Korte mette: Verstaan jou pelle beter...

2010-06-05 15:19

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

The Widow’s Tale

Mick Jackson

Uitgewer: Faber and Faber

Prys: R169,95

Resensent: Margot Pakendorf

Mick Jackson is bekend om sy eerste roman, The Underground Man, wat in 1997 verskyn het en op die kortlys vir die Booker-prys was. In 2002 het Five Boys verskyn en in 2006 ’n kortverhaalbundel, Ten Sorry Tales.The Widow’s Tale is sy derde roman.

In The Widow’s Tale probeer Jackson die hoofkarakter se gemoedstoestand peil kort ná haar man se afsterwe. Sy is in haar vroeë sestigs en besluit skielik om hul huis in Londen te verlaat en in ’n piepklein, koue en ongerieflike huisie in Norfolk te gaan woon. Sy het nie kinders nie en net een goeie vriendin, Ginny, wie se telefoonoproepe sy probeer vermy.

Die verhaal is in die eerste persoon in dagboekvorm geskryf, los notatjies wat sy elke dag maak. Sy skryf soms oppervlakkig-snaaks, soms eienaardig outyds in die kort stukkies wat hier vat en daar los; haar verlede en hede opgeklits.

’n Mens kom gaandeweg agter sy treur nie eintlik oor haar man nie. Jy kan maar net vermoed sy treur oor haar ongeleefde lewe.

Sy gaan stap in die vleie en besoek dorpies en die strand. Sy drink baie en eet min en ongesond, en vrees al hoe meer sy gaan van haar kop af.

Gaandeweg kom jy agter sy het ’n kortstondige verhouding met ’n jonger man gehad. Maar nes haar man bly die jonger man ’n skim.

Die boek is ’n binnegesprek wat net oor haar, die weduwee, handel. Op die bedevaartdorpie Walsingham naby die dorpie waar die weduwee bly, woon sy die viering van die stasies van die Kruisweg by nadat sy ’n kaalvoet pelgrim die veld in sien stap het.

Aha, meen die leser, sy is op ’n pelgrimstog terug na haar verlede en besoek die stasies van haar seerkry. Sy het dan inderdaad aan die einde van haar verhaal ’n euforiese belewenis.

In die voorlaaste hoofstukkie (die hoofstukkies is maar bitter kort) meld sy dat sy kaalvoet na haar “own personal stations” sou loop, en sy meen “I can say with absolute conviction that these things (haar uitstappies, die boek oor Holbein wat sy gekoop het...) improve me. Heal me even.”

Nou ja toe. Teen ’n boek soos Joan Didion se Year of Magical Thinking wat elke skrynende stap van die karakter se rou en verlies dokumenteer, steek The Widow’s Tale nogal af.

Bygesê: die een boek is uit die maag geskryf, met “die lem van liefde” in haar hart, en die ander is deur ’n man wat hom na die gemoedstoestand van ’n weduwee probeer verplaas.

Die grappige sêgoedjies naas die oordrewe selfbejammering: “I contain within me vast reservoirs of pain and anguish” moet die weduwee in die Jackson-boek se depressie en waansin uitbeeld. Soms geslaagd, soms nie.

Daar sal seker vroue wees wat hulle in die weduwee se verhaal sal herken, en ander wat hul vriendinne beter sal verstaan ná die lees daarvan.

En dis al genoeg.

Home Away

Saamgestel deur Louis Greenberg

Uitgewer: Zebra Press

Prys: R180

Resensent: Shaz Hess


Ek is nog nooit so geboei deur die fyn balans tussen metafoor en vertelling as wat ek was met Home Away, ’n versameling reisvertellings en -kuns nie. Dit is allesbehalwe geïsoleerde lekker local stof.

Dit wys Suid-Afrika het sy plek in die wyer wêreld gevind.

Louis Greenberg van The Beggar’s Signwriters-faam is die redakteur en die 24 skrywers is met die hand uitgesoek om elkeen ’n uur in ’n dag in ’n bepaalde stad in die wêreld uit te beeld. Dis ’n versameling “stories waarin die grens tussen feit en fiksie vervaag in ’n dosyn tale en met twee dosyn weergawes van die waarheid. Saam skryf hulle ’n Suid-Afrika vir more wat gister ontoelaatbaar was.”

Vikas Swarup is ons kondukteur aan die begin van die reis. Wees voorbereid! Jy word om middernag deur Nairobi geswiep, beleef ’n sameswering om ’n politikus om die lewe te bring en draf dan Mauritius, Amsterdam, Sydney en Mainz kaf voordat die son opkom.

