Onder my literêre laken

2010-09-04 17:17

 Van stories aandra weet ek baie.

Ek bedoel: is dit nie maar wat skrywers doen nie? Stories aandra. Op die een of ander manier probeer hulle tog ’n storie vertel.

Somtyds as ek niks het om te doen nie, maar ek wil ook nie gaan slaap nie, gaan staan ek maar buite by die hek, kyk so af in die straat en dink ’n klomp goed wat ek onmiddellik weer vergeet.

Maar baie keer staan my ma ook daar en praat met die vrou langsaan. Eers het ek altyd net as ek verveeld was geluister na hoe hulle oor alles en nog wat storie.

Toe eenkeer, toe lees ek Ernest Hemingway se For Whom the Bell Tolls en oor sy karakter met die naam Pilar, ’n middeljarige vrou, ongeskoold en in geen sin van die tradisionele woord ’n skrywer nie.

Maar Hemingway beskryf haar as iemand met die ongelooflike ability om ’n storie te vertel.

En, sê hy verder, sy sou heel waarskynlik ’n beter skrywer as die meeste groot skrywers gewees het as sy net daarin geglo het om woorde op papier neer te sit.

Maar is die paradoks van iemand soos Hemingway se Pilar nie dat diegene wat só ’n storie kan vertel juis moet dink soos sy dink, en belangriker selfs, juis nie in die formules van die letterkunde geskool moet wees nie? Die ongeluk is dat ’n Pilar dalk presies om dieselfde redes nooit sal wil skryf nie omdat haar idee van ’n skrywer glad nie pas by haar idee van haarself nie.

’n Skrywer is immers iemand wat in sy studieruimte sit, omsingel deur ’n hoop boeke, tikmasjien (rekenaar) voor hom, nie iemand wat meesterstukke tussen kosmaak en kinders neerpen nie.

Nogal ’n baie oortuigende argument, as ek nou maar net kan vergeet van skrywers soos Frank McCourt wie se memoires Angela’s Ashes klink asof dit woord vir woord uit sy ma se mond kon gekom het.

En het J.D. Salinger dan nie ook geskryf op die manier waarop hy gepraat het nie? Is die talle mense – geskoold daarby en met ’n begrip vir die “woord” – wat meen die digter Robert Burns se gedigte is nie die helfte so mooi soos sy geselskap nie, dan almal verkeerd?

Nou het ek ook al my ma probeer oorreed om te skryf, maar wat gebeur? Sodra ’n mens ’n pen en papier voor haar neersit, begin sy ’n opstel skryf, kompleet soos sy op skool geleer is. Soos ek vermoed sy ’n poplied van sê nou maar die rapper Akon sal sing: asof sy in die koor sing.

So nou, op daardie dae wanneer ek rondhang en eintlik besig moet wees met skryf, staan ek by die hek en vat notas van die goed waaroor die mense praat, nie juis van dit waaroor hulle praat nie – dit sal te skandalig wees vir publikasie – maar oor die manier waarop hulle dit sê.

Neem nou maar my ma en die vrou langsaan, met hul “geheimsinnige” manier van ’n storie oorvertel, ’n manier – wat nou vir my baie duidelik is – wat deur die jare aangeleer is by hul ouers en tantes en wie weet dalk ’n paar ooms.

Deesdae voel ek nogal ’n bietjie spyt dat ek altyd my ma en anties se “skinnersessies” vermy het. Terwyl hulle in die voorhuis, kombuis of waar die lig ook al reg val, vergader het, het ek eerder in my kamer gaan sit met Dylan Thomas en daar gedink oor skryf.

Iets sê my nou ek kon miskien meer by my ma-hulle geleer het oor skryf as by Dylan Thomas. In die ongeskrewe verstandhouding tussen vroue en dié in wording het ek juis by hulle die basiese goed geleer: ’n dame lag met haar mond toe, sit met haar bene gekruis, sy mag insit in die skinder solank sy weet om nie in te chime nie , om nie tande te tel nie, nie “oor” te vertel nie…


So waar anders, hoe gaan ek leer van oorvertel?

Ronelda Kamfer se debuutbundel, Noudat slapende honde (2008), is verlede jaar met die Eugène Marais-prys bekroon.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.