Hul woorde sal ons steeds onthou

2010-04-03 11:39

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Fokofpolisiekar het in die afgelope sewe jaar tot ’n baken in plaaslike musiek én die hele Suid-Afrikaanse kulturele bewussyn gegroei, en nou verskyn Woorde – die groep se versamelde lirieke.

Hunter Kennedy het die meeste geskryf, maar enkeles is van Francois van Coke, drie deur laasgenoemde alleen en een in samewerking met Wynand Myburgh. Die kunstig gebundelde lirieke is volgens album in seksies verdeel deur foto’s, voorafgegaan deur vyf inleidings deur Antjie Krog, Danie Marais, Kennedy, Van Coke en “die fans”.

Dié publikasie is goeie nuus – nie net vir “die fans” nie, maar omdat hierdie bundel ook literêre meriete het. En nee, daarmee wil ek nie sê goeie lirieke is noodwendig goeie poësie nie.

In sy inleiding tot die gebundelde lirieke van Nick Cave, vra die skrywer Will Self: “[I]f lyricists are poets, then what are poets – presumably one-man bands without a band?” In die debat oor die verskil of verhouding tussen lirieke en poësie, stem ek saam met Self. Natuurlik is daar ’n verband: Albei spruit uit die behoefte aan vers en klank; poësie is destyds geskryf om gesing te word en sekere lirieke kan wel as poësie funksioneer. Maar om bloot ’n liriek as ’n gedig te beskou en dit as sodanig te ontleed en te beoordeel, is om lirieke te ontneem van ’n eiesoortige betekenis en impak.

Wanneer lirieke bestudeer word, moet die konteks waarbinne dit geskryf en ontvang word, nie uit die oog verloor word nie. Beteken dit nou dat lirieke nie as ’n vorm van poësie gebundel kan word nie? Glad nie, maar lirieke op papier, hoe “poëties” ook al, moet steeds beskou word as lirieke – dit wil sê die woorde van ’n liedjie waarbinne dit volle betekenis verkry.

Maar aangesien lirieke steeds nie die nodige literêre erkenning kry nie en daar nie ’n Groot liriekeboekbestaan wat dieselfde gewig as die Groot verseboekdra nie, kan ons gerus ook lirieke wat poëties funksioneer, om verskeie redes binne die poësiekanon waardeer.

Dis verstommend hoe baie van die redes wat André P. Brink in die Groot verseboek(2009) se inleiding vir die insluiting van sekere gedigte aanvoer, van toepassing is op lirieke in Woorde. (Hunter Kennedy is nie verniet ook onlangs opgeneem in Nuwe Stemme 4 nie.)

Een van hierdie redes is die vermoë van lirieke om ’n sekere tydsgewrig te artikuleer. Soos Krog in haar inleiding sê: “Nêrens anders is die proses van hoort en behoort, kritiek en aandadigheid, aanpas en verwerping van jong Afrikanermans so volgehoue, skerp en intelligent, oor so ’n lang tydperk aangebied as in die lirieke van Fokofpolisiekar nie.” Ook Danie Marais se inleidende essay beskou Woorde as ’n belangrike boekstawing van ’n tydsgees: “As jy wil weet hoe dit was om jonk, moerig, deurmekaar en Afrikaans te wees in die eerste dekade van die 21ste eeu, moet jy hier kom lees en luister. Na ’n meer snydende, gekonsentreerde blik op die koerslose erfgename van die ‘oranje, blanje blues’ van die ou wit Suid-Afrika en die verslae Afrikanerdom gaan jy ver soek.”

Verlossing en identiteit is brandende kwessies in Fokofpolisiekar se lirieke en benewens dat dit teruggevoer kan word na die posisie van die Afrikanerjeug ná afloop van die Afrikaner se politieke magsverlies, is dit ook die manifestasie van gefragmenteerde identiteite in ’n postmoderne samelewing.

