Johannesburg - 'n wrang loflied

2010-02-06 15:05

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ek het “City Johannesburg’’ as eerstejaarstudent in 1986 teëgekom en dis tot vandag toe een van my gunsteling-gedigte.

My huistaal was Afrikaans en ek is dus in die Engels-departement se akademiese hulpprogram ingeskryf. Elke Vrydag­middag het ek tot twee ure lank gesukkel met die tutor Wendy Woodward (en sy sekerlik met my) om die geheime van critical analysis te ontsluit.

Ek veronderstel dit was gedeeltelik dié proses wat hierdie fassinerende gedig in my hart en in my kop laat vassteek het, saam met John Donne se “A Valediction: Forbidding Mourning”, W.B. Yeats se “The Second Coming” en T.S. Eliot se “Preludes”. Dat dié gedigte nou nog as van my gunstelinge tel, is ook hulde aan die tutor wat my onderrig het.

Deur die jare het ek ook telkemale teruggekom na “City Johannesburg”, in senior en nagraadse klasse en toe ek later self as dosent probeer het om dit met studente te deel. Serote het dit in 1971 geskryf en dit het die volgende jaar in Yakhal’inkomo (dit beteken “die loeiende koei”) verskyn. Hou dit in gedagte dat hy ’n paar jaar tevore, in 1969, vir nege maande as politieke gevangene in aanhouding was.

Die gedig boei my oor die manier waarop dit die politiek en die estetika versny. Hoe dit die wat en die hoe saamsnoer in ’n samehangende eenheid.

Die politiek is klaarblyklik: Die gedig skets die belewenis van Johannesburg van ’n swart arbeidersklas in die dompas-era. En dit is juis binne die dompas-konteks dat die gedig sy grootse stelling maak: Daar is, en was altyd, swart mense met ’n stedelike identiteit.

Die doel van die paswette was veral om swart Suid-Afrikaners uit stedelike gebiede te hou deur hul bewegings daar te reguleer. Die apartheid-voorveronderstelling was dat swart mense merendeels stamgebonde, tradisievas en landelik was. Hierdie landelike en tradisievaste identiteit het dus die regering se tuisland-beleid geregverdig, terwyl die paswette apartheid-Suid-Afrika gehelp het om die teenwoordigheid van swart mense in die stede as tydelike ongerymdheid te sien. Apartheid kon en wou nie toegee dat swart Suid-Afrikaners ook ’n stedelike identiteit het en in stede wil, kan en mag woon nie. Die gedig dring dus aan op ’n swart stedelike identiteit, en val so binne ’n tradisie van 20ste-eeuse stedelike poësie.

Met die herhaling van “Jo’burg City” (nege keer) laat dink Serote se gedig my aan die klokslagritme van Eliot se “Preludes”. Maar wat dit treffend maak, is ook die dubbelsinnigheid – en miskien teenstrydigheid – wat dit teenoor bogenoemde stedelike identiteit onthul.

Om iets of iemand te salueer is ’n gebaar van respek (of lof) sowel as onderdanigheid. En die eerste reël plaas die gedig ook dus binne ’n tradisie van Afrika- lof-digkuns (praise poetry): “This way I salute you”. Honderde lofgedigte begin só: “Dit is wat ek nou vir jou gaan sê”.

Hiermee open die gedig dan ook die vernaamste dubbelsinnigheid, naamlik die rol wat die stad in die spreker se lewe speel.

Dit maak ook gebruik van ander eienskappe van tradisionele lofgedigte, soos die herhaling van die saluut aan die stad (daar’s ook ander herhalings), en die opeengehoopte naamwoorde aan die einde van sinne: my pass, my life, my love, my dongas, my dust, my people, my death.

Maar lofgedigte gaan nie net oor lof aan ’n koning nie. Die imbongi (praise poet, oftewel lofdigter) het, vanweë sy posisie, die reg én die plig om te kritiseer. Hier word die kritiek ten dele met wrang humor versag: “my stomach groans a friendly smile to hunger”. Die stad is ’n vaderlike, maar nalatige god. Die pleidooi is uiteindelik eerbiedig, maar ook desperaat en weemoedig. As liefdesgedig het dit ’n gebroke hart.

Rustum Kozain is ’n bekroonde ­digter van Kaapstad.


City Johannesburg - Mongane Wally Serote

This way I salute you:

My hand pulses to my back trousers pocket

Or into my inner jacket pocket

For my pass, my life,

Jo’burg City.

My hand like a starved snake rears my pockets

For my thin, ever lean wallet,

While my stomach growls a friendly smile to hunger,

Jo’burg City.

My stomach also devours coppers and papers

Don’t you know?

Jo’burg City, I salute you;

When I run out, or roar in a bus to you,

I leave behind me, my love,

My comic houses and people, my dongas and my ever whirling dust,

My death

That’s so related to me as a wink to the eye.

Jo’burg City

I travel on your black and white and roboted roads

Through your thick iron breath that you inhale

At six in the morning and exhale from five noon.

Jo’burg City

That is the time when I come to you,

When your neon flowers flaunt from your electrical wind,

That is the time when I leave you,

When your neon flowers flaunt their way through the falling darkness

On your cement trees.

And as I go back, to my love,

My dongas, my dust, my people, my death,

Where death lurks in the dark like a blade in the flesh,

I can feel your roots, anchoring your might, my feebleness

In my flesh, in my mind, in my blood,

And everything about you says it,

That, that is all you need of me.

Jo’burg City, Johannesburg,

Listen when I tell you,

There is no fun, nothing, in it,

When you leave the women and men with such frozen expressions,

Expressions that have tears like furrows of soil erosion,

Jo’burg City, you are dry like death,

Jo’burg City, Johannesburg, Jo’burg City.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.