'n Deurwinterde debuut

2010-08-28 13:51

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hier is ’n besonder opwindende en boeiende boek, een wat beur teen voorspelbaarheid, sê Thys Human.

Die begunstigde deur DJ Winterbach. Uitgewer: Human & Rousseau. Prys: R170

Die debatte en doemprofesieë wat van tyd tot tyd oor die sogenaamde “nuwe stemme” in die Afrikaanse letterkunde opklink, berus dikwels op die (aanvegbare) aanname dat slegs jong stemme in aanmerking geneem moet word.

Met sy debuutroman, Die begunstigde, bewys Dirk Winterbach (76) dat ’n mens beslis nie jonk hoef te wees om as ’n nuwe stem gereken te word nie. Op behendige wyse slaag hy daarin om vir hom ’n baie unieke plek in die Afrikaanse prosa oop te skryf.

Sy hoofkarakter, wat die leser slegs as “die man” leer ken, word deur ’n uiters traumatiese gebeurtenis tot waansin gedryf. Hy word met permanente amnesie in ’n inrigting opgeneem waar psigiaters vasstel dat hy “bewustelik ’n muur geskep het tussen die verlede en die hede, en dat hy dit regkry om geen boodskappe van die onbewuste deur hierdie muur te laat breek nie”.

Ná sy ontslag slyt hy sy eensame dae in ’n koue, klein dakkamertjie. Die enigste persoon met wie hy kontak het, is die prostituut Adriane se kreupel dogtertjie Toufle. Ook dié armsalige kamertjie verlaat hy uiteindelik met die voorneme om ’n eutanasie-inspuiting in die spesiale afdeling van die provinsiale hospitaal te ontvang.

Vanweë sy obsessie met woorde – een van die min ankers in sy laaste dae – besoek hy vir oulaas die biblioteek om die morfologiese samestelling van die woord “pantoffel” na te slaan.

(Met ’n skok dring dit tot hom deur dat “Pan-”, en al die bokkige assosiasies wat dié naam oproep, op hóm van toepassing is, terwyl “-toffel” afgelei is van die Franse woord “toufle” of “touffu” wat duidelik betrekking het op die krulkopdogtertjie Toufle.)

Wanneer hy van sy beursie beroof word en nie meer die eutanasie-inspuiting kan bekostig nie, dwaal hy rigtingloos en ontnugterd deur die stad. Hy beland toevallig by ’n kliniek wat ’n vakature vir ’n veiligheidswag adverteer. Hy kry die pos en moet as een van sy eerste opdragte hekdiens doen by ’n partytjie waar die gemaskerde feesgangers aan ’n orgiastiese ritueel deelneem.

Deur ’n vreemde sameloop van omstandighede kom hy oplaas wel in ’n hospitaal tereg, waar hy teen sy sin by die oeroue konfrontasie tussen die mens (’n vrou wat sy hand vashou en vir hom musiek speel) en die Dier (‘’n bok”) betrek word.

Hieruit blyk dat Winterbach nie net uit die Griekse mitologie put nie, maar ook uit die antieke misteriegodsdienste, en dan veral die rituele ter ere van Dionisus (die Griekse god van wyn en vrugbaarheid). In Die begunstigde vind die Dionisiese fuifparty byvoorbeeld plaas in ’n gebou wat aan ’n Griekse tempel herinner. Onder die begeleiding van oorverdowende orrelklanke, stamp ’n middelman in ’n pers kapmantel ritmies met ’n lang silwer staf (en dennebolpunt) op die grond, terwyl die gemaskerde gaste hulle aan wyn en kos vergryp en selfs in kollektiewe ekstase “Euoi!” uitroep.

Volgens die agterblad moet die roman as psigologiese riller gelees te word. Soos in ander romans in dié genre vind die konflik hier binne ’n enkele karakter plaas wat alle pogings denkbaar aanwend om ’n sleutelinsident in sy verlede te probeer peil. Hierdie innerlike konflik word aan die hand van allerlei argetipiese gebeure en karakters gekonkretiseer. Aangesien die klem in dié tipe romans dikwels val op ’n subjektiewe belewenis van gebeure, ’n verbete poging om te onderskei tussen waarheid en leuen, identiteitsoeke en ’n obsessie met die dood, herinner Die begunstigde (en veral die eerste deel van die roman) aan die eksistensiële prosa van André P. Brink en Jan Rabie.

Die werklose man wat sy dae in ’n dakkamertjie deurbring, herinner aan Brink se kortverhaal “Dertien”, terwyl die toneel waarin die man ’n ernstig beseerde voetganger na die kliniek begelei, iets van die surrealisme van Rabie se “Man met die swaar been” en “Drie kaalkoppe eet tesame” oproep.

Voorts gee die hoofstuktitels ’n aanduiding dat die hoofkarakter se tog deur die stad, sy kruistog deur mites en metafore, ook as ’n parodie op die sogenaamde heldereis (hero’s journey) geïnterpreteer kan word: ’n afdaling na ’n benedewêreld (Katabasis), die oorsteek van ’n bepaalde drempel (Limen), die betreding van die Labirint, ’n tipe inwydingsdood wanneer hy op psigiese vlak uitmekaargeskeur word (Sparagmos), ’n oomblik van ekstase (Eqousiamos) en ’n uiteindelike terugkeer na die bekende wêreld (Anabasis).

Die stof wat Winterbach in die roman betrek, is alles behalwe nuut. Die wyse waarop hy die uiteenlopende gegewens by mekaar uitbring en integreer, aktiveer egter verrassende betekenismoontlikhede en laat jou met nuwe oë na die wêreld rondom jou kyk.

Maar menige leser gaan waarskynlik nié aanklank vind by die roman nie, wat dit as volksvreemd en ondermynend gaan afmaak. Want Winterbach vertel ’n verhaal wat intense konsentrasie verg, talle bestaande beskouings uitdaag, en jou met heelwat onbeantwoorde vrae laat.

Soos die romans wat die man se eerste vrou aan hom voorgelees het, is Die begunstigde ’n boek wat asemhaal, diep sug en beur en maal teen voorspelbaarheid, teen eentonigheid, teen ’n emosielose voortploeter tot die bittereinde. En dít maak Winterbach se roman vir my besonder opwindend en boeiend!

* Prof. Thys Human is hoof van die departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Enjoy 5-dr MY08
2009
R 124,994.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV
2007
R 155,990.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.