Evita praat uit die bed

2010-03-06 22:50

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Moenie verder soek vir ’n portret van ons tyd – en aptyt – nie.

Evita Bezuidenhout staan trots, guitig en stralend op haar omslag. En dis reg só. Sy’t rede. Met een slag wend sy haar volle glorie aan om ’n uitlokkende, leesbare resepteboek te skep.

Van die vindingryke omslag (wat dadelik van die boek ’n versamelstuk maak) tot by die register agterin is Kossie Sikelelaanders. Daar’s baie wat jou laat lag, en nog meer wat jou kombuis toe stuur. Boonop met ’n woord vooraf deur Sophia Loren, die enigste vrou wat ta’ Evita in die skadu stel aangaande volrondheid!

Linda Vicquery verdien baie lof vir die illustrasies en ontwerp van die boek, en het skynbaar ook die tante bygestaan met die resepte. Die inslag is eg-Suid-Afrikaans, en die dramatis personae plaaslike helde – van Pik via Madiba tot Alan Boesak en so. Natuurlik ook die tante se familie.

As die boek jou nie kielie nie, wil ek net weet: Wat’s verkeerd met jou?

Dis waaroor ons oor tee en skons geklets het:

In sommige opsigte herinner tante se boek sterk aan Isabel Allende se Aphrodite. Die groot verskil is dat ta’ Evita meer in kontak is met tante se innerlike woelwater as Allende, of hoe?

Laat ek net begin om te sê: Isabella Allende het my gruwelik beledig toe ons mekaar in Lima, Peru, 2002, raakgeloop het. Ja, ek weet ons sit nie langs dieselfde politieke vuur nie, maar om so onbeskof te wees – net omdat ek ’n Afrikaner is? So, ek het daardie boek van haar nie gelees nie. My innerlike woelwater, soos jy dit noem, is basies my fontein van optimisme wat my ondanks die draaikolke van pessimisme bo die malle waters hou.

By die Hoenderfrikkadelletjies (bl. 79) sien ek daar’t hoendervleis oorgebly náSondag se ete – hoekom?

Ek kook maar altyd vir die hele kabinet, of die hele kerkraad. Daar is iets anders aan ’n volgende dag se smaak. Behalwe met vis. Maar hoedervleis hou. ’n Flop? Ekskuus, engel, maar nie tannie nie.

Daar’s ’n pragtige foto van Evita en Madiba. Kan tante onthou wat die storie was wat hy tante vertel het netvoor die foto geneem is?

Dit was in Maart 1994 tydens die aanloop tot die verkiesing. ’n ANC-rally in Retreat in die Kaap. Alan Boesak het my genooi om by Madiba te sit. Ek dra natuurlik my Voortrekker-rok, so tussen die ou vyande! Ja, kan jy dit glo? Nelson Mandela’t vir my vertel dat hy die dag vantevore by die Wildernis ingeloer het by P.W. Botha. Nogal vir hom “your old boyfriend’’ genoem, die stoute kabouter. Toe vra ek of hy die ou krokodil op sy kop gestreel het – en daar lag ons soos twee skoolkinders!

Ek het Adri se skons (bl. 82) gemaak en was aangenaam verras. Wie was Adri – dalk daardie Geldenhuys-ouwat in ’n stadium slot vir Noord-Transvaal gespeel het?

Adri? Ek wil nie nou uit die komberse praat nie, maar uit gewoonte onthou ek almal by hul troetelnaam. Ek kan net sê Adri was nie by rugby betrokke nie. Of Jackie Onassis se man nie! Ons het hom Olie genoem!

Op bl. 87 het tante ’n allerpragtige halssnoer aan. Dit moet iets besonders wees, want dit lei die aandag heeltemal af van die borde teen die muur op die agtergrond. Stel my asseblief net gerus – tante het nie die halssnoer aspris gedra omdat die borde eintlik muurpapier is nie?

Die borde is eg en gemaak uit visbik-biljette deur die vroue betrokke met Wola Nani (www.wolanani.co.za). Die enigste probleem is die slakke hou van die gom en kom vreet aan die bakke as ek nie dophou nie. Die pragtige etniese Bapeti-tabberd is deur Errol Arendz en ja, die halssnoer is ’n triomf. Uit Etiopië.

Om te dink tante se Kaneelsroosterbrood op bl. 99 was nog al die jare onder mens se neus en jy het nooit daaraan gedink nie?

En raai wie’t dit vir my geleer? Margaret Thatcher in die kombuis van Checkers net ná sy haar tweede termyn gewen het. “Cinnamon toast” klink so deftig en smaakvol.

Dit was vir my ’n verrassing om op bl. 32 te lees dat tante soms vir ons geagte president Karoolam voorsit – net die beste skaapvlees is goed genoeg vir hom. Maar ek is baie bekommerd oor tante – wat doen mens as die president dalk vra of daar ’n stort is wat hy later kan gebruik?

Ek hou baie van Jacob Zuma. Hy’t my nog altyd met groot respek behandel. Wel, nou ja, ek was nog nooit alleen met hom in ’n kamer nie, maar hy laat my nog toe om hom by sy Zoeloe naam, Innocent, te noem. En daar is altyd ’n trop mense by as hy kom eet. Die vier ZuMamas, die 20 kinders en Julius Malema, wat ek glo sy seun is.

’n Volk wat nie sy helde vereer nie, is sommer robbies, nè? Ek is so bly tante en Pik Botha hou so goed kontak. Maar sê vir ons wat nog altyd heimlik gehoop het dat tante en Pik, wat tog so ’n alleenloper is, eendag by mekaar sal uitkom, sê vir ons of hy ooit ook vir tante gedigte geskryf het.

Pik Botha is mos my oudste, mees geliefde vriend. En sy gedigte lê orals rond – opgeplak op mure en weggesteek in Uys Krige-digbundels. Ek is baie lief vir hom en ons praat dikwels. Pik faks my gewoonlik elke Vrydagaand vir die potjiekos-resep. Dis eintlik syne, maar teen sewe uur as hy my bel, weet ek nie wat hy sê nie. En hy weet nie wat hy bedoel nie! Dus faks ons mekaar liewers.

Boesak se Brabbelbrousel werk wonderlik. Ek het selfs eendevet gebruik. Maar tante moet tante se invloed gebruik asseblief en Alan afraai om hierdie aartappelgereg gereeld te eet, sy hart gaan dit nie hou nie!

Eendevet is baie gesond, dit beveg cholesterol. ’n Egte Franse paradoks. En Alan is ook heelwat paradoksies: waar hy sit, hoog verhewe op sy morele-hooggrond net verby sy ego.

Gaan die Empire-lyn ooit terugkom?

Natuurlik! As ons president so besig is om sy “kultuur” nagteliks (en ook daagliks) te vier sal baie vrouens daardie pênsie moet verberg – en die Empire-lyn is ideaal. Dis ook vriendelik met dames van my ouderdom.

Jammer julle mans het nie ook so ’n keuse nie!

Kerneels Breytenbach is ’n skrywer en oud-uitgewer.

Lees meer oor Evita by www.evita.co.za


Deur Evita Bezuidenthout.

Uitgewer: Random House Struik.

Prys: R150.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.