Rubriek: Vreugde van lees herontdek...

2012-03-03 15:44

Was ek nou gelukkig om onlangs aan die uitnodigingsprogram van die Frankfurtse Boekeskou in Duitsland deel te neem.

Modjaji was een van 23 uitgewers wat ’n voet in die deur gekry het om by van die wêreld se bestes en grootstes te leer. Meer as 30 jaar al brei dié boekeskou die boekebedryf internasionaal uit.

Tien dae lank was ek saam met “my mense”, ander klein, onafhanklike aktivis-uitgewers (van wie talle ook skrywers en digters is). So sê ’n deelnemer van Costa Rica: “Ek is ’n digter voordat ek uitgewer of akademikus is.”

Van oral het ons gekom, uit die “Suide”, uit die sogenaamde ontwikkelende wêreld. Maar soveel het ons gemeen gehad dat die “geskeduleerde gesprekke” heel gou omgesit het in spontane, intense en uitbundige gesprekvoering. Asof ons mekaar ons lewe lank al ken.

Vertaling, maatskaplike geregtigheid in die uitgewersbedryf, mediavryheid en die skrywer, en die rol van die skrywer en uitgewer in die gemeenskap was van die onderwerpe wat ons bespreek het.

En ons het sake gepraat: oplae, kontrakte, die verkoop van regte, boekontwerp, moeilike skrywers, uitgewersfoute, bemarkingsfoefies al dan nie, verspreidingsprobleme en hoe om dit te hanteer, skindernuus uit die bedryf, en natuurlik, stories oor ons werk en lewe.

In ons groep was ’n bekende en veelbekroonde uitgewer van Egipte, Mohamed Hashem, wat al twee keer tevore aan die uitnodigingsprogram deelgeneem het. In November 2011 ontvang hy die Herman Kesten-prys van die Duitse P.E.N. Saam met ’n uitgewer van Belo-Rusland bespreek hulle toe hul manmoedige werk.

Hashem en die bekende skrywer Ibrahim Mansour het saam Merit Publishing House begin in ’n gebou naby die Tahir-plein waar die Egiptiese revolusie verlede jaar vir ’n groot deel gewoed het. Hier het hy ’n vergader- en leefruimte ingerig vir intellektuele en revolusionêre.

Uit die mond van Walid Soliman van Tunisië hoor ons van die Tunisiese revolusie, van die lewe in dié land voor en ná die revolusie. En wat ’n moeilike tyd dit vir uitgewers was.

Ek het minstens vier ander feminis-uitgewers raakgeloop – Susan Hawthorne van Spinifex in Australië (ook ’n digter), Urvashi Butalia van Zab Books in Indië, Bibi Bakare-Yusuf, die dryfveer agter Cassava Republic Press in Nigerië, en Hilda Twongyeirwe van Femrite in Uganda.

Vir Bibi en Hilda het ek ontmoet toe ek in 2008 deel was van ’n skrywerskamp in Kampala – ek skryf hieroor in Home Away, ’n bloemlesing kortverhale wat deur Louis Greenberg geredigeer is.

Maar dis ook op dié boekeskou dat ek my bedeesdheid afgeskud het en voor ander oor my werk kon praat: skrywers, boeke. En so ontdek ek toe in my iemand met meer selfvertroue as wat ek vermoed het, iemand met ’n lekker gladde bek, nogal!

En toe ek so na ’n uitstalling van die bes ontwerpte Duitse boeke kyk, tref dit my: Ons kort hier in Suid-Afrika ’n toekenning wat erkenning gee aan die belang van boekontwerp. Nie net die voorblad nie, maar ook tipografie, innoverende ontwerp – in verskillende kategorieë, soos fiksie, koffietafelboeke, kinderboeke.

Ek was diep geraak en geïnspireer deur die Yslandse uitstalling en die manier waarop hulle soveel oor hul land kon oordra, oor die belangrike plek van boeke en lees in hul kultuur.

Dié uitstalling was ’n oase waar mens kon nadink en stil word te midde van die dolle energie van die skou. Hier was die uitleg soos dié van verskillende sitkamers of tuisbiblioteke met sitbanke, tafels en boekrakke. Die beligting was gedemp, groot plakkate teen die mure van mense wat besig is om te lees. Elke nou en dan het jy opgekyk en dit gewaar: Die plakkate “leef” – hier knip sy oë, daar blaai ’n hand ’n bladsy om en elke dan en wan begin iemand hardop voorlees.

Die “plakkate” was in werklikheid ’n hoogs gesofistikeerde soort videoskerm. Maar hier in dié ruimte, vir ’n wyle, kon die verbeelding vrye teuels kry.

En kon ek hier uit ’n ander perspektief die stil vreugde van lees herontdek.

Al was dit net deur die stil, rustige, lesende “mense” dop te hou – beelde teen ’n muur.

Colleen Higgs is Modjaji se uitgewer.


Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Sunny. Mild. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 17-24°C Rain late. Morning clouds. Mild. PE: 12-19°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!