Murakami se genot lê steeds in raaisels

2012-01-28 12:36

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

1Q84 deur Haruki Murakami.
Uitgewer: Harvill Secker. Prys: R290. Resensent: Annemarié van Niekerk.


Japannese skrywers bekoor al eeue lank met hul ragfyn minimalisme. Die krag van die tradisionele Japannese roman lê nie in kragtige storielyne, groot konflikte, vreesaanjaende aksie of verrassende verteltruuks nie.

Mens verwag veel eerder ’n gedempte verteltoon oor innerlike belewing. Maar dié aanname word omvergewerp deur Haruki Murakami (gebore in Kioto, 1949) wat die afgelope 25 jaar Japannese én buitelandse lesers oorrompel.

Selfs jong mense van die “elektroniese generasie” vereer hom as ’n kultus-skrywer. Literêre kenners praat van hom as die “vernaamste lewende Japannese outeur” en “een van die wêreld se belangrikste hedendaagse skrywers”.

Sy mees onlangse drieluik, 1Q84, is met groot fanfare aangekondig as sy magnum opus. In Japan is meer as 2,5 miljoen eksemplare van dié dik, dik boek verkoop. (Die uitgawe beskikbaar in Suid-Afrika beslaan meer as 900 bladsye.)

Maar as jy eers begin lees, vergeet jy gou van die grootte; voor jy jou kom kry, is jy ingesuig in die afwisselende verhale van Aomame (vroulik) en Tengo (manlik), albei alleenlopers en albei op soek na liefdesvervulling.

Hierdie twee helftes word inhoudelik en struktureel op verskillende maniere herhaal. Só byvoorbeeld is daar die reële wêreld van 1984 en die parallelle wêreld van 1Q84 (die “Q” staan vir “question mark”). Al lyk dit aanvanklik asof hul wêrelde op geen manier met mekaar te make het nie, stuur Aomame en Tengo se lewens presies op mekaar af. Aomame is ’n giminstrukteur en ’n beroepsmoordenaar (met ’n gewete, nogal) wat haar op verkragters wreek. Tengo is ’n wiskunde-onderwyser met skryfambisie.

Op tienjarige ouderdom het hulle ’n oomblik lank in ’n leë klaskamer hande vasgehou. En al het hulle sedertdien kontak verloor, het ’n magnetiese band tussen hulle bly bestaan.

Daarom is nie een van die twee in staat om ’n gesonde verhouding met iemand anders te hê nie.

Vir seksuele plesier besoek Tengo gereeld ’n ouer, getroude vrou. Aomame besoek gereeld ’n kroeg waar sy en haar vriendin mans verlei.

Die verhaal begin waar Tengo van sy redakteur opdrag kry om ’n outobiografiese manuskrip deur ’n 17-jarige meisie genaamd Fukaeri te redigeer. Sy lê in dié geskrif haar grootwordjare bloot toe sy lid was van ’n sekte waar tienermeisies seksueel gemolesteer is.

Omdat Fukaeri disleksies is, moet Tengo met sy besonderse skryftalent (maar sonder sy eie idees) ingryp – weer eens die tema van “aanvullende helftes”.

Murakami weef ’n boeiende verhaal met baie los drade wat later weer met wiskundige noukeurigheid verbind word. Surrealisme, realisme, fantasie, spanning en sprokie word moeiteloos ineengevleg.

Om die enigma van hierdie kolossale boek te ontrafel is ’n genotvolle intellektuele uitdaging.

Annemarié van Niekerk is ’n vryskutresensent en woon in Nederland.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.