Op die maat van ’n woord of vers

2011-07-02 17:05

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Splintervlerk deur Marlise Joubert. Uitgewer: Protea Boekhuis. Prys: R140. Resensent: Marlies Taljaard.

Sommige boeke is net té mooi om in ’n boekrak weg te steek. Splintervlerk van Marlise Joubert is só ’n boek.

Dié versbundel tref die oog met ’n kleurvolle omslag en sorgsame afwerking – voorwaar ’n prestasie waarop Protea Boekhuis trots kan wees.

Die voorblad met ’n skildery deur Joubert trek die leser ín die volryp, meesleurende verse wat haar digterskap kenmerk ín.

’n Hele lewensverhaal kry sy lê onder die meerduidige titel Splintervlerk, wat primêr verbind word met ’n rugoperasie “waar die splinters vlerk verwyder is”, maar wat ook in verskeie ander betekenisonderskeidinge in die bundel opduik, soos die voorblad verraai.

Byna elke gedig is deurtrek met verwysings na beweeglikheid wat aan bande gelê word – die vlerk wat versplinter – en die verlies van sekerhede.

Pyn, siekte en ontnugtering is temas wat die bundel in sy geheel onderlê. Daar is ’n sterk narratiewe lyn wat die gedigte saambind tot ’n soort universele verhaal van verwonding, verskrikking en stadige herstel. Dié narratief word ondersteun deur Joubert se sprekende illustrasies by elke afdeling.

In Afdeling 1, “winterklou”, word ’n rugoperasie en gepaardgaande onvermoë en ongemak metafories vir die verouderingsproses en verlies aan sekuriteit: “die water is blind / as ek vorentoe swem”.

In die tweede afdeling, “rugkaatsing”, is die sieke tuis. In haar vertroude omgewing wag die beminde aan wie sy haar liefde verklaar, maar ook die verlede. In hierdie afdeling vloei pyn, verwonding, skryf en skilder ineen tot ’n ryk gelaagde diskoers. Liggaamlikheid en letsels as simbole van die skryfproses kom in verskeie gedigte, soos “trooslied vir die lyf”, voor.

“[D]ryfgoed”, die slotafdeling, het eweneens ’n diggeweefde tekstuur. Die titel sinspeel op vlugtigheid en die onvermoë om betekenis vas te vang – hetsy deur woorde of deur skilder. Die skeppingsproses staan voorop, al is dit met “gelapte vlerke”.

Pyn in sy verskillende gedaantes vorm weer ’n belangrike motief: verlange na ’n kind, ’n kleinkind, ’n tyd wat verbygegaan het, rou oor ’n land “waar blomme soos gebede verlep”.

Die bundel as geheel wek die indruk van ’n drempelervaring – ’n tussengebied waarin selfondersoek gedoen word, onder meer deur herbesoek aan die verlede.

Die sprekende ek moet haarself opnuut be-skryf na aanleiding van ’n traumatiese gebeurtenis “waar ingreep op die liggaam / agter struike verdwyn”.

By geleentheid twyfel sy selfs oor haar eie bestaan: [my ma] “vertel my / dat ek toe nooit gebore is nie?… op sestig is ek moontlik / ’n vergissing”.

Sy bevestig haar bestaan onder meer deur vergelyking met haar bejaarde ma van wie “net die knie so effens oor die muur” is, haar rats kleinkind en die geliefde wat “die onsigbare gelapte rugstring / soos ’n kompas in [sy] hand / se weefsel hou”.

Verkeer in ’n onbekende gebied, afgebaken deur verlies en verskrikking, laat die digter nuut dink oor haar digterskap. Die sprekende ek beleef soms ’n diepgewortelde twyfel aan die vermoë van taal om sin te maak van haar bestaan.
“[A]sof ek niks hier is nie / nie eens ’n troos weg in ’n land / wat ek nie kan verhaal nie”, skryf sy in “ontheemding”. Maar ook troos sy haar liggaam elders met die meerduidige woorde: “ek verbind jou weer met taal”.

Skryf en skilder as identiteit-skeppende handelinge staan voorop in die bundel. Die traumatiese ingreep op die liggaam en die letsel wat daardeur gelaat word, rig die selfondersoek: “al hoe digter ingepleister / weerstandig vasgegom / ek kom van hierdie steke /?nooit losgeknip nie”.

Waterverf word by herhaling die simbool vir die ineenvloei en oplos van opposisies waardeur harmonie tot stand kom.
Joubert se poësie is dikwels metafisies en selfs mistiek van aard deurdat dit die vroulike, sensoriese aspek van taal betrek in beelde en metafore wat die onverwoordbare belewenis impliseer. Soos in “kladboek”: “die gaas van woorde kleef / nie aan lelies van die veld nie”.

Ingebed in die diskoers van pyn, ontheemding en huiwering is ’n aantal nooit volprese liefdesgedigte – gelouter deur die verskrikking van die drempelervaring.

Ek dink byvoorbeeld aan die slotgedig, “mos”: “sagter glip / ons nou oor mekaar // sagter ons hande / oor die mos // in die lyf skryf ons / weer alle verledes af”.

Metafore is beslis die moedertaal van hierdie digter – dit vloei natuurlik en onbelemmerd, maar tog het elke woord sy holte. Vir my is een van die mooiste beelde dié van “spierwit eende hulle vere / saamgebondelde kussinkies van vrede”.
Ná elke lees word dié bundel ryker en kleurvoller; dit is ’n móét-lees vir elke poësieliefhebber; gelade, gelaagd en toeganklik.

* Dr. Marlies Taljaard is verbonde aan die skool vir tale van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.