Waardige opvolger vir Kontrei

2013-01-30 10:51

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die bekendstelling van Kleinboer se jongste boek, Werfsonde, was by die Radium Beer Hall in Orange Grove, Johannesburg. Dit is ’n woonbuurt wat oor die jare vreeslik verval het. Terwyl die sprekers hul toesprake lewer, is daar ’n groot bakleiery buite op die sypaadjie. Die literati sukkel om mekaar te hoor. Die skeidslyn tussen rasse is opvallend. En dit is amper ’n profetiese voorskou op die temas wat in Werfsonde na vore kom.

Die verteller in Werfsonde is ’n wit Afrikaanse man wat in Yeoville – nóg ’n vervalle Johannesburgse woonbuurt waar wit gesigte deesdae skaars is – woon. Hy deel sy huis met sy (swart) vrou, Lungi, en haar seun. Groot gedeeltes van die boek handel oor sy verhouding met hulle. Lungi se drinkgewoontes is vir hom ’n groot bron van frustrasie. Wanneer sy die meeste aande beskonke by die huis aankom, lei dit tot voorspelbare konflik. Sy verhouding met haar is funksioneel: sy kook meestal vir hom en hy gee vir haar geld wanneer sy dit nodig het. Soms soek hy toenadering tot haar, maar weer eens is dit allesbehalwe passievol (sy aandag word byvoorbeeld afgelei deur haar selfoon se skerm wat opflikker).

Sy geheime “wraak” vir sy ontnugtering tuis is Johannesburg se naglewe. Deur die loop van die boek besoek hy tientalle kroeë en bordele. Sy interaksie met verkeie kennisse en vriende by dié kuierplekke is eweneens ontneem van enige diepte. Dis oppervlakkige kroegkuiers, geselsies oor dit en dat.

Daar is ’n vreemde dualisme in sy besoeke aan prostitute. Dit is deels uit gramstorigheid oor sy onderonsies tuis, of so oortuig die verteller homself. Maar dit is eerder deel van sy seksuele identiteit. Hy kan sy seksualiteit ten volle uitleef saam met (swart) huurminnaresse, en is selfs onder die indruk dat hy hulle bevredig. Hy doen twee keer geslagsiektes op, maar dit word ook funksioneel en sonder ’n ophef hanteer.

Dit is hierdie funksionaliteit wat die mees deurlopende tema in Werfsonde is. Die verteller is as’t ware identiteitloos – ’n wit Afrikaner in ’n onwaarskynlike milieu. Daar is telkens verwysings na sy kinderdae,  tipiese Afrikaanse mense in tipiese Suid-Afrikaanse omstandighede, herinneringe van wat hy agtergelaat het. Sy enigste beteenisvolle kontak met ’n familielid is met sy tweelingbroer, met wie hy e-posse en SMS’e uitruil oor gedagtes en gebeurtenisse. Hierdie diskoerse is egter nie ’n samehangende dialoog nie, maar eerder grepe uit mekaar se lewens wat niks met mekaar te doen het nie.  

Die verteller word deurgaans meer en meer ’n tipiese buitestander, ’n randfiguur wat sterk herinner aan Albert Camus se Meursault of JM Coetzee se vele soortgelyke karakters. Die leser kry die gevoel dat die verteller deel van gesprekke en situasies is, maar nie werklik teenwoordig is nie. Hy en sy seun eet byvoorbeeld by ’n restaurant wat deur gewapende mans beroof word. Ná die rooftog eet hy gelate verder en is hy in sy skik wanneer die bestuurder nie sy betaling te midde van die chaos wil aanvaar nie.

Sy bestaan is vir hom ’n voorspelbare toevlugsoord waar hy in beheer is. Enige afwyking daarvan is vir hom ’n groot frustrasie. Honde wat hom wakker hou word met klappers skrik op die lyf gejaag. Sy besittings hoort op hul plek. Sekere gewoontes van veral swart mense irriteer hom. By ’n vriend se huis skuif hy die waslappe in die badkamer soos hý daarvan hou.

Die verteller is op die oog af ’n eensame, onopvallende mens. Wanneer een van die karakters hoor dat hy ’n skrywer is, is hy verbaas, want hy het gedink hy is ’n boemelaar.

Maar tog is daar vele plekke waar sy unieke waarnemingsvermoë sorg vir wonderlike oomblikke waarin sy wêreld en ervaring daarvan amper idillies word. Die verskeie kleurvolle karakters vertoef in die leser se kop, lank nadat die boek klaar gelees is.

En ten spyte van die afwesigheid van enige deurlopende storielyn of ontknoping, is dit moeilik om Werfsonde neer te sit. Dit is net te boeiend en interessant.

Werfsonde is ’n besonderse leeservaring en ’n waardige opvolger van Kontrei, wat in 2004 met die Jan Rabie/Rapport-prys vir vernuwende Afrikaanse prosa bekroon is.

Riaan Grobler is ’n redaksielid van Media24.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-18°C Sunny. Mild. Pta: 11-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 7-19°C Showery. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 2-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-20°C Partly cloudy. Cool. PE: 9-18°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!