Snaakse land, snaakse mense

2011-02-08 14:03

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die sommelier -- GP Terblanche
Uitgewer: Rosslyn-Pers Prys: R140


Jy kan nie oor die donker kant van spioenasie in Suid-Afrika skryf sonder om aan die misdadige hart van ons land te raak nie.

Dis die één element waar Suid-Afrikaanse spanningskrywers van hul skryfgenote in ander lande verskil. As jy ’n storie skryf oor die misdadige, korrupte en politieke sy van Suid-Afrika en jou leser is Suid-Afrikaans, gaan dit gelees word as sosiale kommentaar.

Die interessantheid hiervan is dat dit dikwels teen so ’n boek kan tel. As jy ’n spanningsverhaal lees, wil jy daardeur meegesleur word – en nie heeltyd voel jou aandag word afgetrek deur ’n sosiale skuldgevoel of politieke kommentaar nie.
GP Terblanche se boek speel af in plaaslike omgewings en met karakters wat ons maar te goed ken. En ja, dit lewer kommentaar – maar eerder so dat dit bydra tot die boek en nie afbreuk daaraan doen nie.

Om Terblanche se boek te lees is soos een van daardie miljoen-stuk-legkaarte wat ’n mens weke vat om aanmekaar te las. Aan die begin is daar so baie karakters wat jy moet leer ken jou kop is skoon deurmekaar. En dan is daar al die verskillende storielyne wat gevolg moet word.

Vir my was die pas aan die begin te stadig, maar dit tel wel op. En as die legkaartstukke stadig maar seker in mekaar begin pas, kan jy die boek nie neersit nie.

Die hoofkarakters is Lev Engelbrecht, wat sommelier speel by ’n luukse wild-ontvlugtingsoord, maar wat dieper geheime het as blote wynkennis.

Dan is daar die spioen Oosterbeek, wie se lewe gewy is aan spioenasie, en die vrou wat Lev teruglok in die wêreld van intrige en dood – Jane Turnbull.

Die spioenasieverhaal is sterk op feite gegrond en Terblanche se meestersgraad in politieke wetenskap en ervaring in intelligensiewerk, asook sy wynkennis, skemer sterk deur en help om die storielyn interessant en realisties te hou.

Hy voer jou weg na ’n grootwildwêreld waar die diere groot en manne wild is. Hy stel jou voor aan die delikate geheime van wyn en dis nie aldag dat ’n mens ’n spanningsverhaal lees wat jou wynkennis sommer ook kan opknap nie.

Sy karakters is lewensgetrou en die spioenasie-intriges fassinerend. Op die ou end het die plaaslike inslag vir my die deurslag gegee en gemaak dat ek baie meer van die boek hou.

En ja, die sosiale kommentaar was daar, hier uit die mond van Jane Turnbull: “Sy verstaan ook nie die Suid-Afrikaners nie. Snaakse land. Snaakse mense. Hulle sit seker ook maar met te veel bagasie uit die verlede. Hulle sê die samelewing is nou nie-rassig, maar ook nie. Daar is nie meer diskriminasie nie, maar ook nou eintlik nie rasse-eenheid nie. ’n Land wat verdeeld bly.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.