Sy Voortrekkers rits behoorlik; rook dagga

2012-01-28 12:36

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Canvas under the Sky deur Robin Binckes. Uitgewer: 30 South Publishers. Prys: R185

Met hierdie debuutwerk dra Robin Binckes – bekroonde toergids – by tot die genre van die historiese roman in die Suid-Afrikaanse letterkunde.

Sy hoofkarakter, Rauch Beukes, beleef in die 1830’s gebeure aan die Kaapse oosgrens en in die Groot Trek waarby hy geloofbaar betrokke raak en omgaan met belangrike, historiese figure.

En deurentyd is daar die beeldskone vroue: Amelia, die dogter van ’n Britse setlaar; Katrina September, die sensuele (eks-)slavin; en Marietjie, die Afrikanernooi.

Selfs vir die leser bekend met die geskiedenis is Rauch Beukes se verhaal indrukwekkend. Afrikaanse lesers wat F.A. Venter se tetralogie – Geknelde land, Offerland, Gelofteland en Bedoelde land (1960-’68) – bewierook het, sal hier ’n ander stem raaklees.

Dit is ’n werk wat eerder herinner aan Stuart Cloete se opspraakwekkende Groot Trek-roman Turning Wheels van 1937 waarin ’n Voortrekkerleier en sy seun op dieselfde vrou verlief raak. Die leier skiet sy seun dood en trou met die meisie, maar die huwelik misluk en hy kry vir hom ’n bruin byvrou. Intussen loop sy vrou weg met ’n Duitser.

Turning Wheels is destyds op aanbeveling van die sensuurraad deur die minister van binnelandse sake, R. Stuttaford, verbied.

Lees Jaap Steyn se verhaal daarvan in Trouwe Afrikaners.

2012 is gelukkig nie 1937 nie.

Binckes het sy navorsing goed gedoen. Hy weef historiese feite behendig in: die Sesde Grensoorlog; Hendrik Potgieter se straf- ekspedisies teen Mzilikazi; die besoek van Piet Retief aan Dingaan; die Slag van Bloedrivier.

Sy beeldspraak is deurgaans uitstekend. Ons lees byvoorbeeld oor die Slag van Vegkop: “…the mass of men started to move forward, breaking into two streams of angry blackness.”

Dit gaan van die leser afhang of Binckes daarin slaag om die jong Rauch beminlik te maak.

Rauch is ’n rapsodie van immoraliteit; ’n kompulsiewe verbreker van Voortrekker-konvensie wie se hormone voortdurend sy rigting bepaal. Hy rits selfs onder Maritz se wa.

Die skrywer verwag ook dat sy leser sal aanvaar die vrou van Floris Visser sou dit waag om Rauch en sy vriend vir ’n stomende sessie na haar wa te nooi oomblikke voordat die Matabele by Vegkop aanval.

Die daggarokery van Rauch en Marietjie kan aanvaar word as die buitengewone gedrag van enkelinge, maar Binckes het geen grond vir die opmerking in sy erkenningswoord dat “the Voortrekkers” (versamelnaam) dagga gerook het nie. Dis twak.

Dit hinder dat die skrywer Sarel Cilliers dweperig en karikatuuragtig voorstel; iemand wat vir elke geleentheid op sy knieë neersak om te bid. Cilliers was vroom, maar nie ’n karikatuur nie. Binckes maak wel ook sir Harry Smith, in sy kort verskyning, as ’n karikatuur af, maar hy het net bietjies te veel van ’n saak met Cilliers.

En dit raak vervelig hoe hy vertel dat Cilliers kwansuis vinnig is om ’n klomp plekke naam te gee soos die Vet-, die Modder- en die Vaalrivier, Winburg (verkeerdelik voorgestel as sou dit in 1837 gestig gewees het) en die Suikerbosrand (wat foutiewelik met suikerriet verbind word).

Binckes moet ook weet dat die Voortrekkers nie Nederlands gepraat het nie, maar reeds Afrikaans, en dat Hendrik Potgieter en Cilliers (1835) nie Doppers was nie. Ds. Dirk Postma sou eers in 1859 die Gereformeerde Kerk (van die Doppers) in Rustenburg stig.

En die Voortrekkers het nie na hulself as “trekkers” verwys nie, maar as emigrante, emigranteboere, verhuisers, uitgewekenes en selfs reisigers.

’n Mens wil nie die skrywer se ruimgeestige geesdrif demp nie, maar ek dink hy begryp die Afrikaner in sy tydsgees net gedeeltelik. Nogtans is dit ’n skitterende verhaal wat enduit boei.

Fransjohan Pretorius is professor in geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.