Sterk kruit vat vlam op Kindle

2012-08-25 11:58

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kruitvat deur Henning Janse van Vuuren. Uitgewer: e-Boeke vir Afrika (EVA). Prys: R85

Dis moeilik om ’n realistiese boek in Afrikaans te skryf. Ons meng ons tale en kulture so baie dat dit fyn handwerk verg om niemand aanstoot te gee nie; om polities bo verdenking te bly; om die taal van gewone mense, maar ook suiwer of vernuwende Afrikaans te gebruik.

En hierdie oorwegings is maar net ’n paar van die duisende ander wat mense maklik van jou storie kan vervreem en daardie allerbelangrike suspension of disbelief ’n doodskoot in die agterkop gee.

Kruitvat deur Henning Janse van Vuuren is ’n triomf. Dis ’n karaktergedrewe heuningpot van intrige en spanning wat die ondenkbare regkry: Dit spin ’n storie in die hier en nou wat jou laat vergeet hy’s Afrikaans; wat enduit boei en oortuig met sy taalgebruik en gebeure; wat jou hardop laat lag en jou laat seker maak die voordeur is dig gesluit – sonder om, en dis nog een van die slaggate in Afrikaanse prosa, jou soos ’n 12-jarige te behandel.

Vetgesmeerde storielyn

Adriaan Ferreira besit ’n streekkoerant in Phalaborwa.

Wat kan makliker wees? meen hy. Hier kan hy skuil van sy onaangename verlede. Maar die lang arm van narratiewe noodlot laat hom nie alleen nie. ’n Skokkende plaasmoord, ’n skynbaar onverwante tref-en-trap en ’n FHM-covergirl met die hots vir hom... kruitvat, inderdaad.

Adriaan en sy kollegas, Monica en Onassis, is gou tot hul oogballe toe in sameswerings, smokkelary, rugstekery, ontvoering, Christen-fundamentaliste, behoudende Boere en swart BMW’s.

Dis sinloos om meer spesifiek oor die storielyn te wees. Daar is geen ekstra vet aan hierdie intrige nie – alles beur vorentoe soos ’n honger rottweiler.

Karaktergedrewe ensemble-spel

Van Vuuren se noukeurige gebruik van dialoog skitter veral.

Dis nie mense wat net deur hul lyne werk nie; dis ten volle gerealiseerde karakters met hul eie, unieke manier van praat en doen wat ook kwinkslae na mekaar afvuur sodat elke sin deel van die vermaak word.

Tussen Adriaan, Monica en Onassis is daar die familiariteit van ou kennisse waarin die leser ook sy eie hegte vriendskappe sal herken, en die absurditeite wat mense vir mekaar sê: Ek waarborg ten minste ’n bittersoet grynslag op jou gesig.

Iets in dié ensemble-spel herinner aan die lekkerkry van TV-reekse soos Downton Abbey en – verder terug – Buffy the Vampire Slayer (sonder die tiener-angs).

Wat opval, is die deernis waarmee die karakters en skrywer alle kultuurgroepe behandel. Die hoofkarakters is oopkop-mense wat, met begrip van die verlede, ’n eerbare manier soek om met die nuwe realiteit te integreer.

Hulle is geestelik gesonde volwassenes met hoë morele waardes en integriteit, en Adriaan en Monica is net toevallig Afrikaners.

Onassis, daarenteen, is ’n swart Mosambieker, en hy gee een van die sterkste vertonings in die boek, as mens dit so kan stel.

Hoe gereeld duik so ’n karakter op in ’n Afrikaanse boek en behou steeds sy absolute menslikheid? En hy het nie op sy kop geval en skielik wonderbaarlik Afrikaans geleer nie – hy praat hom soos hy hom sien.

Met Onassis en die simpatieke polisieman George Sullivan het Van Vuuren twee van die onvergeetlikste siele op papier gesit wat ek sedert Hans-die-Skipper se Meester raakgeloop het, en dit als deur hul dialoog.

Rowwe omgewing

’n Lekker ou cliché is om te sê die omgewing is nog ’n karakter.

In Kruitvat word clichés vermy, maar die Bosveld om Phalaborwa is so mooi en dringend geskets dat mens nie kan help om bewus te word van die invloed van hierdie rowwe wêreld op die storie en sy mense nie.

Mense van daardie geweste se tone sal krul as hulle lees van die stofpaaie tussen die koorsbome en mopanies deur, en die emmersvol reën wat so skielik uit die bloute kan neergiet.

Dit als in ’n storie met iPhones en GPS’e. Dis regtig ’n genot van herkenning; selfs die skurke en die minder beminlike karakters is mense wat ons in lewende lywe gesien en ervaar het, en gereeld oor skaam gekry het.

As jy hou van Douglas Adams, Terry Pratchett en Skandinawiese “krimi’s” soos Jo Nesbø – en in Afrikaans van Deborah Steinmair se Poppekas, Deon Meyer en selfs Kerneels Breytenbach – dan is hierdie jou koppie Earl Grey.

Blitsige dialoog

Die boek is nie perfek nie.

Soms gooi die spoed van die dialoog mens en jy moet kophou om te verstaan wie aan die woord is, en teen die einde raak die kort, uitasem sinne en die uitroeptekens net ’n aks te opdringerig.

Dis per slot van rekening ’n aksie-spanning-riller, maar dit word verhef deur die uitstekende karakterisering en die onwrikbare pas van die storielyn, tesame met ’n pitch perfect betrokkenheid by hedendaagse politieke vraagstukke.

Vir die moderne Afrikaner, wat sukkel om sinvolle vermaak te kry tussen al die geraas van “Letterkunde” en godsdienstige en ideologiese dwepery, is hierdie boek die regte medisyne.

Meer inligting

  • Henning Janse van Vuuren is ’n prokureur. Hy was ook ’n offisier in die polisie en ’n joernalis by Die Laevelder in Nelspruit. Hy het in 2009-’10 die top-vyf in Tafelberg/Sanlam se jeugromankompetisie gehaal.
  • Kruitvat is in slapband- en Kindle-formaat op Amazon.com beskikbaar. Dit word uitgegee deur e-Boeke vir Afrika (EVA), ’n onafhanklike uitgewer onder die bekwame leiding van Marinda Ehlers. Hulle fokus op e-boeke omdat hulle “glo dit is waar die toekoms lê”. Die taalversorging in Kruitvat is beter as dié in die meeste boeke wat ek die afgelope jaar gelees het.

Sien www.ebooksforafrica.co.za vir meer inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.