Havana is die laaste poëtiese nagbestemming en jy ontwaak in Kampala se warm arms. Nie wit nie. Nie swart nie. Suiwer Afrikaans. Deur die oggend word jy vinnig deur Lagos, Maun, Ushuaia begelei en dan voorwaarts na Oxford, Tokio en Los Angeles. Ná middagete in Brits-Colombia pleeg jy die perfekte misdaad in Moskou voordat jy in Dakar leer hoe om ’n kans te waag.

Home Away is soos ’n reeks beeldstuitings (freeze frames). Dit voel of jy 24 kortfilms deur 24 akteurs se oë bekyk. Maar dié versameling is meer as net ’n leunstoelreis. Die stories vertel van die ontheemding wat gepaardgaan met die oorsteek van geografiese grense, soms uit eie keuse, maar dikwels weens omstandighede – oorlog, ’n gebroke hart, resessie, ontsnapping.

Soms wil ons bly waar ons is. Soms moet ons gaan, aanbeweeg. Ander kere weet ons onafwendbaar dat ons ons pad terug sal vind na die plek wat ons altyd huis genoem het.

Die 24 stemme wat in Home Away weergalm sê een ding: Dat ons sin van plek en gevoel van tuis wees in die wêreld altyd afhang van hoe tuis ons met onsself voel. Dié idees resoneer deur die boek se ketting van vertellings.

Die opbrengs van die verkope van Home Away gaan om die helfte aan die Adonis Musati Project en Kids Haven, organisasies wat albei die behoeftes van vlugtelingkinders en -gesinne takel.

Monsters: History’s Most Evil Men and Women
Simon Sebag Montefiore

Uitgewer: Quercus

Prys: R139,95

Resensent: Herman Lategan


In Monsters: History’s Most Evil Men and Women deur die Britse historikus Simon Sebag Montefiore sal die geweldenaars wat in hierdie menagerie van monsters verskyn jou laat voel asof die wêreld deur maansiekes oordonder word.

Daar is 101 wreedaards wat elk per hoofstuk ’n dodedans met die leser uitvoer. Wees gewaarsku: aan dié boek kan jy net stuk-stuk proe, anders raak jy oorversadig en naar van al die menslike afval, bloed en derms.

Neem die smulpaap Idi Amin (1925 – 2003) van Uganda as voorbeeld. Hy het gereeld gevra om alleen gelaat te word in lykhuise sodat hy watertand aan die dooies kon weglê.

“Hulle het ’n heerlike sout smaak, brakker as die vleis van luiperd,” het dié bon vivant gesê.

Amin het Uganda heeltemal verwoes en onder sy bewind is meer as 300 000 mense uitgewis. Die tragedie was dat die wêreld kollektief in ontkenning geleef het en ’n baie lang ruk doodstil was oor sy vergrype.

Nog op eie bodem, maar verder terug in die geskiedenis word Shaka (1787 – 1828) in die soeklig geplaas.

Miljoene mense is dood in doellose etniese gevegte wat hy geïnisieer het om die Zoeloes die magtigste ras in Suidelike Afrika te maak. Toe sy ma in 1827 sterf, het hy heeltemal uitgehaak.

Interessant genoeg kry Robert Mugabe nie eens ’n volle hoofstuk in die boek nie en word hy maar terloops genoem.

Maar dis nie net in Afrika waar die skrikwekkendste walgworsies van die wêreld te vinde is nie. In Europa was daar dr. Josef Mengele (1911–1979), ’n Hitler-akoliet en die mediese offisier by Birkenau teenaan die Auschwitz-konsentrasiekamp in Pole. Oor die 400 000 mense is vermoor tydens sy heerskappy in hierdie kamp.

Hy was ’n psigopaat met ’n bedrieglik gesofistikeerde persona en iemand wat skielike, besete uitbarstings beleef het. Dan het hy mense laggend doodgeslaan, ander het hy lewend begrawe en vele is in ’n brandende put borrelende petrol gegooi.
Hierdie is maar ’n paar voorbeelde van die monsters wat in hierdie boek genoem word. Ons het nog nie eens geraak aan Lenin, Stalin, Leopold II, Mao, Pol Pot en Saddam Hoessein nie.

Daarvoor moet u maar gerus self die boek lees. Maar onthou: u is gewaarsku!



Bestel hier

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bloem: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 22-27°C Morning clouds. Mild. PE: 18-23°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Ward PA

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000 - R6000

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Analyst

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Cruze 1.6 LS
2011
R 199,900.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY02
2004
R 99,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.6 Trendline 5-dr
2011
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.