Belangrike intertekstuele gesprekke is ’n verdere rede tot kanonisering wat Brink in die Groot verseboek noem. In Fokofpolisiekar is dié intertekstuele gesprek dikwels so vernuwend en fyn verweef dat dit ongetwyfeld bydra tot die poëtiese waarde van die lirieke. Dit toon ook ’n selfs nouer verband of oorvleueling tussen dié lirieke en die Afrikaanse poësie-sisteem.

Die gebruik van N.P. van Wyk Louw se “Jy was ’n kind” in die refrein van Heiden Heiland op die album Swanesang (2006) is miskien die bekendste van die literêre intertekste in Fokof se oeuvre: “jy was ’n kind / en al die helder wete / van bloed en maagdelikheid/ was eenmaal in jou oë”. In dieselfde liriek, soos Krog uitwys, maak Breytenbach se “lotus” egter ook sy verskyning as simbool.

Maar in Antibiotika (2008), blyk die invloed van literêre voorouers miskien die duidelikste. Die reël “hy wat nie kan dink / wie se harsings hard en stowwerig is” resoneer sterk met N.P. Van Wyk Louw se epiese gedig Raka (1941): “Raka, die aap-mens, hy wat nie kan dink, / wat swart en donker is, van been en spier”. Daar is ook ’n intertekstuele verband met Uys Krige se gedig “Die pad deur die woestyn” (1942) waarvan die laaste drie reëls lui: “Die pad deur die woestyn is eindeloos. / Die mens se leed is soos die pad deur die woestyn. Die mens se leed is eindeloos.” Nou sing Fokofpolisiekar: “ek leef in ongeloof / my leed is eindeloos”. En dan word C. Louis Leipoldt duidelik geëggo in: “wil jy stilstaan as ek voortgaan”, wat skakel met Leipoldt se “In ons dae” (1923) waarin “wil jy stilstaan as ek voorgaan” herhaal word (maar Leipoldt gebruik “voorgaan” nie “voortgaan” nie).

Die weerklanke van Afrikaanse literêre voorgangers word vervleg met ander intertekste met die gevolg dat Van Wyk Louw, Leipoldt en Krige ook met Nirvana en Radiohead in gesprek tree. Die woorde “ruik soos tienergees” is ’n direkte vertaling van Nirvana se treffer Smells Like Teen Spirit (1991), terwyl “?’n gekwesde dier in ’n hok / op antibiotika” verwys na Radiohead se liedjie A Pig in a Cage on Antibiotics (1997).

Terwyl lirieke soos Hemel op die platteland, Monoloog in stereo, Oop vir misinterpretasie en Antibiotika byvoorbeeld gemaklik as poësie funksioneer, is dit nie die geval by al die lirieke nie. Die meeste Swanesang-lirieke sal buite die konteks waarin dit geskryf is en gesing word (en ook hóé dit gesing word) moeilik op papier tot hul reg kom – só is Heiden Heiland, Skynheilig, Prioritiseer en Swanesangmeesterlike lirieke wat binne konteks gelees en waardeer moet word.

Wanneer gevra word waarom meer lirieke nie in poësiebloemlesings verskyn nie, is die antwoord dikwels dat slegs tekste oorweeg word wat oor ’n ISBN (’n nommer aan ’n gepubliseerde boek toegeken) beskik. Dié verskoning geld nou nie meer vir Fokofpolisiekar nie, en ek sal verbaas wees indien ’n paar van veral Kennedy se lirieke nie hul pad na die volgende uitgawe van die Groot verseboek vind nie, selfs al sou dit die anargistiese Hemel op die platteland ’n ironiese nadraai gee: “plaas my in ’n boks en merk dit veilig”.

Annie Klopper het in 2009 haar MA oor die opkoms van Afrikaanse rock en die lirieke van Fokofpolisiekar behaal. Tans skryf sy Fokof-polisiekar se biografie.

* Woorde is nie in die algemene boekhandel beskikbaar nie, maar kan by the The President teen R150, plus R20 vir posgeld en verpakking, bestel word. Stuur e-pos na izette@thepresident.co.za

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.