PRINSES vind die skoen

2012-02-04 14:09

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die prinses in elke vrou deur Cas van Rensburg. Uitgewer: Hemel & See. Prys: R130. Resensent: Wilhelm Jordaan.

Die bekende joernalis en Jungiaanse ontleder Cas van Rensburg brei in dié boek uit op sy 1998-werk Die sprokie van Diana, prinses van Wallis: Sneeuwitjie en al die verhale wat ons leef, wat verskyn het enkele maande nadat Diana in 1997 in ’n motorongeluk in Parys, Frankryk, gesterf het.

Is so ’n projek enigsins ter sake vandag? Die eenvoudige antwoord is “ja”.

Enersyds het prinses Diana ’n haas onvernietigbare ikonstatus verwerf vanweë die sprokiesaard van haar lewe en sterwe. Sy boei steeds mense se aandag.

Andersyds word die sprokie Sneeuwitjie, al is dit eeue oud, vandag nog met variasies vertel (in 54 tale regdeur die wêreld), terwyl verskillende vertolkings daarvan steeds voortgebring word in letterkundige werke, teateropvoerings en in flieks.

So byvoorbeeld word drie nuwe flieks oor aspekte van Sneeuwitjie vanjaar uitgereik en Sneeuwitjie figureer selfs in videospeletjies.

Die krag en betekenis van sprokies kan inderdaad nie onderskat word nie. Die feit dat variasies van dieselfde sprokies dwarsdeur die vroeëre Europa bekend was in ’n stadium toe die verskillende lande min kontak met mekaar gehad het, steun die aanname dat sprokies gedra word deur ’n kollektiewe onbewuste wat iets universeels van die menslike bestaan uitdruk.

Sprokies soos Sneeuwitjie bly dus tot mense spreek, ook tot die kleinste kleuters, al is die eietydse wêreld anders as dié van die sprokie. Die tipiese sprokiestrant van: “Lank, lank gelede...” en “Eendag was daar...” bevestig die “neutrale” tydruimtelikheid van sprokies en eggo aldus tegelyk die eeue wat verby is én die kragte wat steeds in mense se onbewuste woel en wat hulle help om tot begrip van hul probleme en die oplossing daarvan te kom.

Met sy boek lewer Van Rensburg ’n stewige en belangrike bydrae tot die literatuur oor sprokies. Hoewel hy toeganklik en met ’n populêre aanslag skryf, steun hy ook met groot vrug op ernstige studies oor sprokies.

Die boek bring nuttige insigte, byvoorbeeld oor die relatiewe “armoede” van versuikerde weergawes van sprokies soos Sneeuwitjie. Versuikering impliseer Sneeuwitjie het te make met goedheid (soos beliggaam in Sneeuwitjie) versus boosheid (soos gesimboliseer deur die stiefma-koningin). En dat goedheid oplaas seëvier deur die reddende optredes van die jagter, die dwergies en die prins.

Dit is juis sulke weergawes wat vir kinders vertel word. En dit is goed so omdat dit didakties binne die bevattingsvermoë van jong kinders is. Maar daar is meer.

Van Rensburg toon ook ander betekenislae aan en hoe om dit soos ’n ui “af te skil”. Deur noukeurig by die oorspronklike sprokieteks te hou, blyk dit byvoorbeeld dat die verskillende karakters in die verhaal hulle as’t ware in Sneeuwitjie se onbewuste “aanmeld” om haar te help om iets te verstaan van haar ontwikkelende mensheid. Hierby is ingesluit haar ontluikende seksualiteit, lewenskonflikte én dit wat sy bestem is om te wees as vrou en mens.

Dít is wesenlik waarmee die boektitel, Die prinses in elke vrou, te make het: Hoe daar in elke vrou ’n “Sneeuwitjie” (’n prinses) verskuil is wat verlang na ’n “bestemde” identiteit en waaraan sy lewensvervullend uitdrukking kan gee.

