Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Só ’n taal verdien ’n fees

2010-03-13 16:55

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nie die soveelste bakleiery oor die toekoms en die verlede nie, nie ’n gedenkteken nie, nie ’n kommissie wat waak oor die grammatika en die spelling nie. Nee, ’n fees. ’n Welverdiende fees.

My opvatting oor die toekoms van Afrikaans is baie hoopvol en ek grond my sienswyse op één van die grondbeginsels uit die evolusiedenke en die voortplantingswetenskap. As ’n spesie wil oorleef, is dit belangrik dat hy vinnig moet kan verander, klein wees en kort van lewensduur. Sodoende kan die volgende geslag hom die reddende gene besorg om veranderings die hoof te bied.

Só was die mamoet te groot en sy lewensduur te lank om die ystydperk te oorleef. Ook die mens moet homself nie oorskat nie – dit neem ons betreklik lank om ’n volgende geslag voort te bring.

Dis ’n uitgemaakte saak dat muskiete, eendagsvliegies en ander goggas hulself vinnig kan voortplant en so beter oorleef in veranderende omstandighede. Hoe kleiner die organisme, in die algemeen, hoe groter die kans dat dit op die lange duur sal oorleef.

Dieselfde geld taal. Hoe kleiner die taalgroep hoe beter die kans dat dit bly voortbestaan.

Dit klink na onsin, maar as jy na Europa kyk en sien wat met Grieks en Latyn gebeur het, sien jy die groot tale, deur almal gepraat, bestaan op sigself nie meer nie. Maar tale soos Katalaans, Kelties, Fins, Hongaars en Friesies word nog altyd gepraat – en is alive and kicking. Hoe groter dus die organisme hoe gouer sien hy sy gat.

Jammer, maar die Engelse taal sal oor tweeduisend jaar soos Latyn ’n dooie taal wees wat voortleef in nuwe tale – terwyl Afrikaans steeds springlewendig sal wees. Maar om springlewendig te wees moet jy ook springlewendig wíl wees.

Hou op kla en baklei en skep skoonheid in jou taal sodat ander kulture dit wil lees en vertaal. Gee nuwe woorde ’n kans, ook diegene wat regtig iets wil vertel, bo dié wat net twak praat. En maak elke jaar ’n fees om die taal te vier.

Dit was lekker om laas week deur Stellenbosch te loop en te voel hoe die taal gevier word – maar ek sou dit volgende keer straat toe neem.

Gedigte teen huismure, gedagtes op doeke langs die pad opgehang en nie net die logo’s van borge nie.

’n Taal moet nie net in universiteitsgeboue en teaters gehuisves word nie. Gee dit bietjie lug en son, dan kry dit kleur op die wange. Maar dis geringe kritiek, want in die algemeen was ek mal oor die oorgawe waarmee mense hulle taal probeer vier.

Soos die pragtige klein uitstalling in die galery Red, Black and White van drie beeldende kunstenaars wat in hul werk ’n verbinding soek met taal en literatuur. Kurator Kabous Meiring (ook reklame-koördineerder by NB Uitgewers) en digter Loftus Marais het dit stylvol ingelei met goeie balans tussen erns en humor. Intellektuele pretensie en Afrikaans gaan vir my nie lekker saam nie. Die intellektuele ge-bla-bla klink meer geloofwaardig in Frans of Engels. Dis tale waarin ’n mens makliker kan lieg. Vir die eenvoudige rede dat hulle meer indirek kommunikeer.

Dan was daar die aand waarin die Hollandse digter Menno Wigman voorgelees het uit sy werk. Fyngevoelig en stadig het hy sy vlymskerp sinne na die gehoor gebring, soos die wonderlike gedig oor sy pa wat sterwend op ’n bed lê sonder om te kla. Hy lyk rustig, soos altyd wanneer hy kar gery het, sy oë stip, gerig op die pad. Wat ’n beeld! Dit het binne-in my hart ingeklim om vir altyd daar te bly. Ek het in die Woordfeesweek ook die gedigte van S.V. Petersen ontdek en deur hom by P.J. Philander uitgekom en was verwonder oor die talent aan die einde 1950’s in die bruin gemeenskap. Ek het weer die stem van Toast Coetzer gehoor en gedink aan sy groep die Buckfever Underground en sy lirieke wat vir my tot die beste Afrikaanse song-lirieke behoort. Ek het die gedig “Die eed’’ van Breyten Breytenbach getoonset en herontdek hoe fenomenaal hy skryf.

Ja, dit was vir my ’n goeie week. Ek het weer verlief geraak op taal in die algemeen – en wat dit met ’n mens kan doen.

Ons gebruik elke dag taal: om mekaar lief te hê, mekaar te ontstel, bier te kry en brood te koop. Soms vergeet jy hoe lief jy vir taal is. En daarom het jy soms ’n fees nodig – soos ’n verjaardag – om die woorde te vier.

Stef Bos is ’n Belgiese sanger en liedjiemaker wat al jare lank enorme plaaslike aanhang het. Lees meer oor hom, sy komende optredes sowel as sy splinternuwe CD, Kloofstraat, op www. stefbos.nl.

- Rapport

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Intermediate to Senior J2EE Developers needed

Gauteng - Johannesburg
E-Merge IT Recruitment
R350,000-550,000 Per Annum Cost To Company

.Net Developer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

VOD PLATFORM SPECIALIST: DSTV ONLINE

Gauteng
MultiChoice Africa

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio III 1.4 Expression 5-dr
2007
R 109,995.00

TOYOTA

Yaris T3 Sedan 1.3 Plus
2008
R 129,990.00

TOYOTA

Corolla 1.8 Exclusive
2009
R 215,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...