Skrywer slyp nog 'n paar byltjies

2012-11-11 00:45

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

The Silence of Gethsemane deur Michel Benoît. Uitgewer: Alma Books. Prys: R195.

Daar is sekerlik mense wat The Silence of Gethsemane skokkend gaan vind.

Ander gaan dit as ’n groot onthulling lees wat vir hulle ’n beeld van Jesus Christus voorhou wat hulle nooit voorheen teëgekom het nie. Maar daar is regtig nie eintlik rede vir een van dié reaksies nie.

Michel Benoît se boek is die jongste van ’n magdom aweregse hervertellings van Jesus se lewe – dit volg so half die storie van die evangelies, maar wyk plek-plek af. Jesus is ’n rabbi van Galilea, maar hy het nie regtig die broodjies en vissies vermeerder nie. Hy word wel gekruisig, maar hy het nie regtig stormwaters beveel om stil te raak nie. Ensovoorts.

Ander het al beter stories oor Jesus se lewe geskryf, waaronder Nikos Kazantzakis se Die laaste versoeking van Christus en Norman Mailer se The Gospel According to the Son.

Benoît gebruik baie van die werk van navorsers soos die Jesus-seminaar om Jesus se wonderwerke en spreuke te verklaar. Maar soms kom hy met sy eie teorieë vorendag. Byvoorbeeld dat die verandering van water in wyn by Kana eintlik ’n misverstand was nadat Jesus bloot die bestaande wyn met water verdun het.

En aan die einde van die boek vind ons uit die dissipel wat Jesus verraai het, is eintlik Petrus en dat Judas valslik beskuldig is. (Oor laasgenoemde teorie skryf Benoît dat baie Bybelwetenskaplikes dié teorie onderskryf, maar ek weet eerlikwaar nie waar jy so ’n kenner gaan uitkrap nie.)

Benoît is in sommige opsigte soos ’n Franse Karen Armstrong. Soos Armstrong was hy eens ’n Katolieke kloosterling wat ontnugter is en toe die orde verlaat het om ’n kritiese Bybelnavorser te raak.

Hy beskryf dié reis in ’n vorige boek, wat in Engels as Prisoner of God vertaal is.

Maar waar Armstrong ’n oortuigende en meestal onpartydige kommentator op religie geword het, vermoed mens Benoît slyp nog ’n paar byltjies met sy vroeëre Katolisisme. Sy teorie dat Petrus Jesus verraai het, is byvoorbeeld ’n duidelike poging om ’n steek teen Petrus se opvolger, die pous, in te kry.

Johannes de Villiers is ’n redaksielid vanRapport.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.