Wat Van Rensburg goed doen, is om enersyds die tersaaklikheid van dié sprokie-element te verbind aan Diana se lewensverloop; dat daar byvoorbeeld “(sprokie)karakters” was wat haar mensheid tegelyk belemmer en gevorm het en haar gehelp het om te ontsnap aan die benouende “glaskis” van die paleisbestaan. Om oplaas bevry te word as ’n volwasse vrou met besondere vermoëns en wat haar kreatief aan ’n “nuwe lewe” kon wy.
Andersyds toon Van Rensburg aan hoedanig die sprokieselement ook parallelle toon met die lewe van moderne vroue wat geknel word deur die patriargale eise van ’n wêreld wat steeds deur mans oorheers word en hoe dit hulle van hul “prinsesskap” ontneem.

Oorwegend is dit ’n betekenisvolle boek. Daar is egter enkele lastighede. Soos Van Rensburg se onkritiese aanvaarding van Jungiaanse begrippe, byvoorbeeld individuasie waarvolgens elke lewende ding (ook mense) se lewensbestemming geneties vasgelê is. Uiteraard is dit ’n ontoetsbare hipotese wat maak dat betekenis-eksegese plek-plek lukraak en naïef is.

Afgesien hiervan is die gebruik van die materiaal soms verwarrend en daar is te veel tipografiese slordighede.

Die boek sou kon doen met ’n strenger redakteurshand.

Wilhelm Jordaan is buitengewone professor in sielkunde aan die UP. ’n Keur van sy rubrieke, Spitstyd, het onlangs by Litera verskyn.


In mekaar se skoene deur Andeline Williams-Pretorius. Uitgewer: Naledi. Prys: R139. Resensent: Amanda de
Lange.


Andeline Williams-Pretorius weet wat dit is om empatie nodig te hê en uit te leef. Sy het albei kante van dié munt al in haar 39 jaar beleef.

As skrywer van die boek In mekaar se skoene – waar staan jy? het sy hoofsaaklik staatgemaak op die kennis wat sy versamel het in haar eie lewe en dit kundig vermeng met die wyshede en kennis wat sy as sielkundestudent en leser van talle boeke oor die onderwerp versamel het.

In mekaar se skoene is ’n nuttige selfhelpboek vir gewone mense. Die hoofstukke handel oor onderwerpe soos respek en empatie, die belangrikheid van kommunikasie, die gesin, vriendskappe, liefdesverhoudings, verhoudings en die werkplek.

In elke hoofstuk hanteer die skrywer die onderwerpe aan die hand van gevallestudies met onderafdelings waarin hulp aangebied word om die kwessies te hanteer. Die boek word afgesluit met hulp om seer te verwerk en ontspanningstegnieke.

“Ek het baie jare lank met ’n swak selfbeeld gesukkel en ook ’n gebrek aan selfgeldendheid. Ek het nie geweet wie ek is nie en het my deur ander laat lei. Ek was al 26 toe ek begin het om aan my swak selfbeeld te werk en dit het ’n hele paar jaar gekos om by die punt te kom waar ek kon goed voel oor myself,” sê sy.

Dit was in dié tyd wat sy begin het om ook na ander mense uit te reik. Sy tree reeds 11 jaar as spreker op oor selfbeeldkwessies en woedehantering.

Die kwessie van empatie is vir haar baie belangrik en die boek is net een aspek daarvan.

Sy het ook die Empathy Campaign begin om mense bewus te maak dat baie probleme opgelos kan word as mense eenvoudig bereid is om empaties teenoor mekaar op te tree.

“My grootste wens met die boek is dat mense moet besef daar is só baie bakleiery, so baie verbrokkelde verhoudings, en dis onnodig.

“As ons net kan terugsit en sê ons verskil en ons is verskillende mense; kom ons kyk hoe ons mekaar kan akkommodeer eerder as om mekaar as vyande te sien. Ons kan mos maar verskil, die probleem is wanneer ons mekaar aanval en baklei.”

’n Leeftyd van pyn en hartseer het haar by die plek uitgebring waar sy nou heling vir ander wil bring.

“Ek het gaan soek na maniere om te kyk hoe ek myself kan leer om dit om te draai. Oprah Winfrey het gesê: ‘Turn your pain into something powerful’, en dis wat ek hiermee wil bereik.”

Amanda de Lange is ’n redaksielid van Beeld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.