Naïef en briljant

2012-06-30 15:18

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kyk, wanneer die flapteks van ’n boek dit onomwonde stel dat “net iemand met baie lewenservaring” dié storie kon skep, verwag ’n mens – altans, ek het – iets met diepte.

En hoewel ’n mens nooit so vermetel sou wees om Esta Steyn se lewenservaring te betwyfel nie, weerspieël die verhaal van Die skrywer nie die diepte en lewenservaring wat op die flapteks belowe is nie.

Die storie handel oor Anabella Bennett, ’n joernalis by ’n Johannesburgse dagblad wat in haar verlof as huishoudster gaan werk vir ’n bekende, Oscar-bekroonde draaiboekskrywer uit Amerika, Arthur Addington.

Anabella, wat by haar aankoms op sy plaas “Ben” gedoop word, het as 16-jarige meisie halsoorkop verlief geraak op Arthur toe hy saam met ’n rolprentspan een van sy flieks in “donker Afrika” kom skiet het.

Ben, wat toe as “Ana” bekend was, se pa was die hoof van ’n sendingstasie in die omgewing. Sy het Arthur vlugtig ontmoet en sterre in haar oë gehad.
In ’n toneel waar Ana sien hoe Arthur ’n ander vrou liefkoos, skryf Steyn: Die meisie kreun. En Ana ook. Sy weet nie wat met haar aan die gebeur is nie. Saggies word haar liggaam wakker asof uit ’n donker slaap. ’n Oerbegeerte na iets wat sy nie ken nie, neem besit van haar. En sy wens dat die wit borste wat Arthur in die maanlig soen, haar borste is.

Nou, 11 jaar later en sy ’n rype 27 jaar, is Ana/Ben steeds hopeloos verlief op die man.

Dit is een van die grootste dinge in die boek wat pla. ’n Mens kan jou wel maklik indink dat ’n 16-jarige meisie halsoorkop verlief kan raak op iemand buite haar bereik.

Maar dis darem bra moeilik om jou in te dink dat daardie verliefdheid deur die jare kon groei tot die diep, standhoudende liefde waarmee onse Ben nou worstel.

Dit laat dié hoofkarakter net te naïef voorkom. Dit het veroorsaak dat die ontvouing van die verhaal en die sinspeling op ’n romanse tussen Ben en Arthur ook nogal naïef is.
As joernalis oortuig Ben ook nie werklik nie. Vir die doel van die verhaal kon sy netso wel enige ander beroep beoefen het, maar ’n mens kry die gevoel die joernalistiek is gekies om gewig te verleen aan die “geheim” waarmee Ben op die plaas aankom.

Arthur haat die media en dit sou dus potensieel katastrofies wees as hy moes uitvind die vrou onder sy dak is ’n joernalis.

Ben se besluit om nie ’n artikel oor Arthur te doen nie – weens haar ewigdurende liefde vir hom – oortuig nie, veral in die lig daarvan dat sy 11 jaar lank geen kontak met die man gehad het nie, as tiener op hom verlief geraak het en dat hy nie eens weet wie sy is nie. ’n Joernalis sou gebrand het om die storie te doen. Basta met die kamma verliefdheid en naïewe sterre in die oë.

Tog lees die boek heel lekker – ondanks Steyn se wisseling tussen Afrikaanse en Engelse dialoog en die naïewe storielyn.

’n Interessante, onverwagse kinkel aan die einde wys wel dat Steyn as skrywer weet wat sy doen. Die skrywer is springmielies op ’n koue wintersdag wanneer jy opgekrul onder ’n kombers voor die kaggel sit en jou brein ligweg besig wil hou.

Skoenlapper
deur Irma Venter is ’n ander storie en is ’n boek wat jy nie wíl neersit wanneer jy eers daardie eerste paar bladsye gelees het nie.

’n Mens kan net hoop dat Venter ná dié debuutwerk van haar sommer nog baie boeke gaan skryf.

Die verhaal handel oor Alex Derksen, ’n vryskutjoernalis in Dar es Salaam. Hy ontmoet Ranna Abrahams, ’n vryskutfotograaf wat ook daar werk. Hoewel Alex skugter is vir die liefde en dit hoofsaaklik sien as ’n resep vir Chaos (ja, met ’n hoofletter!), kry sy hart die oorhand en hy val pens en pootjies vir die mooi donkerkop.

Dit ondanks waarskuwings dat sy ’n manne-eter is en sy hart gaan fynkou voor sy dit uitspoeg.

Ranna praat nie graag oor haar verlede nie. Trouens, sy is uiters geheimsinnig. Wanneer ’n Amerikaanse IT-biljoenêr se lyk op die strand uitspoel, word Ranna ’n verdagte in die saak. En dit begin vir Alex lyk of sy iets het om weg te steek, al hou sy vol dit was nie sy nie.

Die storie is briljant geskryf. Dit neem jou op stofpaadjies en maak wilde draaie waarop jy nie altyd voorbereid is nie. Alex as joernalis en Ranna as nuusfotograaf oortuig met mening. As joernalis voel ’n mens soms dat jy van die werkverwante gesprekke en situasies self sou kon voer en beleef as dit jy was wat daar in Dar es Salaam was.
Met haar lewendige beskrywings van die lewe in Dar, soos die karakters dit noem, laat Venter jou voel asof jy self daar is.

Daar is ’n varsheid in haar gebruik van die taal en soms beskryf sy ’n emosie of situasie op só ’n oorspronklike manier dat jy dit weer wil lees om dit in te drink. So skryf sy byvoorbeeld oor die liefde (gesien uit Alex se oogpunt):

Daar is baie maniere om vir iemand lief te raak. Skielik. Stadig. Geduldig. Oordadig. Selfvernietigend. Obsessief.
Die liefde het meer kante as enige ander emosie. Meer vorme en gedaante. Meer sterftes, spoke en opstandings. Dit reik verder vorentoe en verder terug as enige ander gevoel. Dit het meer geskiedenis en toekoms ingeweef as haat, woede en waansin saam. Dit wil meer hê. Meer onthou. Dit wil altyd dinge wat verby moet wees oprakel, en tog wil dit ook alles vergeet. Vergewe. Miskyk.
’n Mens weet meer daarvan as van enige ander emosie, en ook minder. En as dit eerlik en rou is en nie ’n besluit nie, vang dit jou altyd, altyd onkant.


Dis maar ’n enkele voorbeeld van verskeie sulke oomblikke in die boek wat jou na meer laat smag. Venter mág maar skryf. En sy moet.

Sy lewer die soort skryfwerk waarop ek jaloers is en wat my laat wens dat ek eerste daaraan gedink het om iets te sê soos sy dit sê.

Ek kan nie wag vir haar volgende boek nie. Al het die einde van haar debuut my heeltemal onkant betrap en amper vies gemaak.

Maar dalk het sy dit doelbewus so beplan om ’n mens reikhalsend te laat uitsien na ’n opvolg? Want reikhalsend sien ek inderdaad uit na die volgende Irma Venter.

Amanda de Lange is ’n redaksielid van Beeld.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 17-25°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 1-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Cool. PE: 12-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!