OM SOOS ’N PEUTER POËSIE TE PRAAT

2010-07-31 17:32

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mitologiese en metaforiese taal is tonnels na hoop omdat dit die onmoontlike móóntlik maak. So bespiegel filosoof Paul Ricoeur: “With metaphor we experience the metamorphosis of both language and reality.”

Toe my eersteling tien maande oud was, het ons drie weke lank deur Frankryk getoer. Die laaste aand het ek hom in die wasbak van ’n gîte d’etape gebad. Ná die tyd het hy aan my gedrink – die krulle van sy agterkoppie nog nat, sy oë donker soos ryp brame – toe hy ’n eenwoordliedjie begin sing: “Mamama.”

Dit was ’n eerste tree na herkenbare taal – die hek wat oopmaak op die binnelandskap. Voor sy tweede verjaardag moes Aden die net-net honderd woorde in sy bekkie woes rondskommel om die planeet te omskryf. Soms het daar, natuurlik onwetend, die heerlikste metafore uitgeglip.

My elmboog was “Mamma-se-adamsappel”. Broccoli was bome. Gebraaide sampioene is slakke genoem. ’n CD was ’n wiel. My growwe leersandale het “akkedisse” geheet. En wanneer iemand oopmond lag, het hy na die rye tande beduie: “Mielies!” Eenmaal het hy hom aan ’n hoogswanger vrou vergaap. Daar is ’n baba in haar maag, het ek gefluister. Stralend van oor tot oor het hy dit uitbasuin: “Kangaroe! Kangaroe!”

Maar my grootste kopskuif was die keer toe ek hom in die rondte draai en hy uitgelate “vortex!” gil. Sien, kleintjies is maar skrikkerig om saam met die badwater weg te spoel en om dié vrees te besweer, het sy pa vir hom die draaikolk in die bad gewys. Dit ’n “naam” gegee. Vir hom was ’n dwarreldansie met sy ma niks anders as ’n vortex nie.

Ricoeur is reg – al dié vreemde, verregaande metafore hét my beskouing van realiteit van vorm laat verander. Afstand tussen geslote idees krimp eenvoudig en ooreenkomste word op verskille gebou.

Peuter is immers ’n werkwoord. Peuters sal sonder skroom of aansien des betekenis ’n woord uit die lug pluk, dit bekyk, bevoel, kou, uitspoeg, optel en dan die gepeuterde woord as delikatesse voorsit.

Van die lekkerste woorde wat Aden as tweejarige opgedis het was “grafieskraper” vir stootskraper, “verjaarsdag-eet” vir lekkertjies en “apiejane” – ’n mitiese mengel tussen aap en bobbejaan. My gunsteling was “opgetroos” (opgetel en getroos). Mooi beskrywende samestellings het soms opgeduik soos “waaibome” en “kleurvoëls”, maar ander verbindings was heel verdoemend: “My mamma is ’n mammamoet.” Kug-kug?.?.?.

Omdat bambino hier al om my skryftafel grootword en nie in ’n peuterskool is nie, is daar heelwat kans om hom af te luister.

Wat ’n verrassing toe die eerste (en tot nou toe enigste) bogrympies hier teen 30 maande uitglip, tong in die kies: “Eet die sampioen, skerpioen!” en “Dankie, my skattebol, my dennebol!”

Van toe af het sy tekeninge ook skielik naam begin kry. ’n Bruinpers smeersel verf is “olifantpoef” gedoop. ’n Collage van blare, blinkertjies en sand is genoem “winter, koud, nege, ses en dertien.” En sy woeste krytkrabbels had titels soos “Baie herfs” en “Blou sonneblom”. Onbedoeld digterlik.

Digkuns – daardie spel tussen werklikheid en bowerklikheid, die venster vir intuïsie, die ingang na ’n droomsfeer of geheim. Die vrye vers was nog altyd my voorkeurvorm. Ek geniet die verwerping van leestekens, die versteurde sintaksis, die weglating van “soos” by die vergelyking of metafoor, die byna lasterlike hantering van taalreëls.

Dis sulke regte, egte kindertaalkwaliteite, reg? Reg. Maar dis veral die metamorfiese aard van digtaal én kindtaal wat my na binne lok: die vrye assosiasie, spontane vlug, die proses van wording en beweging, die geloof dat alle lewensvorme oor wisselende funksies en betekenis beskik.

En dit laat my opnuut wonder: as my kind op ’n snikwarm dag vra: “Die son is wamer, blaas koud die son” of met ’n droefgeestige gevreetjie na die reën staar en vra: “Draai asblief daai kraan toe” – hoor ek die klank van ’n metafoor?

Wanneer iemand vir hom vertel ’n leeu het maanhare en hy wydoog wil weet: “Waar’s die sterhare dan, huh?” – is dít ook deel van die gedaanteverwisseling van realiteit en taal waarvan Ricoeur praat?

Of sê nou hy luister na Karnaval van die diere en raai watter instrument klink soos wat en jubel skielik: “Dis ’n kar wat vuurmaak!” of “Dis ’n rooi tierdaktiel (terodaktiel) met ’n hasie op sy rug!” – is myth possible?

As digter soek ek lewenslank deur middel van mitologiese en metaforiese taal na ’n moontlike wêreld, ’n nuwe beelding, ’n ongekarteerde landskap. Ná byna drie jaar met ’n kind in die huis verbeel ek my ook die sterre van die maanhaarleeu.

Bron: Ricoeur, Paul. 1978. The Philosophy of Paul Ricoeur – an anthology of his work. Boston: Beacon Press.

Carina Stander is ’n vryskutjoernalis en onder meer ook digter van twee bundels, die vloedbos sal weer vlieg (Tafelberg 2006) en woud van nege en negentig vlerkewat verlede jaar ook by Tafelberg verskyn het.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.