Lekkerlees-riller bied dapper ontrafeling

2011-11-26 12:34

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die geheime kamer deur Corlia Fourie
Uitgewer: Lapa
Prys: R170
Resensent: Annemarié van Niekerk


Die spanningsverhaal word feitlik deur mans geannekseer.

En nie net in Suid-Afrika nie, maar oral: manskrywers, manshoofkarakters, (meestal) manslesers.

Maar daar is verandering; al hoe meer vroue ruk na dié genre op. Nou onlangs stippel die riller-kenner Robert Gooijer in die Nederlandse koerant die NRC Handelsblad ’n suksesresep uit vir dié genre. Een van die bestanddele op sy lysie? ’n Vroue- skrywer. En as jy nie ’n vrou is nie, maar wil spanningsverhale skryf?

Dan maak jy of jy een is en gebruik ’n vroueskuilnaam, sê die heer Gooijer.

Bo-aan die Nederlandse topverkoperlyste pryk name soos Simone van der Vlugt, Esther Verhoef, Saskia Noort, Loes den Hollander, Marion Pauw en die onlangs oorlede Suzanne Vermeer (laasgenoemde ’n man wat inderdaad onder ’n vrouenaam geskryf het).

Ook ’n paar Suid-Afrikaanse vroue doen hul ding in dié genre, met onder andere Karin Brynard wat onlangs dié mark binnegebars het met ’n bom van ’n boek, Plaasmoord.
En nou is daar Corlia Fourie met haar lekkerleesboek Die geheime kamer.

Fourie skryf soepel en gemaklik – mens kan sien sy’t ’n geoefende skrywershand – en sy sleur haar leser van die eerste bladsy mee in ’n heerlike, goed geskikte verhaal wat soos ’n bulhond byt en nie sommer laat los nie.

Wanneer haar hoofkarakter, Sandra, ’n jong joernalis, een aand laat by haar woonstel opdaag, beland sy in Gert se netjies beplande strik. Wanneer sy haar bewussyn herwin, bevind sy haar in ’n vreemde, wit kamer.

Gert is met die eerste oogopslag ’n gekultiveerde en beleefde jong man, maar soos Sandra in die daaropvolgende maande agterkom, skuil daar ’n verwronge psige agter die fasade.

En ’n psigologiese stryd woed tussen Gert en Sandra. Elkeen probeer ’n strategie bedink om die ander een te deurgrond en sy/haar doel te bereik: Sandra wil haar nagmerrie ontsnap; Gert soek op ’n makabere manier na vrede en harmonie vir hom en die wêreld. Teoreties gesproke het elkeen se doel meriete, maar teorie is nie al wat tel nie.

Geleidelik word dit duidelik dat die titel nie net verwys na die fisieke kamer waarin Sandra met finesse gefolter word nie, maar ook na Gert se duistere psige, wat laag vir laag afgeskil word. Tot die vergifte pit: sy kinderjare en ’n verwronge moeder-seun-binding in ’n wanfunksionerende gesinsopset.

As sy ma nie meer daar is vir hom nie, moet Gert noodgedwonge ’n ander ma-figuur vind en wie is meer gepas as die maagd Maria of manifestasies van haar?

Die narratiewe ontrafeling van die warboel in Gert se kop word deel van die speurproses.

Maar dit is nie net godsdiens en sielkunde wat by hierdie spanningsverhaal ingespit word nie; die verwerking van mites en ou sprokies word ook bygetrek. Hierdie fasette (saam met bydraende perspektiefveranderinge en tydspronge) sorg vir afwisseling en die uitstel van ’n verrassende slot.

Sommige lesers kan ontevrede wees met die einde, maar ek haal my hoed af vir Fourie. Dit kos moed om ’n spanningsverhaal op so ’n noot te laat eindig.

Hierdie verhaalfasette en ook dat Fourie nie in verleidelike, sappige slaggate val nie – soos om aan Sandra se gevangenskap ’n seksuele dimensie te gee – verhef Die geheime kamer bo die ligte spanningsverhaal.

Tog voel dit soms of die skrywershand te sigbaar is in die “opheffingswerk”. Ek sou ook meer van Sandra se voor-Gert-bestaan wou weet; die manier waarop sy die krisis hanteer, onthul wel baie aspekte van haar karakter, maar daar gaap nog ’n paar leemtes.

Ook is die toon van haar brief aan haar ouers ongeloofwaardig. Sou ’n jong mens van vandag haar ouers in ’n brief aanspreek met “Liewe ouers” en afsluit met “Jul dogter…”?

Maar dit is klein haakplekkies in Fourie se andersins soepel vertelling.

As sy dié genre verder sou ontgin, hoef sy nie terug te staan vir topverkopers soos Noort en Kie. nie.

Annemarié van Niekerk is ’n vryskut- skrywer.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town IT
Market Related

Head of Tax / Senior Tax Specialist

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Structural Engineer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
R600000 - R900000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.