Tussen woord en beeld: 'n stille rus

2010-05-01 14:10

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sy was in die stad Chiang May in die noorde van Thailand, onthou Verena Martin nou. Sy was moeg, vreemd, het in agt dae meer as 6 000 foto’s geneem, heeldag deur ’n lens geloer na dinge wat sy nie verstaan nie en min gepraat.

Dit was toe dat sy by ’n tempel ingeval het.

“Dit was ’n feesdag, alles was helder en besig. Die tempel was bo-op ’n berg en ’n bestuurder het my daar gaan aflaai.

“Ek het ’n ruk tussen die mense rondgeloop en toe by ’n vertrek ingedwaal. Daar was ’n ou monnik wat in die middel van die geraas gesit en bid het. Mense het om hom rondgemaal en hardop gebid, maar hy het nie beweeg nie.

“Ek het my kamera afgehaal, meteens te bang om hom af te neem. En toe het ek lank daar by hom bly sit. Net gesit en gesit. Die res van die mense het mettertyd uitgedwaal. Toe was ons alleen. Dit was ’n intense oomblik.

“Hy het stadig na my opgekyk en toe aangedui ek kan ’n foto neem. Ek het net een foto geneem. Dit het gevoel iets sal breek as ek meer neem.

“Later het ek van die berg afgestap. Ek het by ’n mark gekom en aangehou om foto’s te neem. En toe ek later die foto’s van die mark ontwikkel, sien ek op die een die einste ou monnik woordloos daar staan, terwyl hy my stip dophou.

“Hy moes my van die berg af gevolg het. Dit was asof hy my stil-stil opgepas het. Ons het nooit ’n woord uitgeruil nie.”

Die besef dat daar iets alomteenwoordig is wat haar in stilte dophou en beskerm het ’n ruk vantevore by Verena posgevat.

Sy het pas ’n kursus in meditasie voltooi toe woorde asof vanself in haar gemoed begin opkom en sy het die woorde – nooit hele stories nie, net een of twee sinne op ’n slag – byna soos ’n psigiese medium begin neerskryf.

Een so ’n sin het gelui: “Ons glo dat ons onsself en ons lewe moet beskerm. Tog, inderwaarheid is ons beskermd en is ons doel iets heeltemal anders.”

En ’n ander: “As ons na vervulling streef, moet ons ’n tweede tree gee. Die tree uit die ego na die hart.”

En nog een: “Kinders wys ons wat dit beteken om goddelik te wees. ’n God van liefde.”

Een ná die ander het sinne by haar opgekom en sy het hulle neergeskryf, amper soos ’n moderne Boek van Spreuke of Dhammapada. Spreuke oor kinders. Spreuke oor vreugde. Spreuke oor meditasie. Eendag het sy besef sy sal prente by die woorde moet sit. En so is sy Thailand toe.

Verena Martin se Sein, Being, Wees is ’n fotoboek met kort (nooit meer as drie sinne nie) oordenkings – geïnspireer deur Oosterse filosofie, stilte en die skoonheid wat sy oral gewaar.

Dit is iets wat nog nie in Afrikaans gedoen is nie. Die ontstaan van die boek was ’n meditasie, die skep daarvan was meditasie en die lees daarvan is meditasie. Die woorde is min en ver uitmekaar – meestal bestaan die boek uit prente – maar hulle ontsnap almal onverwags uit die blaaie en draal lank in jou gemoed.

“Die hele gevoel om hieraan te werk het my vrede en kalmte gegee,” vertel Verena. “Dit voel asof iets heel gemaak is, en voltooid. Dit is regtig baie lekker.”

Verena is ’n Duitse sakevrou wat tans in Kampsbaai woon en sou die boek eers net in Duits (soos die woorde na haar gekom het) en in ’n Engelse vertaling uitgee, maar haar uitgewer, Griffel, het haar oortuig om die woorde ook in Afrikaans in te sluit. Nou is dit ’n boek wat op elke blad met skrapse woorde ’n storie in drie tale vertel (vier as jy die beelde bytel).

Verena moedig mense aan om dit oop te laat val en die betrokke blad se boodskap as ’n bepeinsing met hulle saam te dra.

En die stil oomblik waaruit dit ontstaan en gegroei het, begin nou danksy die boek wyer uitkring, vertel sy.

“Mense wat dit al gelees het, vertel my hulle vind vrede hierin. Verlede week het ’n vrou aan my geskryf om te sê sy gaan na die hospitaal toe. Sy sê sy het die boek voor haar operasie gelees, haar oë toegemaak en geslaap. Sy het veilig gevoel.”


Om die boek te bestel:   http://etrader.kalahari.net/referral.asp?linkid=4467&partnerid=8796

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.