Omtes van die soutbostaal

2011-11-26 12:34

’n Plek waaruit stories vloei: die Weskus.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

E. Kotze is bekend as kortverhaalskrywer, maar van haar het ’n outobiografie, Die slag van die breekbrander, in 2000 en die romans Toring se baai (2009) en Hoogty vanjaar verskyn.

Oor hoe ’n mens die Sandveld en sy mense in jou skryfwerk herskep, sê sy dis eerder ’n geval van “oproep” as “herskep”.

“Die Sandveld is ’n realiteit en deel van my ervaringswêreld. Die karaktereienskappe van die mense is uniek, gevorm deur ’n harde omgewing wat ’n bepaalde oorlewingsvermoë vereis.”

Esta Steyn is nog ’n Sandveldse skrywer van wie Droomdelwers – die verhaal van Leendra van Helberg, wat ná jare in die tronk terugkeer na ’n Sandveldse gemeenskappie – ook vanjaar verskyn het.

“Hierdie ‘gevoel’ wat so uniek is aan die Sandveld, is eintlik ’n besonderse aanklank wat ek ten opsigte van die streek en sy mense ervaar. Dis iets wat spontaan uitvloei in stories. Met ’n draaiboek is dit makliker, want dan wys die kamera die beelde wat as agtergrond dien. Met ’n roman skryf ek wat ek deur my eie beperkte ‘lensie’ sien.”

Vir Kotze is dit die plek waar sy gebore is en grootgeword het. “Ek voel baie sterk daaroor, oor my belewing van die streek. Die ontbering wat dit aan die hand lê, die ongenadige oostewinde en hitte en sand. En daarteenoor die ongelooflike mooi lentes, die hulpvaardigheid en meelewing van die Sandveld se mense.”

Steyn sê: “Ek is geneig om die Weskus te romantiseer, maar die ongereptheid van die natuur met sy verskeidenheid elemente leen hom daartoe.”

Maar, voeg sy by, miskien skryf mense stories omdat daar stories is, nie noodwendig omdat daar streke is nie. “Ek het die maklikste uitweg gekies en baie van my stories by die streek ingepas waar ek woon.”

Bitter heuning, die verhaal van drie generasies vroue en hul ontberings, is so Sandvelds as kan kom. Dis geskryf deur ’n Engelse vrou, Hermione Suttner, wat in Namakwaland gebore is.

Haar ouers het hul hart op die Sandveld verloor en Suttner het groot dele van haar kinderjare hier deurgebring.

Bitter heuning is oorspronklik in Engels geskryf, maar Linda Rode het dit in Afrikaans vertaal. (Die vrou op wie se lewe die storie gegrond is, het weliswaar haar verhaal in Afrikaans aan Suttner vertel.)

“Ek word aangetrek deur die Sandveld se eindeloosheid, wat ruimte sowel as tyd betref,” vertel Suttner. “En ek waardeer die Weskussers se meedoënlose eerlikheid.”
Met Bitter heuning moes so na moontlik aan die soutbostaal van die Sandveld en die kruiegeur van Namakwaland en die Boesmanland gekom word.

Daarom, sê Rode, het sy “boeke en artikels oor die Sandveld, Namakwaland en die Boesmanland byderhand gehou. Ook Anton Prinsloo se Annerlike Afrikaans en (wyle) Tony Links se So praat ons Namakwalanders. En ek was ’n plaaskind in die Klein-Karoo wat óók bekend is vir sy eenvoudige mense en hul kleurryke taalgebruik.

“Oproepe na Velddriwwers wat die omgewing en tradisies ken, het baie gehelp. Suzette Kotzé-Myburgh, wat die eind­redigering gedoen het, ken ook dié kontreie baie goed. Die teks het Afrikaans met my gepraat, al was dit aanvanklik in Engels. Ek kon die karakters hóór.”

S.D. Fourie se debuutroman, Die lanternswaaier, speel af in die 1890’s in die Strandveld in die gebied rondom Gansbaai en Hermanus. “Die Strandvelders was hoofsaaklik seemense en praat nog dikwels soos tóé,” sê Fourie. “Veral die ou vissers en plaasmense.”

Die Strandveld is in haar bloed, daarom was dit maklik om die streek en sy mense in haar boek te herskep. Dit was veel moeiliker om die tydsgees op te roep; dit gaan nie bloot oor hoe mense gepraat het nie, maar ook oor feitelike korrektheid, waarvoor sy heelwat navorsing moes doen.

“Ek was as kind ’n fyn waarnemer, maar het dié gawe eers ontdek terwyl ek Die lanternswaaier geskryf het,” sê sy.

“Stories uit my kinderjare het skielik kom aanklop. Karakters het snags dinge in my oor gefluister.”

Sy sou nie Die lanternswaaier kon skryf as sy elders grootgeword het nie. “Mens moet uit die grond van jou streek groei, weet hoe die wind waai, hoe blombos op ’n somersmiddag ruik, die see se buie ken.

“Dit sal vir my moeilik wees om die ‘gees’ van ’n ander streek vas te vang.”

Dis maklik om die Weskus met sy bokkomsteiers en vissershuisies tot cliché te maak, veral as jy nie die geskiedenis en swaarkry van sy voormense ken nie.

Maar dié vier skrywers ken die “omtes” waarin hul stories afspeel, en gee dit getrou weer: die ruimtes en die mense is oortuigend.

Oor die vier romans wat hierbo genoem word, kan ’n mens sê die “omtes” waarin hulle afspeel en die karakters wat daarin figureer, word getrou weergegee: Dit voel nooit asof ’n streek en sy mense of ’n bepaalde tydvak nie behoorlik deurgrond is nie.

En, kan ’n mens byvoeg, al vier romans is goed geskryf en lees lekker. Inderdaad ’n geil jaar vir aanhangers van dié streekstories.

J.B. Roux is ’n vryskutskrywer van die Weskus.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.