Sware ondersoek na noodlot se werking

2012-01-21 10:53

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

The Sea of Wise Insects deur Terry Westby-Nunn. Uitgewer: Jacana. Prys: R135,59. Resensent: Pieter-Louis Myburgh

Is die lewe ’n onvoorspelbare reis oor ’n hindernisbaan van opeenvolgende toevallighede of bepaal die noodlot die gebeure wat ons tref?

Die hoofkarakter in die debuutroman deur Terry Westby-Nunn glo in laasgenoemde en in haar hoofkarakter, die arme Alice, se geval stuur die noodlot haar skynbaar in die een ongeluk ná die ander.

Alice se lyf lyk soos ’n skilderdoek waarop die fisieke herinneringe van haar ongeluk-besaaide bestaan ge(lit)teken is. Gelukkig het Westby-Nunn vir Alice met ’n wrang, ironiese humorsin toegerus. Ondanks die wonde aan haar lyf en hart pak sy die lewe met ’n skeut selfbehoudende sinisme; sonder selfbejammering.

Soos die titel aandui, krioel insekte as motief deurentyd onder die storie se oppervlak. Dié klein gediertes verbeeld aan die een kant die nietigheid van Alice en haar medekarakters se bestaan.

Maar die insekte illustreer ook lewende wesens se hardnekkige voortbestaan waaronder die mens, wat nes insekte geprogrammeer is om vas te byt, terugslae af te skud en die lewe verder aan te durf.

Maar selfbehoud en selfsug gaan dikwels hand aan hand, soos Alice se broer Andrew deur sy gewetenlose strewe na selfgewin uitbeeld.

Boonop speel Alice se gesinslewe af in ’n kil omgewing met haar ma wat haar nooit werklik aanvaar en soos haar bloeddogter behandel nie.

The Sea of Wise Insects is dan ook ’n snydende ondersoek na die hartseer van verstoting en afknouery in ’n gesin.

Met Alice as fokaliseerder is die boek ook ’n verkenning van die randfiguur. Alice se onwilligheid om by die samelewing in te val word gestel teenoor haar strewe na aanvaarding en geborgenheid.

Alice ervaar nóg ’n terugslag wanneer Ralph, haar Britse kêrel, uit haar lewe verdwyn wanneer die paartjie in Alice se geboortestad, Kaapstad, vakansie hou.
En dan vind sy uit Ralph het haar bloot as navorsingsmateriaal gebruik vir ’n roman waaraan hy gewerk het.

Wanneer Alice eindelik die boek lees, word The Sea of Wise Insects ’n boek-binne-’n-boek. Westby-Nunn verken met dié gegewe die aard van die werklikheid en die dikwels botsende perspektiewe wat ons en ander mense oor ons het.

Alice ervaar eers dít wat Ralph oor haar geskryf het as ’n weersinwekkende verdraaiing van die waarheid, maar begin naderhand wonder of sy nie blind is vir haar eie gebreke nie.

Met dié temas en die vrae oor misdaad, dwelmmisbruik en die uitdaging vir jong Suid-Afrikaners om ’n vasstrapplek in die Suid-Afrikaanse ekonomie te vind, skep Westby-Nunn allermins ligte leesstof.

Maar The Sea of Wise Insects is so dig geweef soos boeiende misdaadfiksie dat jy enduit betrokke bly by Alice se mistastings en mistroostige vooruitsigte.

Pieter-Louis Myburgh is ’n redaksielid van News Now.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.