Verlei deur die verbondenheid

2011-11-05 13:18

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Riviereland
deur Karel Schoeman
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250
Die boek kan hier bestel word.

Baie Afrikaners voel nog ’n hegte band met Nederland. Ondanks al die veranderinge wat in albei lande plaasgevind het sedert die naelstring geknip is tussen kolonie en kolonis sien sommige Afrikaners dit as ’n soort stamland, die oorsprong van hul kultuur, taal en godsdiens.

Hierdie gevoel van verbondenheid manifesteer dikwels as onverdoeselde nostalgie en ’n byna sentimentele toegeneëntheid tot die fraai Nederlandse landskap met sy tulpevelde, windmeulens en netjies versorgde tuintjies, of ’n gesellige Nederland met sy bevrore gragte en knus huisies met knetterende kaggels.

Karel Schoeman is ’n volbloed nostalgikus. Ook hy koester ’n besondere liefde vir Nederland, al sluit dit, soos hy self sê, geen besondere liefde in nie vir Anton Pieck, die tekenkunstenaar wie se werk verteenwoordigend is van hierdie Nederlandse “gezelligheid”.

Schoeman se heimwee is eintlik gerig op die “burgerlike” Nederland van voor die Tweede Wêreldoorlog. In daardie tyd het daar nog maar 10 in plaas van 16 miljoen mense in Nederland gewoon, byna geen motors was te sien nie en die platteland was ongerep. Maar selfs noudat Nederland drasties verander het, kan die land steeds staatmaak op Schoeman se onverwaterde liefde en lojaliteit.

“As ek my lewe om een of ander rede nie in Suid-Afrika sou kan eindig nie en daar vir my ’n vry keuse van ander lande bestaan het, sou ek Nederland verkies,” beken hy.
“Want ook al sou die lewe vir my hier ’n daagliks hernieude ballingskap wees, sou ek geen ander ballingsoord wil hê nie as hierdie land met sy vertroude landskappe, dorpe en stede wat altyd weer opnuut kan verras en ontroer.”

Hierdie aanhaling kom uit Rivier­eland, ’n logboek waarin Schoeman (wat van 1968 tot 1973 in Amsterdam gewoon en gewerk het) verslag doen oor sy besoeke aan Nederland in 1999 en 2003.

Die aanleiding vir hierdie reise was sy navorsing oor die Verenigde Oost-Indische Compagnie aan die destydse Kaap en die lewe van die predikant Henricus Beck en sy suster, die digteres Aletta Beck, wat vroeg in die 18de eeu by die Nederlandse gemeenskap aangesluit het. Maar die dieperliggende dryfveer wat Schoeman telkens weer verlei het om na Nederland te reis, blyk ’n diepgewortelde gevoel van verbondenheid met die land te wees.

Dit het deels daarmee te make dat sy grootouers aan moederskant eers aan die einde van die 19de eeu na die Vrystaat geëmigreer het, soos hy in die dubbelbiografie Merksteen (1998) vertel. Die Nederland waarin hulle grootgeword het, het genoeg sigbare spore agtergelaat vir wie daarna op soek was.

Dié spore vind Schoeman in plattelandse dorpies waar die tyd ’n halwe eeu stilgestaan het, in die paar stukkies onbeboude landskap wat wonder bo wonder die greep van die onstuitbare verstedeliking vrygespring het, en in die skilderye wat Van Gogh gemaak het van die Suid-Nederlandse boerelewe in die omgewing van sy grootouers se huis.

Hedendaagse Nederland beïndruk Schoeman baie minder. Hy het ’n afkeer van drukte en lawaai en is blykbaar nie bereid om vir ’n lang tyd uit te hou tussen die 16 miljoen inwoners op ’n stukkie grond wat heelwat kleiner is as die veel leër Vrystaat waar hy woon nie.

Boonop is hy oorgevoelig vir die onnetheid van vandag se Nederlandse landskap en die lelikheid van die stede met hul “vulstasies, motelle, fabrieke en woonstelgeboue met slordige wasgoeddrade, die betonmure met hul graffiti, oorweë en spoorwalle”.

Veel nader aan sy hart is die bosse, akkers, heidevelde en kastele van Gelderland, die ooste­like provinsie wat deurklief word deur die groot riviere die Rijn, die Waal en die IJssel. Dit is ook waar Schoeman hom in 2003 besig gehou het met biblioteek- en argiefwerk.

Hy beskryf Gelderland as ’n streek wat in allerlei opsigte sterk afwyk van die westelike provinsies Noord- en Zuid-Holland en Zeeland. Dit is nie net ryker aan natuur en dunner bevolk nie, maar hier het ook baie behoue gebly van die historiese hertogdom Gelre, een van die laaste oorspronklike vorstedomme wat aangesluit het by die Republiek der Verenigde Zeven Nederlanden. En altyd iets bly behou het van sy gerigtheid op Duitsland.

Schoeman beskou selfs Nijmegen as ’n on-Nederlandse stad, terwyl dit vir hom lyk of die tyd in die kleiner Gelderse stadjies en dorpies bly stilstaan het.

Dis altyd interessant om jou eie land deur die oë van ’n vreemdeling te ervaar. Dan sien jy dinge raak waarop jy normaalweg nie ingestel is nie. So wys Schoeman se blik op die magiese bekoring van die intense groen van die Nederlandse landskap dat nie die windmeule nie, maar die kerktorings oorheers, dat die Nederlandse fietsrykuns ’n klap van die sirkusakrobatiek weg het, en dat die beste restaurantkelners afkomstig is uit die migrantebevolking.

Genadiglik sê Schoeman niks oor die hardheid wat meer en meer tot die Nederlandse volksaard begin hoort nie. Miskien is sy genade te danke aan sy Suid-Afrikaanse beleefdheid.

Of maak ek my nou ook skuldig aan die stereotipering waarop hy wys in die Nederlandse neiging om Suid-Afrika te definieer na aanleiding van enkele opvallende kenmerke?

Afgelei uit die volgende aanhaling sal Schoeman my dalk vergewe: “Die land waar ek gebore is en grootgeword het, waar ek die grootste deel van my lewe deurgebring het en nou nog woon, die daaglikse werklikheid van stemme en gesigte, huise, winkels, strate, leë erwe, die uitsig oor die veld; die hele driemensionele werklikheid vind ek hier in die vreemde gereduseer deur wat as sy essensie beskou word en herlei tot wat feitlik ’n klisjee is of karikatuur: sonnige Suid-Afrika, die land van Mandela, safari’s, braaivleis en die Suid-Afrikaanse wyn wat jy vandag oral in Nederland teëkom.

“Maar gebeur daar nie presies dieselfde ding wanneer die perspektief omgekeer word nie en die hele driedimensionele werklikheid van Nederland herlei word tot ’n toeristeklisjee van windmeulens, tulpe en klompe, trapgewels en draaiorrels, fietse en oorvol treine?”

Riviereland gee ’n persoonlike en liefdevolle beeld van Nederland, deurtrek van ’n nostalgiese melancholie wat so tipies is van Karel Schoeman.

Jaap Goedegebuure is professor in moderne Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Leiden.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.