Vraag is: Wat sou jý dan doen?

2012-12-02 00:19

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nemesis deur Riana Mouton. Uitgewer: Lapa. Prys: R180

Toe ek in 2008 gevra is om iets te skryf oor Reuk van die dood, ’n onbekende skrywer se debuut, sou ek nooit kon raai watter opwindende leeservaring op my wag nie.

Dié whodunnit het my enduit geboei en speurder Junior Scheepers was ’n geloofwaardige held met ’n spul persoonlike probleme. Die boek het lesers én resensente gaande gehad en was in 2009 ’n finalis in die ATKV-Woordveertjies se afdeling vir spanningsromans.

Spoorloos (2010) was weer ’n whodunnit, dié keer met Alex Cloete, ’n voormalige geheime agent en sluipmoordenaar, as die hoofkarakter.

In Nemesis, Mouton se nuwe werk, maak Junior Scheepers en Alex Cloete “gasverskynings” as newe-karakters, maar die held is kaptein Ben Hugo. Wéér ’n speurder wat worstel met stukke van sy verlede. Maar anders as die cliché van die drinkende-vleispastei-etende-altyd-babelas-speurders wat volop is in dié genre, is hierdie speurder ’n koffie-connoisseur en lief vir kosmaak.

Sy verlede spook by hom in die vorm van sy tienerdogter wat skielik daarop aandring om by haar pa te kom woon. Hugo begin vermoed daar is ’n skrikwekkende rede hoekom sy dogter weier om terug te keer na haar ma en toekomstige stiefpa.

Skielik is hy ’n enkelouer, wat heelwat balanseerwerk verg as dit kom by sy werk – nog iets waarby baie lesers aanklank sal vind. Dan is daar ook die spoke van die skietvoorval wat amper Hugo se lewe gekos het, en wat hom gevaarlik na aan die afgrond van morfienverslawing laat draai.

Gaan hy daarin slaag om twee en twee bymekaar te sit en te besef die vreemde sterftes is allesbehalwe selfmoorde, maar inderwaarheid vigilante-moorde van veroordeelde pedofiele? En is die persoon wat die moorde pleeg dieselfde een wat die slagoffers voor hul dood kastreer?

Of is meer as een misdadiger hier aan die werk? En waar pas die vierde slagoffer, ’n vrou, dan in? Veral as hulle nêrens rekords kan vind dat sy aan ’n seksoortreding skuldig bevind is nie...

Toe die boek in my posbus beland, het ek dadelik begin lees. Vier uur en 308 bladsye later het ek opnuut besef goeie skrywers kan mens van alles laat vergeet. Mouton slaag meesterlik daarin om haar leser heeltemal te laat vergeet van spertye, ’n knypende ekonomie en plaas- en mynwerkers wat staak.

Jou onverdeelde aandag is by Hugo en sy jong kollega se soeke na ’n baie gevaarlike, meedoën­lose groep geweldenaars.

As deel van sy ondersoek praat hy met slagoffers van pedofiele, en dan begin ’n eie innerlike stryd. Wat sou hy doen as sy eie kind ’n slagoffer is, soos wat hy algaande begin vermoed?

Die leser word saam met Hugo gedwing om selfondersoek te doen: Doen die vigilante nie maar wat baie mense dink met pedofiele moet gebeur nie? Is daar nie gevalle waar dit geregverdig is om die reg in eie hande te neem nie? Wat doen jy as ’n regstelsel ’n kind faal?

Mouton se navorsing oor pedofilie en die uitwerking op slagoffers en hul gesinne is net so indrukwekkend soos haar navorsing oor die speurwerk en verskillende prosesse wat sorg dat misdadigers uiteindelik aan die pen ry.

In ’n tyd waarin kindermolestering pynlik algemeen voorkom en waar oortreders dikwels hul prooi in die kuberruim jag, raak hierdie boek beslis ’n snaar.

Dis nie net vermaak van die boonste rakke nie, maar ook bemagtigend oor iets wat ongelukkig gans te algemeen in ons samelewing voorkom en waaroor daar nog steeds te maklik geswyg word.

Ilse Salzwedel is die skrywer van
Onvertelde stories van Afrikaans.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-18°C Morning clouds. Mild. Pta: 11-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-22°C Sunny. Mild. Bfn: 12-25°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 15-28°C High level clouds. Warm. PE: 17-26°C High level clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Accountant: Cost and Management Accounting

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R850 000 - R960 000 Per Year

Financial Manager

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R450 000 - R500 000 Per Year

Financial Manager - Opperations

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R750 000 - R850 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!