Raaisels van misdadigheid

2012-11-24 23:30

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mens of monster: Die psige van ’n misdadiger deur Carla van der Spuy. Uitgewer: Lapa. Prys: R190

Carla van der Spuy se Mens of monster: Die psige van ’n misdadiger is geen storie nie, eerder ’n feitelike ondersoek na wat in ’n moordenaar se kop aangaan. Lesers sal die boek nie sommer neersit nie, want wie wonder nie wat ’n ander laat knak en jou nog vry laat rondloop nie?

Van der Spuy se navorsing is deeglik. Sy betrek kenners soos kriminoloë, kriminaliste en sielkundiges, asook kenners van die esoteriese, soos numeroloë, gesigontleders en spiritistiese mediums. Sekere gelaatstrekke, soos ’n reguit, of byna reguit, onderste ooglid en ’n kort middelvinger verhoog glo jou kanse om te moor, kry jy te lees. Net om darem gerusgestel te word dat mens nie sulke afleidings kan maak nie tensy álle gelaatstrekke as geheel ontleed word.

Die gevallestudies roer die hartsnare oor wat in sommige moordenaars se kinderjare gebeur het: ’n Tiener word deur haar pa verkoop, ’n kind kyk toe terwyl sy pa babakatjies die straat inslinger... Vele kinders beleef daagliks hoe pa vir ma slaan of is die slagoffers van seksuele molestering.

Dit word gou duidelik dat die meeste “monsters” traumatiese kinderjare gehad het. Maar jy wil vra: Wat weerhou sommige van ons – dalk ook slagoffers van traumatiese kinderjare – om moord te pleeg? En watter rol speel persoonlikheid en genetika? Die antwoorde is nie maklik nie, maar ná die lees van Mens of monster sal jy veel beter ingelig wees.

Die hartroerendste hoofstuk is die een waarin die skrywer (saam met die sielkundige dr. Hermann Liebenberg) met “monsters” gesels wat jare lange tronkstraf vir moord uitdien.

Die veroordeeldes klink soos gewone mense wat dalk net op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was. Maar een het vier keer oor sy slagoffer gery, ’n ander het sy meisie “vier tot ses” keer geskiet. Sowat 95% van die moordenaars weet presies wat hulle doen en het geen sielkundige afwyking nie, lees jy.

Die hoofstuk oor waarom ’n skynbaar gewone vrou met ’n tronkvoël met ’n lewenslange vonnis trou, is insiggewend. Die tronkbruid van die man wat vier mense in die Skierlik- informele nedersetting doodgeskiet en elf beseer het, sê sy het “uit liefde” met hom getrou.

Maar daar sit veel meer agter sulke troues, sê die kenners. Vir sommige is kontak met ’n geweldmisdadiger seksueel opwekkend. Dit word “hibristofilie” genoem.

Ander het intimiteit- of seksprobleme of meen hulle kan die misdadiger rehabiliteer.

Daar is ook dié wie se uitsiglose lewe betekenis kry deur vir misdadigers briewe te stuur en hulle te besoek. Ander verkies weer romanse sonder die realiteit van skottelgoed en vuil wasgoed of te veel verwagtinge.

Daarby word baie vroue deur die sogenaamde bad boys aangetrek. ’n Berugte geweldmisdadiger het dikwels ook ’n soort omgekeerde sterstatus.

As jy meer van sielkundige afwykings wil weet, is hierdie boek beslis vir jou. Die eienskappe van die narsis, die antisosiale persoonlikheidstipe (psigopaat), die reeksmoordenaar en die verskillende pedofielsoorte word bespreek.

Tog pla ’n paar goed, soos dat sielkundige terme soos “ego-staat” of “depersonalisering” nie verduidelik word nie. Waar kenners aangehaal word, kry ’n mens dikwels taalgebruik soos “...dit herstel sowel die interne as eksterne lokus van kontrole”. Dikwels word woorde verkeerd afgekap, soos “kompens-eer” of “hulpeloosheidsind-room”. Soms word “prof.” met ’n punt, soms daarsonder geskryf.

Tog is Mens of monster: Die psige van ’n misdadiger ’n moet-lees vir alle Suid-Afrikaners. Ons kan beslis net baat hierby vind.

Riette Rust is die skrywer van ’n Lyf onthou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 3-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Services Cashier / Consultant

South Africa
JDG Trading (Pty) Ltd
Market Related

Executive Reward & Benefits Consultant

South Africa
DAV Professional Placement Group
Market Related

Office Support :Engineering

South Africa
Ikamva Recruitment, Training & Business Development
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.