Knap debuut oor SA se skoolstelsel

2011-08-13 11:41

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Skool deur Theo Kemp. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R195

Dié roman ondersoek die skoolstelsel in Suid-Afrika. Op die mooi voorblad is daar ’n das van ’n private skool en agterop ’n verfrommelde en gebreekte band (“tape”), waarskynlik om te wys hoe onmoontlik dit was om die volle impak van dié verhaal te vertel.

Dit kan beskou word as new journalism; daardie soort teks wat veral in die VSA geskryf is deur figure soos Tom Wolfe en Truman Capote waarin werklike insidente of “trends” onder die loep geneem word. Dit is dan in die eerste instansie ’n soort tydsdokument. Skool deur Theo Kemp beskryf en ondersoek die skoolstelsel en die probleme daaromheen in ’n kwasi-outobiografiese vertelling. Ons lees dat dit Theo Kemp is, maar ek benader hierdie teks eerder as ’n fiksionalisering van die “ek”, net soos wat die vertellers by Wolfe en Capote gefiksionaliseer is. Dit is die skrywer, maar ’n skrywer gefabriseer deur die skrywer.

Dit is ’n pakkende vertelling wat die stinkende aspekte van geweld, tik-verslawing en gebrek aan dissipline aan die kaak stel. Die vertellende instansie gebruik ’n diktafoon om die aspek van waarheidsgetrouheid te onderstreep. Die leser is regdeur die vertelling bewus van die illusie van waarheid wat geskep én volgehou word.

Daar is onderhoude met mense en die verhaal se egtheid word versterk deur herinneringe aan ’n jeug waar die vertellende instansie as ’n outsider vir die leser geskets word. Hy is dus van jongs af buite ’n stelsel en soos dit dan bekend is aan vertellinge waarin hierdie soort karakter optree, is die waarneming duideliker en ongekompromitteerd danksy die blik van buite.

Kemp maak ook gebruik van Michel Foucault (veral Discipline and Punish) se siening van die panoptikum op bl. 125: “die bewaarders kan die gevangenes sien, maar nie andersom nie”.

Foucault gebruik dit as ’n metafoor vir hoe die mens se sigbaarheid hom weerloos maak vir die onsigbare magstrukture waaraan hy uitgelewer is. Dié filosoof het gesaghebbende studies geskryf oor hoé magstelsels gedrag aan bande lê. ’n Skool is immers ’n plek van dissipline en ’n ruimte van opvoeding. Wat gebeur as die “leerders” in opstand kom of uitgelewer is aan geweld op verskillende vlakke soos armoede, dwelmverslawing en bendes?

Ivan Illich se Deschooling Society kom ook aan bod wat die new journalism-aanslag beklemtoon. Enersyds is daar fiksionele ervarings; andersyds beleef ons werklikhede. Die Amerikaners tipeer dit tereg as “ faction”. Die verteller vra inderdaad hoe dié Foucault hom kon help om mag en instellings beter te begryp.

Die jeuggedeeltes is besonder konkreet en helder vertel en die roman lewer ’n soort utopiese blik op die plaaswêreld wat in felle kontras staan tot die distopia wat die nuwe Suid-Afrika impliseer met konflik, bedrog en verlaging in skoolstandaarde.

En die onveiligheid van ons skole.

Sogenaamde tuis-onderrig, leer ons, is ook nie onproblematies nie. Dit is geweldig duur en stel enorme eise aan die ouers. Boonop word hierdie praktyk ook as rassisties gesien.

Die hoofstuk op bl. 228 kan as ’n kort-kortverhaal gelees word, ’n besondere deug van die roman wat daarop dui dat hoofstukke goed afgewerk is en nie net sommer saamgeflans is nie. Die verhouding tussen die boek se ek en Dindi in die boek dra die vertelling. Die outeur skryf gedistansieerd en emosieloos, sodat skerp en onthutsende oomblikke ’n mens dikwels eers later tref.

Dis ’n roman wat ek met groot plesier gelees het, al 232 bladsye. Dit mis dalk die meedoënloosheid van In Cold Blood of die ironies-aweregse aanslag van Radical Chic & Mau-Mauing the Flak Catchers, maar vir ’n debuut is dit knap.

Die roman is voltooi as ’n projek in kreatiewe skryfkunde onder leiding van Marlene van Niekerk aan die Universiteit van Stellenbosch.

Joan Hambidge is professor in Afrikaans en kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 10-18°C High level clouds. Mild. Pta: 2-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 7-22°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Bespaar 25% op die gewildste 25 boeke!

Kry 25% afslag op die topverkoperboeke, wat insluit Low-Carb Living for Families, The Book Thief, How to Train Your Dragon en nog baie meer. Koop nou!

Tot 60% afslag met die opruimingsverkoping!

Bespaar tot 60% op toestelle, boeke, elektroniese ware, speelgoed, flieks en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe Afrikaanse uitreikings

Sien jy uit na die nuutse Afikaanse titels? ’n Vuurwarm verskeidenheid boeke is beskikbaar by kalahari.com. Bestel nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!