp in die son gedoop is en wat met sy kop diep in sy handpalms sit. Poenk met die dadelbruin oë waarin “die son, die bos en ’n spoor koekiekrummels” alles tegelykertyd is.

In die sprokiesbos leer Poenk vir Nadia wat die verskil is tussen ritselgroen, bangmaakgroen, geheimhougroen, fluistergroen, kieliegroen en flikkergroen. Die bos word toenemend ’n ruimte waarheen Nadia ontvlug; van die nuwe skool, van haar geheim, van haar bekommerde ouma, en van haar ma wat altyd op soek is na ’n nuwe skandaal en skinderstorie vir die poniekoerant. Maar Poenk het óók ’n geheim wat in die bos eggo.

Betower is ’n tienersprokie wat ’n uitstekende balans handhaaf tussen die werklikheid en fantasie.

Viljoen betower die leser met sy beeldende taalgebruik. Só word die bos beskryf as ’n plek waar “drome saam met stringe mos aan die boomtakke hang” en wanneer Nadia bekommerd lyk, sê Poenk dat sy “erdwurms” frons.

Volwassenes sal die poëtiese, simboliese aard van die verhaal waardeer, maar dis veral tienermeisies wat van liefdes- en fantasieverhale hou wat aanklank sal vind.
In Permanente ink deur Carina Diedericks-Hugo teiken die Romeo-en-Juliet-reeksmoordenaar in Kaapstad verliefde tienerpaartjies.

Die paartjies se lyke word elke keer naas mekaar en hand aan hand gevind, die meisies met ’n steekwond in hul bors en die seuns vergiftig. Insp. Liebenberg en konst. Jantjies probeer agter die kap van die byl kom voordat nog ’n paartjie slagoffers word.

Terselfdertyd kry vier van die Hoërskool Duiwelspiek se gr. 11-leerlinge die opdrag om die Ou Koshuis op te knap as deel van hul detensie-straf. Robert met sy vlamrooi hare is ’n rebel, Amir is ’n rekenaar-foendie en kuberkraker, die misterieuse Werner dra baie seer in hom rond, en Zelda die dromer skryf graag en dink die Ou Koshuis is ’n “steler van siele”.

Dan is daar dokter Burke, die skoolsielkundige, met wie die viertal verpligte sessies moet hê en wat boonop besonder baie van Werner se verlede weet. Maar Amir vermoed onraad wanneer hy agterkom dat daar glad nie ’n Harry Burke op Stellenbosch gestudeer het nie...

Wie is verantwoordelik vir die moorde? En wie is die volgende slagoffers? Dié vier uiteenlopende tieners raak toenemend betrokke by iets wat hulle nooit voorsien het nie. Permanente inkis ’n boeiende spanningsverhaal met ’n tikkie romanse en drama wat ’n tiener enduit sal wil lees.

Solette Stander het in 2011 ’n meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.