Taal van 'n kortverhaal

2011-11-05 13:18

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Alfabet van die voëls
deur SJ Naudé.
Uitgewer: Umuzi
Prys: R17
0
(Bestel die boek hier.)

Die roman is ongetwyfeld tans die rockster onder literêre genres.

Dit is die produktiefste genre, het die meeste lesers, kwalifiseer vir die grootste pryse en trek oor die algemeen die meeste aandag.

Hierteenoor kry kortverhaalbundels minder aandag. Dit beteken nie dat die roman intrinsiek ’n interessanter of belangriker vorm as die kortverhaal is nie. Ook nie as die poësie of die drama nie.

Hiervan word ’n mens opnuut bewus by die lees van SJ Naudé se merkwaardige kortverhaaldebuut, Alfabet van die voëls. Die sewe verhale is langer as die gewone kortverhaal, soos die onlangse verhale van Marlene van Niekerk (’n mentor aan wie Naudé erkenning gee deur enkele kopknikke in die rigting van Agaat en Die sneeuslaper) en internasionale skrywers soos Alice Munro en W.G. Sebald.

Naudé se verhale is liries, maar onsentimenteel en presies gefokus op die tersaaklike, dig gelaai met detail en verwysings, maar gestroop van enigiets wat oortollig is. Die verhale word ligweg met mekaar geskakel deur die wyse waarop bepaalde temas en karakters hulle in die bundel herhaal.

Drie van die verhale handel oor die konfrontasie met siekte en dood. “Die mobile” vertel van ’n gesondheidwerker in die Venterstad-omgewing, ’n kankerlyer, wat tussen korrupte owerhede en opportunistiese boere sterwendes aan vigsverwante siektes versorg, maar haar gesin verwaarloos.

“’n Meester uit Duitsland” (’n verwysing na Célan se “Todes­fuge”), oor die hoofkarakter se terugkeer na Suid-Afrika om by sy sterwende ma te wees, vervleg met die verhaal van sy verhouding met die Duitser Joschka, wat hom in die Berlynse dwelmkultuur ingelei en dalk met MIV geïnfekteer het.

In “Oorlog, bloeisels (’n reisverhaal)” voer die hoofkarakter ’n stryd om sy sterwende ma te laat eet sodat haar naderende einde uitgestel kan word.

Die bundel gee ’n indringende beeld van die opwinding én ontreddering wat die kontemporêre mens se beweeglikheid binne ’n globale omgewing veroorsaak. Maar nog selde het die Afrikaner-diaspora so onherbergsaam gelyk soos in die twee verhale waarin Ondien die hooffiguur is.

“VNLS” vertel van haar mislukte pogings om saam met die Zoeloe-meisies Beauty en Nungi ’n soort musiek te maak wat op ironiese wyse (hul naam is immers die Victorian Native Ladies’ Society) musikale elemente uit Afrika en Europa vervleg.

In “Die moederskwartet” besoek Ondien, ná die mislukking van haar band, haar broer en twee susters wat onderskeidelik in Londen, Phoenix en Dubai woon. Elkeen van hulle hunker na die moeder by wie se begrafnis hulle nie kon wees nie. Maar Ondien se lot wanneer sy terugkeer na Johannesburg wys dat die moederland ook geen veilige heenkome bied nie.

Verwysings na taal, musiek, geluide en geraas stroom in ’n ryk aar deur die bundel.

Die taal van voëls word in verskillende mitologieë en kulture beskou as ’n geheimtaal wat die sleutel tot kennis en insig inhou. Om die “alfabet van voëls” te beheers, sou dus ’n teken van groot wysheid wees en ook insae kon gee in die toekoms (soos wat die hooffiguur in “’n Meester uit Duitsland” momenteel ervaar).

In ’n sekere sin vorm die verhale ’n geheime alfabet wat die leser moet ontsyfer. Die verhale vertel ook van die momente waarin taal ophou om te funksioneer, soos wanneer die seun moet luister na die “geluidlose taal” van sy moeder se pyn.

Die sterk fokus op die diaspora en kulturele vermenging suggereer ook dat tale hulle in ’n smeltkroes bevind. Dit het besondere implikasies vir die moedertaal wat in dié bundel so vlot hanteer word.

Waar lê die grens tussen die moedertaal en ander tale, tussen moederland en aangenome land, tussen verlede en hede?

Dit is die soort vrae wat hier ondersoek word.

Die verwysings na musiek en geraas vind ’n mens onder meer in die kakofoniese requiem of “moederskwartet” wat Ondien komponeer in aansluiting by die byna apokaliptiese sfeer wat sy in Johannesburg ervaar.

Daarnaas is daar ook die laaste verhaal, “Die lawaaimasjien”, se verwysing na die instrumente wat die Italiaanse komponis Luigi Russolo gemaak het as deel van sy ek­sperimente in geraasmusiek.

Wanneer die lawaaimasjien gesteel word, vra die hoofkarakter hom af wat die wins is wanneer jy iets belangriks verloor. Hy besef mens moet geduldig wag “vir die verbindings om hulleself bloot te lê”.

In die een verhaal ná die ander word die ervaring van ingrypende veranderinge en die meegaande verliese opgeteken. Wat die wins daarvan is, moet die meeste van die verhale se hooffigure afwag.

Dat daar dalk iets nuuts wag, blyk uit die slot van “Los”, waarin die hoofkarakter ’n verhouding het met ’n danser, maar hom onttrek omdat hy ’n diepgaande gebrek aan kontak met almal om hom ondervind.

Saam met die onthegting en verlies is daar tog die suggestie van iets hoopvols wanneer hy ten slotte na ’n natgereënde jakarandabloeisel kyk: “Dit bevat ’n ganse tuin, dink hy, hierdie blom.”

Dit is min dat ’n mens ’n debuut met hierdie graad van rypheid en afronding te lese kry. Haas jou om die boek in die hande te kry, maar gun jouself die tyd om dit aandagtig te lees.

Jy sal ryklik beloon word.

Louise Viljoen is professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.