Hoe lyk Mnr. Perfek?

2012-02-04 14:09

Is Fabio vir jou die perfekte man?

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hoe lyk Mnr. Perfek?

“Die perfekte man is lojaal, eerlik en skoon,” lui ’n beriggie verlede jaar in die Britse Huffington Post. En volgens die 58 Britse skrywers van liefdesromans wat deelgeneem het aan navorsing vir die Festival of Romance is tall, dark and handsome agter die stuurwiel van ’n spogvuurwa en duiselingwekkende lakengimnastiek nie eintlik allernoodsaaklik vir ’n liefdesheld nie.


Lojaliteit was bo-aan 91% van die respondente se lys, eerlik het 89% se stemme gekry en skoon (mooi verskans onder die term “persoonlike higiëne”, wat seker ook lekker ruik insluit) 88%.
Die vierde plek op die lys is gedeel deur “gaaf” en “sin vir humor”, albei met 86% van die stemme. Eers daarna het intelligensie (85%) en beginselvastheid (81%) gevolg.

Maar die meeste respondente het saamgestem dat ’n liefdesroman die beste plek vir ’n vrou is om ’n romantiese, perfekte man te vind...

Hoe, het ek ’n paar Afrikaanse skrywers gevra, lyk hul perfekte held?

Wilna Adriaanse, wenner van ’n ATKV-Woordveertjie verlede jaar vir haar liefdesroman Vier seisoene kind, sê: “Ek begin nie met ’n held-prentjie nie. Elke storie vra ’n eie held. Hul fisieke voorkoms kan varieer en hulle hoef nie almal soos ’n tradisionele held te lyk nie. Maar my helde moet asseblief tog net intelligent wees met ’n baie goed ontwikkelde, effens aweregse humorsin.”

Vir Kristel Loots, wat al 42 boeke en tientalle liefdesverhale geskryf het, is die enigste vereiste dat haar held alles moet wees wat ’n man van vlees en bloed nie is nie.

“Hy luister intens en belangstellend na jou diep en sielvolle gesprekke oor die lewe en die liefde. (Ja, sure!) As jy derms wil uitryg, is hy beskikbaar. Met troos en onderskraging en ’n skoon sakdoek uit sy binnesak – al sal jy ver soek om deesdae ’n man te kry wat ’n sakdoek met hom saamdra.”

Nee, nee, sê sy, vergeet maar van Skoonlief en die Ondier. “So edel is geen vrou nie. Die held hoef nie heeltemal die Camel-man te wees nie, maar wie’t nou lus vir ’n ondier? Dis vir die leser genoeg dat sy elke dag van haar lewe met een saamleef.”

En onthou tog hoekom vroue (en mans) romantiese fiksie lees. Na die duiwel met Skoonlief se diensbaarheid en stille lyding. “Ons wil almal Aspoestervroue wees, ongeag ons skoen- of rokgroottes. Ons wil weggevoer word uit ons sleurbestaan en op ’n troontjie geplaas word – deur ’n ware man met brute krag. En natuurlik is hy geestelik sterker as al die predikante wat jy ken saam.”

Vir Marida Fitzpatrick, skrywer van Iemand vir ’n scoop?, is intelligensie die enigste vereiste vir ’n held.

“Verder maak dit nie saak of hy lank of kort, donker of lig, oud of jonk is nie. Maar goed, daar’s darem perke...”

Nadia de Kock, skrywer van onder meer Heildronk op ’n gypsyromp (sy skryf ook as Nadia de Wet), skoei gewoonlik haar karakters se uiterlike op regte mense. Sy glo dit waarna sy in ’n man soek, is presies wat vroulike lesers in ’n held soek.

“Hy moet goed wees met wat hy doen. Daar is min dinge wat ’n man so sexy maak soos wanneer hy uitsonderlik is in sy werk of sy stokperdjies. Of hy ’n neurochirurg of ’n musikant is, hy moet die heel beste daarin wees. Hy moet beslis ’n goeie sin vir humor hê. Hy hoef nie ’n biljoenêr te wees nie, maar hy moet gemaklik kan leef.”

Chanette Paul sê haar helde is mans met selfvertroue en ’n sin vir humor. “Maar hulle is veral mans met integriteit, deernis en respek vir die lewe, vir hulself en vir vroue. En natuurlik is hulle sexy! Vir my is sexy nie noodwendig gekoppel aan voorkoms nie, maar my helde is meestal lank en fors gebou en gee die Camel-man ’n go.”

Nog ’n Woordveertjiewenner, Irma Joubert, sê haar helde se voorkoms verskil almal en ouderdom maak ook nie regtig saak nie.

“Die een ding wat hulle gemeen het, is ’n soort innerlike krag en ’n verstaan sonder dat woorde nodig is. En hulle is slim – ’n held kan dalk nog minder aantreklik wees, maar ’n onnosel held of ’n held met voete van klei gaan nie vir my werk nie.”

Maar oppas maar vir té perfek, waarsku Marion Erskine, skrywer van Donatello en die Volksie.

“’n Skrywer mag nooit sy lesers se intelligensie onderskat nie. Hulle besef geen held is perfek nie, maar hulle het tog hoë fisieke verwagtinge van ’n held. As jou Pablo alles reg doen en sê en in elke konfliksituasie breëbors aangery kom op ’n wit perd om die meisie te red, verloor jy jou leser.

“Neem nou maar vir Bruce Willis in die Die Hard-flieks. ’n Held moet soms bloei, sy arm breek en half-dood by die eindpunt aankom. Ek is ’n groot aanhanger van die sogenaamde underdog en daarom bestee ek ekstra tyd daaraan om lesers te oortuig dat helde normale mense soos hulle self kan wees.”

Maar hy meen sommige (die meeste) lees agter die held aan.

“Maar sonder om seksisties te klink, ek ervaar talle vroulike lesers verwag dat helde meer gespierd en bruingebrand moet wees en soos brandweermanne moet lyk. Mans, oor die algemeen, gee nie regtig om hoe die held lyk nie. Ons is soms meer realisties as dit by hierdie dinge kom. Ek dink daar is ’n baie dieper emosionele band vir vroue wanneer hulle lees.”

En uit die navorsingsnotas – wat sy ook met voornemende skrywers deel – van Cecilia Britz, uitgewer van romantiese fiksie by Lapa: “Daar is sulke mans, dié wie se ma’s of susters of vrouens hulle geleer het om die evageslag te verstaan, en dié wat wíl verstaan. Hy is nog mens, maar hy is evolved. Onthou, dis die ideale held van wie ons hier praat...

“Dink aan Rhet Butler in Gone with the Wind. Hy is ’n goeie voorbeeld van die ideale held. Hy’t Scarlet nie probeer verander nie. Hy’t geweet sy het haar vryheid nodig... en (het) haar woedeaanvalle en obsessies verdra. Hy was altyd dáár in haar tye van nood. Hy’t geweet sy’s ’n sterk vrou. Hy was nie hoogheilig nie, ietwat rugged, selfs ietwat van ’n rogue, maar hy het begrip, deernis en sterkte uitgestraal. Hy’t ’n sin vir humor gehad en homself nie te ernstig opgeneem nie.”

En die selfversekerde mnr. Butler het nie nodig gehad om met sy manlikheid te koop te loop nie.

“Maar bo alles het hy haar verstaan,” sê Britz. “Net jammer sy het dit nie waardeer nie!”

Ilse Salzwedel is die skrywer van onder meer Bloedsusters wat onlangs by Lapa verskyn het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.