Resensie: 'Rodriguez' deur Piet van Rooyen

2012-07-14 15:12

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rodriguez deur Piet van Rooyen
Uitgewer: Queillerie. Prys: R195


In stories is daar geen reëls nie. Hier is drie van hulle:

In ’n spanningsverhaal moet jy weet wat die held wil bereik. ’n Ware verhaal moet geloofwaardig wees. ’n Parodie moet albei bogenoemde reëls breek.

Rodriguez
deur Piet van Rooyen word as ’n spanningsverhaal aangebied, stuur die seine van ’n parodie en is gegrond op ’n ware verhaal. Dié elemente werk eenvoudig nie saam nie.

Beduidend genoeg is die hoofkarakter se naam Skerf Malan. Hy word as student gewerf vir Nasionale Intelligensie. Hy neem ’n ander identiteit aan, dié van “Rodriguez”, ’n Portugese Angolees met ’n militêre verlede. In dié gedaante word hy Mosambiek toe gestuur om Renamo te infiltreer.

Lokprent vir 'Rodriguez':



Hy moet ’n vertroueling word van Afonso Dhlakama, Renamo-leier, en inligting terugstuur Suid-Afrika toe.

Hier raak hy betrokke by die mikrokosmos van die vegters se daaglikse bestaan, terwyl hy tob oor sy rol in die geskiedenis.

Die helder, meesleurende traksie van Van Rooyen se vorige romans is afwesig. Daar is ’n reeks opeenvolgende episodes van Rodriguez se wedervaringe in die bos, maar geen oorkoepelende intrige nie.

Die leser soek verniet na die leidrade wat gewoonlik die ontknoping sou verhelder. Die gevolg is gebeure word gelaai met betekenis, maar daar is uiteindelik geen bevredigende uitbetaling nie.

Dié doelloosheid dwing mens om die roman as parodie te probeer lees.

Die idee dat Van Rooyen die Franse antropoloog Claude Lévi-Strauss se strukturalisme wil dekonstrueer, het by my posgevat – gegewe Van Rooyen se agtergrond in volkekunde en ooreenkomste tussen spioene en antropoloë in “die vreemde”.

Die hunkering na ’n primitiewe, sondelose bestaan steek ook gereeld kop uit in Rodriguez se ontmoetings met bosbewoners, en die “edele barbaar”-mite, wat Lévi-Strauss breedvoerig aangeval het, kry gestalte in hierdie fiktiewe Afrika.

Almal in die boek (wit en swart) is volslae rassiste, maar die groepe het “respek” vir mekaar: Die wit man in Afrika moenie swakheid wys deur verdraagsaamheid en kompromie nie, want “hulle” sal dit nooit respekteer nie. In hierdie Afrika werk dit regtig só.

Dis asof die Afrikaner net nog een van die stamme van Afrika is en die magsposisie van kolonialisme (asook die A-woord) is op onoortuigende wyse afwesig.

Hierdie “veelduidigheid” maak Rodriguez nie ’n beter boek nie. Dis verwarrend eerder as verruimend; en regtig net nie baie interessant nie.

Rodriguez wemel ook van tik- en taalfoute – maar ’n uitgewer speel ’n groter rol as net dié van spell checker.

Ek lys ’n paar goed wat bevraagteken moes word:

Dis 1990 en PW Botha is nog aan die bewind. Dit is glad nie duidelik dat ’n breë tydvak voorgestel word nie; die flapteks en die boek sê immers “1990”.

In hierdie “1990” gebruik ­Rodriguez ’n handgrootte GPS. Die eerste handgrootte GPS is eers in 1997 gemaak. Dis nie geloofwaardig dat ’n Suid-Afrikaanse spioen in 1990 een sou hê nie. Die sin waar die GPS genoem word, lui soos volg:

“Dan druk hy die knoppie op sy handgrootte digitale satellietstelsel (ook bekend as ’n globale posisioneringstelsel) en kyk waar hy is.”

Dit is ’n vreemde gebruik van hakies binne prosa om met ’n term wat selfs meer tegnies klink ’n tegniese term te belig. Almal weet wat ’n “GPS” is.

Waar Rodriguez uit die bos strompel, terug na die beskawing, lees ons:

“Hy lyk soos ’n karakter uit ’n klug. Walden self wat terugkeer uit die bos. Die laaste oorlewende van Soylent Green, West­world of The Ultimate Warrior.

Dit is verwysing na drié flieks (een Charlton Heston, twee Yul Brynners), almal met min of meer dieselfde post-apokaliptiese konnotasies, én uit dieselfde era. Hoekom hierdie haelgeweerskoot van verwysings?

Ek het egter vasgesteek by: “Walden self wat terugkeer uit die bos.” Die Amerikaanse filosoof Henry David Thoreau het ’n boek geskryf genaamd Walden, oor sy (met die risiko van lasterlike vereenvoudiging) jaar lange verblyf langs ’n meer genaamd Walden Pond. Daar is geen mens genaamd Walden in die boek nie.

Van Rooyen het by navraag hieroor laat weet: “Walden” staan oor die algemeen vir “Life in the Woods” of die “Bos-man”, met ander woorde die subtitel van Thoreau se boek.

Thoreau maak dit egter duidelik in sy boek dat hy nie in die wildernis was nie, maar in ’n houthut naby ’n klein boeregemeenskap. Hy het elke naweek sy wasgoed vir sy ma gevat om te was en haar appelpastei geëet; nie regtig roughing it nie.

’n Mens wonder oor die regte “Rodriguez”: onnosel, naïef, verward, teenstrydig. Hy vergeet wat hy moet doen en waar sy lojaliteite lê; hy word ingesuig in die rol van krygsheer en magiese figuur in die primitiewe Afrika – asof Heart of Darkness ’n onafwendbare gevolg is van Afrika (weer lynreg teenoor ­Lévi-Strauss).

As regte mens is Rodriguez onaantreklik, as aksieheld is hy te passief en besluiteloos, en as ’n waarnemer van die verhoudings tussen mense is hy sy tyd agteruit.

Die idees in die boek is nie moeilik om te snap nie en die intertekstualiteit met elke ander Grensoorlog-verhaal is voor die hand liggend.

Dis net uiteindelik nie baie bevredigend om die kaf van die koring te skei nie.

Die uitgewers het die bal laat val. Soos die New York Times eenkeer gesê het: As jy dié boek neersit, kan jy hom nie weer optel nie.

Marius Visser is ’n redaksielid van Media24
.

* Jy kan die heel eerste weergawe van die resensie hier lees.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-24°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 11-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!