Immer aan’t verken, reis op smalle weë

2011-11-05 13:18

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Oepse daisy deur Johan Bakkes. Uitgewer: Queillerie. Prys: 170 (Bestel hier)

Van Johan Bakkes het die reisbundels Moer toe die vreemde in, Nou’s ons in ons donner in, Norrevøk en Samoe(r)sa reis al verskyn en nog is hy op pad. Dis glo van grootword op Saldanhabaai aan die Weskus dat hy so lief is vir avontuur, reis en die natuur.

En nou pas verskyn nog ’n bundel, Oepse daisy, wat net sowel “O bliksem”, “O gits” of “O magtag” kon gewees het, sê die skrywer wat as geoktrooieerde rekenmeester en ouditeur opgelei en nou verbonde is aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Iewers in die Paarl sal jy sy huis vind.

En hom dalk op ander paaie teëkom, maar weet ook: Die maklik begaanbare weë hou vir hom geen bekoring in nie. Vir hom altyd maar die smalle weë wat met bloedsweet gepaardgaan. Dáár waar min ander dit nog gewaag het.

En met “oepse daisy”, eerder as ’n kragwoord, is dit miskien tyd om Juanita du Plessis pleks van Jack Parow te speel, skryf hy in sy voorwoord.

Die titelverhaal dui immers op een van die skrywer se heel moeilikste reise – om kolonkanker te oorwin. In sy boek is oudergewoonte heerlike, avontuurlustige vertellings oor ver én naby reise, propvol humor. Maar nooit sonder deernis vir die medemens nie.

Dit gaan hier oor die sielsdinge van reis en verken, veel eerder as die plek en die pad daarheen. Die reis bly die tema, maar die ouderdom, erken hy, maak dat melancholie en nostalgie sy kop uitsteek.

Anderkant omdraai deur Jan van Tonder. Uitgewer: Protea Boekhuis. Prys: R140 (Bestel hier)

’n Dominee wat nie kan ophou pruim nie. ’n Wegholbruid. Pres. Paul Kruger se padwoede en ’n Boerekryger wat deur ’n haai doodgebyt is.

Dié stories kry ’n mens in Jan van Tonder (skrywer van onder meer Roepman, waarop ’n gelyknamige rolprent gegrond is) se Anderkant omdraai, ’n versameling kort-kortverhale, essays, sketse en anekdotes.

’n Heerlike leeservaring wat wissel van die humoristiese tot die melancholiese, die stuitige tot die diepsin­nige. Verwag om te lag én om geroer te word.

Van Tonder skryf oor die ou Suid-Afrika en die nuwe een, oor die wonder van onskuld en oor ouer word.

“Dat soveel temas en toonaarde binne die beperking van ’n koerant­rubriek oortuigend en boeiend gestalte kon kry, is ’n ware kragtoer,” skryf Daniel Hugo op die agterflap van die bundel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R500000

BI Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R15000 - R20000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.